Kernduikbote bots

ImageTwee kernduikbote, een Frans en een Brits, het vroeër die maand in die mid-Atlantiese oseaan gebots, het berigte in die Franse en Britse media gesê. Bronne in die twee ministeries van verdediging word aangehaal.

Beide duikbote is redelik ernstig beskadig, maar het na hulle tuishawens teruggekeer na die botsing op 3 Februarie, word berig.

Die Franse vaartuig, Le Triomfant, het ernstige skade opgedoen aan die sonarkoepel, wat toerusting bevat wat belangrik is vir navigasie en die volg van ander vaartuie. Die Britse duikboot, HMS Vanguard, is teruggesleep na die tuishawe Faslane in Skotland, met "baie sigbare duike en skrape," het die BBC berig.

Die twee duikbote is in sentrale elemente hul onderskeie lande se kernarsenaal, met elkeen wat 'n battery interkontinentale ballistiese missiele gedra het toegerus met veelvoudige plofkoppe.

Die feit dat die Le Triomfant drie dae geneem het om terug te sukkel na haar tuishawe na die botsing, 'n stukkie inligting wat bekend gemaak is deur Franse amptenare, het beteken dat die twee vaartuie baie ver in die see uit was.

Franse amptenare wat aangehaal is in die Daily Telegraph het die insident afgemaak. as gering Die Britse verdedigingsministerie het geweier om kommentaar te lewer oor die botsing, behalwe dat hulle verklaring bevestig het dat daar 'n botsing was ter see.

Verdedigingskenners het gesê een moontlike verduideliking vir die botsing was dat die twee duikbote betrokke was in 'n oefening waarin hulle mekaar moet opspoor en op nabye afstand moet volg. Dié tipe oefening is deel van oorlogsoefeninge in die Atlantiese oseaan al vir dekades lank tussen Westerse en Russiese duikbote, veral in die noordelike Atlantiese oseaan tussen Skotland en Ysland. 

jewelry bridalФільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae