Semenya ‘hoef nie oor eksamens te bekommer’ – UP

Die atletiekwêreldkampioen Caster Semenya is so deur die geslagstoetsskandaal getraumatiseer dat sy die Universiteit van Pretoria in kennis gestel het dat sy nie eksamen sal kan skryf nie, het Beeld Donderdag berig.

Haar afrigter, Michael Seme, het aan die dagblad gesê dat hy dink die trauma van die vrae rondom haar geslag tref haar nou eers.

“Haar kop is baie moeg,” het Seme gesê.

“Gelukkig het die universiteit ‘n goeie begrip van haar situasie en het dit aan haar duidelik gemaak dat eksamens die laaste ding is waaroor sy haar tans hoef te bekommer.

“Dis vir ons baie belangrik dat Caster die trauma op haar eie manier hanteer, maar ons is almal daar vir haar as sy ons nodig het.

“Sy sal eksamen skryf as sy daarvoor gereed is.”

Semenya studeer tans Sportwetenskap aan die universiteit.

Sy het die 800m gedurende die Wêreldatletiekkampioenskap in Berlyn in Augustus gewen. Maar die skielike verbetering in haar tyd, haar manlike bou en diep stem het twyfel oor haar geslag gesaai.

Die Internasionale Assosiasie van Atletiekfederasies (IAAF) het geslagstoetse op die 18-jarige Semenya uitgevoer, maar het geweier om kommentaar te lewer op berigte dat sulke toetse aangetoon het dat sy ‘n hermafrodiet is.

Verskeie organisasies het geëis dat Leonard Chuene – die hoof van Atletiek Suid-Afrika – moet bedank as gevolg van die wyse waarop hy die episode gehanteer het.

медсправки Александр Фильчаков прокурор

Malema gaan vir Nedbank ‘n les leer

Die ANC-jeugliga wil swart Suid-Afrikaners mobiliseer om hul Nedbankrekeninge toe te maak indien die banke in gebreke bly om die borgskap wat dit onlangs van Atletiek Suid-Afrika onttrek het, weer in te stel, het die liga se president Julius Malema Maandag gesê.

“Toe ons Nedbank se senior bestuurders gebel het om die saak met hulle te bespreek, het hulle junior swart bestuurders gestuur. Ons sal hulle ‘n les leer indien hulle hiermee voortgaan. Ons sal mense mobiliseer om hulle geld te onttrek en by ander banke te gaan bank,” het Malema aan duisende studente aan die Universiteit van Zoeloeland gesê.

Nedbank se besluit om swart bestuurders te stuur om met jeugligaleiers te onderhandel, kom neer op ‘n strategie om swartes teen swartes op te stel, het hy gesê.

“Ons wil met die senior bestuurders en die HUB onderhandel. As hulle nie na ons toe kom nie, sal ons die massas mobiliseer. Ons kan dit maklik doen want ons het meer as 600 000 lede,” het hy gesê.

Dit was verkeerd van Nedbank se base om die borgskap te onttrek as hulle nie gelukkig was met Atletiek Suid-Afrika se base nie.

Die bank het sy borgskap in die naloop van die Caster Semenya-geslagstoetsomstredenheid onttrek.

“Ons sal hulle ‘n les leer oor die mag van die massas. Hulle mag geld hê maar ons kan hulle oorwin omdat ons die massas aan ons kant het.”

In kommentaar op die stelling van die Reserwebankgoewerneur Tito Mboweni dat Suid-Afrika nie myne gaan nasionaliseer nie, het Malema gesê dat die uitgaande goewerneur nie ‘n goeie posisie sou kry indien hy met sulke stellings volhard nie.

“Ons wil nie Tito se verklaring sien dat myne nie genasionaliseer gaan word nie. Tito is niks in die ANC nie. Indien hy so aangaan, sal hy nie ‘n lekker ontplooiing ontvang nie.”

Die jeugvleuel sal verseker dat Suid-Afrikaanse myne genasionaliseer word sodat die rykdom wat sodoende verkry word vir dienslewering gebruik kan word.

“Ek wil vir u sê dat die belasting alleen vir mense kan sorg. In Botswana besit De Beers 49% en die regering besit 51%. Die geld wat deur die myne geproduseer word, word gebruik om die lot van mense daar te verbeter.”

Malema het gesê dat die ANC alreeds vir ‘n lang tyd Mboweni dophou en dat sy kontrak as goewerneur weens sy gedrag nie hernieu is nie.

“Ons weet dat hy sekere sienings oor president Jacob Zuma voor die ANC se Pietersburgkonferensie gekoester het. Ons weet dat hy nie van Zuma gehou het nie.”

Daar was ‘n mediastorm toe Malema die eerste keer ‘n paar maande gelede ‘n beroep gedoen het dat myne genasionaliseer word.

Malema se besoek aan die universiteit was deel van die ANC se studenteorganisasie, Sasco, se pogings om steun voor die SR-verkiesing te werf.

Hy het die studente gemaan om nie vir die Inkatha-vryheidspartygesinde studenteorganisasie, Sadesmo, te stem omdat dié liggaam geweld predik.

“Jy kan nie vir mens stem wat met geweld dreig nie. As hulle (die IVP en sy studentevleuel) nie wen nie, kla hulle oor ‘n gekookte verkiesing,” het Malema gesê, met verwysing na onlangse verkiesings aan die Mangosuthu-universiteit van Tegnologie (MUT).

Sadesmo het hom aan die stemtellery onttrek ná die MUT-verkiesing verlede week en gekla dat die verkiesing oneerlik was.

Omtrent 60% van die tellery was reeds afgehandel en Sasco was voor. Daar is gevrees dat geweld aan die MUT sou uitbreek op die vooraande van die eksamens, het hy gesê.

“Buthelezi het sy jeug geleer om demokratiese prosesse te verwerp. Nou predik hulle geweld. Hulle dink dat geweld en intimidasie ons bang sal maak.”

Malema het gesê die jeugvleuel is nie bang vir die IVP nie en dat vryheid teen ‘n hoë prys gekom het.

“Ons is nie bang vir enigiemand nie. Ons respekteer maar ons vrees nie.”

Hy het IVP-leier Mangosuthu Buthelezi as ‘n “fabrieksfout” bestempel en gesê dat hy die ANC verraai het deur saam met die apartheidsregering te werk.

Hy het ook die Demokratiese Alliansie-leidster, Helen Zille, as “vals” bestempel omdat sy botox gebruik het.

полиграфЛобановский

Empangeni-munisipalebestuurder weens ras afgedank

Die munisipale bestuurder van die uMhlathuze-munisipaliteit in Empangeni, Kwazulu-Natal, is deur die ANC-meerderheid vanaf gister geskors. Dr. Tonie Heyneke, ‘n ervare bestuurder, gaan glo ondersoek word met die oog daarop om hom af te dank ten einde ‘n swart ANC-gesinde bestuurder in sy plek aan te stel.

‘n DA-lid van die munisipale raad, Alet Viljoen, het dit as “‘n geval van rassisme” beskryf. “Dis ‘n politieke komplot om van doeltreffende bestuurders ontslae te raak waar ondoeltreffende bestuurders nie die werk gedoen kry nie,” het sy gesê.

Daar is 31 ANC-lede op die raad en 28 van die opposisiepartye, waaronder die DA, IVP en VF+. Die gesamentlike opposisie het die raadsaal verlaat toe daar oor die mosie om Heyneke te skors, gestem is, maar die ANC het steeds ‘n kworum gehad en kon dit deurvoer.

‘n IVP-lid het agterna verklaar: “Dit is kategories gesê dat blankes en Indiërs vanuit die munisipaliteit verwyder gaan word, van bo af. Is dit wat mens ‘n reënboognasie noem?”

Een van die kwessies wat die ANC teen Heyneke hou, is dat hy voortgegaan het om ‘n bestuurder: menslike hulpbronne, aan te stel nadat twee swart lede van die aanstellingspaneel, adjunkstadsbestuurder BB Nhleko en senior bestuurder: korporatiewe dienste Mbali Ndlovu, nie onderhoude met kandidate bygewoon het nie.

Heyneke het verder gegewens dig gehou oor ‘n forensiese ondersoek waarmee hy besig was in die departement van parke, sport en ontspanning waar bedrog van R160 000 gepleeg is en wou nie die ANC-raadslede in besonderhede inlig nie, waarskynlik uit vrees dat getuienis aan die booswigte oorgedra sou word.

‘n IVP-raadslid, Louis van Zyl, het dit as “‘n opsetlike aanval op dr. Heyneke” beskryf. “Tien jaar lank het hy ‘n gevoel van veiligheid aan die raad verleen. Hy beskik oor ‘n bewese baanrekord en het te alle tye professioneel opgetree. Dit is duidelik ‘n komplot teen hom.”

Heyneke het in sy reaksie die munisipaliteit gevra om voort te gaan met die lewering van dienste met die steun van inwoners en belastingbetalers.

“Met verwysing na die aantygings wat met dié besluit teen my gemaak word, kan ek alle belanghebbendes verseker dat ek niks verkeerds gedoen het nie.

“Mense moenie deur hierdie verwikkeling ontstel word nie; hulle moet kalm bly. Sommiges mag dit ondersteun en ander nie. ‘n Opwelling in menings mag dalk net die situasie verder polariseer,” het Heyneke bygevoeg.

Die burgemeester, Zakhele Mnqayi, het versigtig gereageer, maar gemeen hy is “teleurgesteld dat die uitvoerende komitee nie in die saak geken is nie”.

IVP-raadslede het die besluit as ‘n “vendetta teen Heyneke” beskryf wat deur politieke inmenging gemotiveer word.

“Dis vir meer as ses weke beplan. Ons maak nie aanstellings op grond van politieke partye en kleur nie, maar op grond van bekwaamheid. Ons het mense nodig wat vir die werk gekwalifiseer is, nie vir die party nie. Hierdie munisipaliteit is besig om in ‘n Spaza-winkel te ontaard,” het IVP-raadslede ná afloop van die vergadering gesê.

детская игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Wêreldbank beloon Zimbabwe met 74 miljoen dollar

Die Wêreldbank het gister aangekondig dat Zimbabwe ‘n skenking van VS$74 miljoen ontvang om sy landbousektor te laat herlewe.

“Die geld is 74 miljoen dollar, wat meer is as die 25 miljoen van verlede jaar,” het David Rohrbach, ‘n senior landbouekonoom by die Wêreldbank, aan verslaggewers tydens ‘n landboukonferensie in Harare gesê.

Die bank hoop dat die geld Zimbabwe se 700 000 “nuwe boere” wat nou die voorheen blanke plase beset, sal help, meen Rohrbach.

“Ons skakel regstreeks met nie-regeringsorganisasies. Ons volg op wat ander donateurs gedoen het om Zimbabwe te help. Ons is nog nie op ‘n stadium dat ons direk met die regering onderhandel nie, maar ons raadpleeg hulle,” het hy gesê.

Die aankondiging kom nadat ‘n nuwe verslag – wat vir die konferensie deur donateurs en die regering opgestel is – beweer het dat vergoeding aan omtrent drie persent van die 6 500 blanke plase betaal is wat onder Mugabe se grondroofprogram beset is.

Volgens die studie het “grondhervorming” die grondgebied waarop geboer word drasties verklein met 50 000 hektaar en besproeiingsgebiede het ook met meer as nege persent afgeneem tot 139 500 hektaar.

Mugabe het in 2000 sy “grondhervorming” geloods, met ten minste 4 000 blanke boere wat gewelddadig van hul eiendomme afgesit is. Hy het die program geregverdig deur te beweer dat dit bedoel was om “ongelykhede uit die koloniale tydvak reg te stel”.

Swart boere wat op die grond hervestig is, het min regeringsondersteuning ontvang, terwyl banke onwillig is om lenings aan hulle te gee sonder wetlike waarborge oor die eienaarskap van die grond.

Die produksie van sowel voedsel as kontantgewasse soos tabak het ineengestort en sodoende miljoene mense van internasionale voedselhulp afhanklik gelaat.

Die sekretaris van landbou, Ngoni Masoka, het aan die media gesê dat Zimbabwe vanjaar ‘n skerp styging in oeste verwag.

“Vanjaar is die voorbereidings veel meer gevorderd, vergeleke met verlede jaar,” het hy gesê. “Selfs wat befondsing betref, is ons vanjaar beter voorberei.”

Mugabe het in Februarie by sy vorige mededinger Morgan Tsvangirai aangesluit om ‘n eenheidsregering te vorm ten einde Zimbabwe ná jare van ekonomiese agteruitgang te stabiliseer, asook die geldkrane vanuit die Weste weer oop te kry.

ігри для дєвачєктопкарго развод

Zimbabwe se ‘nuwe boere’ stig veldbrande

Toenemende veldbrande ondermyn voedselproduksie in Zimbabwe. Die veldbrande word begin deur Mugabe se “nuwe boere”, op die onteiende plase van blankes.

Mugabe se “nuwe boere” het reeds die afgelope maand sowat 46 000 hektaar landbougrond verwoes, omdat hulle veldbrande aansteek, wat dan handuit ruk.

Zimbabwe het ook geen vermoë om veldbrande te blus nie. Verder word die onteiende plase tussen ‘n klomp mense opgedeel wat geen moeite doen om voorbrande te maak nie. Dit maak die verspreiding van veldbrande vanaf een lappie grond na ‘n ander veel makliker.

в бассейнtopcargo отзывы сотрудников

Toestroming na stede skep krisis – Sexwale

DiepslootDie toenemende toestroming na stedelike gebiede deur landelike swartes plaas geweldige druk op die stedelike infrastruktuur, het die minister van menslike nedersettings, Tokyo Sexwale, gister gesê.

Hy het by die lekgotla oor plaaslike regering in Durban oor die rol van plaaslike regering in menslike nedersettings gepraat.

Sexwale het verduidelik dat die huidige “depressie” op die platteland veroorsaak dat al hoe meer plattelandse inwoners op soek na werk na stedelike gebiede verhuis.

“Dit plaas die stedelike infrastruktuur onder druk weens die toenemende aantal informele nedersettings terwyl die hulpbronne van plaaslike regerings reeds tot die uiterste toe beproef word.”

Sexwale meen die toenemende aantal informele nedersettings, oftewel plakkerskampe, is vinnig besig om vir Suid-Afrika in ‘n ramp te ontaard, “afgesien nog van die konstante toevloei van vlugtelinge en ander mense oor ons grense”.

Die minister van samewerkende regering, Sicelo Shiceka, het verklaar dat daar ‘n hele aantal munisipaliteite met geldelike probleme in die land bestaan, het die SAUK onlangs berig.

Volgens Sexwale skuld munisipaliteite omtrent R53 miljard in hul pogings om dienste volgens die verwagtinge van inwoners te verskaf.

Die weg na die toekoms is om meer menslike nedersettings te bou, het Sexwale gesê.

Die nuwe nedersettings beteken nuwe belastingbasisse en nuwe bronne van inkomste.

“Hulle beteken nuwe inkomstestrome in die vorm van dienste. Hulle lei tot die skep van plaaslike werksgeleenthede deur die bou van huise of die ontwikkeling van infrastruktuur in die vorm van paaie, straatligte, elektrisiteitsaansluitings en so meer,” het Sexwale gesê.

Volgens hom maak die bou van nuwe huise en verwante nedersettings deel uit van ‘n breër nasionale ekonomiese dinamo.

“Dit sit die mynsektor aan die gang wat koper, ystererts en ander rumateriaal moet verskaf wat in konstruksie gebruik word.

Dit stimuleer die vervaardigingsektor wat die staal, bakstene, teëls, deure, vensterrame, ensovoorts, moet verskaf,” het hy in ‘n verklaring laat weet.

Die minister het opgemerk dat dit die taak van die menslikenedersettingsdepartement is om menslikheid en waardigheid te herstel, om ruimtelike ongelykhede aan te spreek en om gemak en veiligheid aan alle burgers te verskaf.

Die bou van huise, meen hy, gaan die kleinhandelsektor “lewe inblaas” aangesien huishoudelike materiaal en goedere verkoop gaan word, maar banke en finansiële dienste, wat die wiele van handel en nywherheid “smeer”, sal ook daarby baat.

“Dit spreek vanself dat ons nie die uitdagings van die huididge ekonomiese toestand moet ignoreer nie, terwyl ons op hierdie nuwe sending vertrek om menslike nedersettings te ontwikkel.

“Daar word gehoop dat Suid-Afrika mettertyd aan die huidige resessie sal ontkom… Selfs ná die huidige resessie, gaan die pad na werklike ekonomiese herstel ‘n lange wees.”

Hy het gesê Suid-Afrika kon nie dié eeu as ‘n ontwikkelende nasie met ‘n ontluikende ekonomie afsluit nie.

“Ons land behoort, teen die einde van dié eeu, reeds te ontluik het en tot ‘n ontwikkelde land gegroei het, as ‘n gelyke tussen ander ontwikkelde lande ter wêreld,” het Sexwale verklaar.

мультик про робота трансформерапрокурор Фильчаков

Grondroof was ‘die beste ding’ om met Zimbabwe te gebeur, sê Mugabe

Die grondroofprogram wat duisende blanke boere en hul swart werkers van hul grond in Zimbabwe verdryf het, was “die beste ding wat ooit met ‘n Afrikaland kon gebeur”, volgens president Robert Mugabe.

In ‘n onderhoud met CNN-televisie in New York laat Dondernag, het ‘n selfversekerde Mugabe sy “grondhervormingsprogram” verdedig deur te sê: “Zimbabwe behoort aan die Zimbabwiërs, dis uit en gedaan.”

Mugabe was in die VSA om die Verenigde Nasiese se Algemene Vergadering by te woon, waar hy Vrydag ‘n toespraak sou hou.

Terwyl die meeste van die blanke boere wat van hul grond afgesit is, ook Zimbabwiese burgers was, het Mugabe gesê dat die onteienings geregverdig was omdat die boere meesal die afstammelinge van Britse setlaars was wat die grond van swart Zimbabwiërs tydens die koloniale tydvak afgevat het.

“Hulle het die grond onwettig beset. Hulle het op ons mense se grond beslag gelê,” het hy gesê.

Mugabe het ook sy ekonomiese beleid verdedig en gesê dat Westerse sanksies en nie wanbestuur nie vir die land se agteruitgang geblameer kan word.

Die VSA en die die Europese Unie het in 2002 ‘n reisverbod en batebevriesing teen Mugabe en sy binnekring ingestel.

Mugabe, wat gedwing is om sekere van sy magte aan sy aartsvyand, die voormalige opposisieleier Morgan Tsvangirai, af te staan nadat hy verlede jaar in die verkiesing oorwin is, het gemeen die sanksies is “onregverdigbaar”.

Hoewel Mugabe se magte redelik ingekort is deur die magsdelingsooreenkoms wat Tsvangirai in Februarie eerste minister gemaak het, wil die VSA en die EU sien dat meer hervormings deur die nuwe regering ingestel word – waaronder ‘n einde aan die voortdurende grondroofaksies – alvorens sanksies opgehef word.

Mugabe het ook ‘n aanval op die swart teoloog en Nobelvredespryswenner, aartsbiskop Desmond Tutu, geloods, na aanleiding van Tutu se kommentaar dat hy wat Mugabe is die karikatuur van ‘n Afrikadiktator sou wees.

“Hy weet nie waarvan hy praat nie, die klein mannetjie,” het Mugabe vies gesê en Tutu van “duiwelse uitsprake” beskuldig.

dealer casinoФильчаков прокурор

Misdaadstatistieke: Buite verhouding hoog

“Rooftogte by woonhuise is uiters kommerwekkend en het toegeneem met 27,3 % (18 438) volgens die nuutste misdaadstatistiek. As in ag geneem word dat roof by woonhuise in 2007/2008 met 13,5% (14 481) en in 2006/2007 met 26,4% (12 761) toegeneem het, het roof by woonhuise die afgelope drie jaar met 54,2% toegeneem.

Roof met verswarende omstandighede het met 2,6% (121 392) toegeneem. Hierdie tipe misdaad bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise nie veilig nie.

Motorkapings het die afgelope drie jaar ook elke jaar gestyg en nou weer met 5%. Oor die tydperk van drie jaar het motorkapings met 16,3% gestyg. Dit beteken mense voel onveilig om te ry.

Hierdie drie misdade bedreig die publiek se lewens en is hulle in hulle eie huise en op pad werk toe onveilig. Dit bevestig die publiek se siening dat misdaad toeneem,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder vir Polisie van die Vryheidsfront Plus.

Die nuutste misdaadstatistiek (rou syfers) wat toon dat moord (-1,8%), poging tot moord (-2,6%) en gewone roof (-8,9%) ‘n afname toon, kan ‘n vals gerustheid skep oor misdaad in Suid-Afrika.

Die moordsyfer is nou 37,3 per 100 000 van die bevolking, maar die wêreldgemiddeld vir moord is 5 per 100 000 van die bevolking. In Suid-Afrika word steeds vyftig mense per dag vermoor en is moord steeds amper agt keer hoër as die wêreldgemiddeld. Die verkragtingsyfer (24 836) toon dat daar 68 vroue per dag verkrag word of drie elke uur. Dit maak Suid-Afrika steeds onveilig vir vroue,” sê Groenewald.

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die afname in ander misdade en dat die Minister onderneem het dat misdaadsyfers minstens jaarliks bekend gestel sal word. Die Vryheidsfront Plus sou verkies dat die syfers kwartaalliks bekend gestel word,” het Groenewald gesê.

для водоснабженияФильчаков Харьков

Wits betaal vir kampusvrede

Die beplande betoging deur studente aan die Universiteit van die Witwatersrand, Wits, is Vrydag afgestel, sê die South African Student Congress (Sasco).

Die president van Sasco, Mawethu Rune, het gesê dat die betoging afgestel is en dat hulle alle verdere kwessies na die universiteitsraad sal verwys wat die eerste week in Oktober weer bymekaar sal kom om die situasie te bespreek.

“Ons fokus nou daarop om die raad bewus te maak van die rede agter al ons vereistes,” het Rune gesê.

“Die studente sal dus Vrydag voortgaan met hulle klasse en studies.”

Die universiteit het ‘n ooreenkoms onderteken om sommige van die kwessies op te klaar wat hierdie week tot betogings op die kampus in Johannesburg gelei het. Hulle het ooreengekom om die toelaag van studente wat van finansiëlesteundienste gebruik maak vanaf R1500 na R2000 per kwartaal te verhoog. Dit sal egter beteken dat die pakket wat hulle volgende jaar moet ontvang minder sal wees.

Die bestuur sal ook probeer om die voorgestelde toename in verblyfkostes van 11.68% te ondersoek.

Studentekaarte wat in 2009 gesluit is sal weer oopgemaak word en die huidige studenteraad sal studente aanmoedig om die finansiëlesteundienste te besoek vir verdere bystand in 2009.

Die studenteraad sal ook ‘n beroep op die studente doen om hulle uitstaande rekeninge te vereffen.

бра интернетДанильченко Юрий Брониславович

Barberton-gebied, toneel van daaglikse skietgevegte

Minister Susan Shabangu sê daaglikse skermutselinge tussen die polisie en onwettige myners in Mpumalanga se Barberton-gebied is aan die orde van die dag.

"Interbende- en skietgevegte is nou byna 'n daaglikse gebeurtenis in dië gebied. Konfrontasies tussen onwettige myners, die polisie en veiligheidspersoneel vind al hoe meer plaas," het sy blykbaar aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê, volgens haar gedrukte toespraak.

Die onwettige myners of zama-zamas is gewapen en gebruik ontvoerde wettige myners as menslike skilde in konflikte met die polisie.

"Hierdie onwettige delwers is gewapen en gevaarlik. Hulle dra openlik 'n ernorme aantal wapens, wat AK47's en 9mm pistole insluit."

In Welkom in die Vrystaat, word fopmyne van plofstof vir die polisie en veiligheidspersoneel gestel.

"Onwettige mynbou brei uit na ander onwettige aktiwiteite, wat kinderprosttusie en kinderarbeid insluit. Asof dit nie genoeg is nie, word goeie burgers wat die onwettige aktiwiteite aanmeld by die owerhede met hulle lewens gedreig en geteister."

Die hoogsgeorganiseerde en ryk sindikate wat hiervoor verantwoordelik is, hark miljarde rande in en gebruik onwettige myners om kos en ander benodighede soos plofstof en toerusting te vervoer, het sy gesê.

Plaaslike bendes help die sindikate om myners om te koop en werf delwers vir buurlande soos Botswana, Lesotho, Mosambiek en Zimbabwe. Die bendes verskaf ook regshulp aan onwettige myners.

Die goud wat gemyn word, word uit die land gesmokkel en benadeel die land se ekonomie.

"Die gesmokkelde goud word deur tussengangers en frontmaatskappye aan buitelandse kopers aangebied," sê Shabangu.

In 'n poging om hierdie onwettige bedrywighede stop te sit, is 'n forum geskep waarop die polisie, gemeenskapsleiers, die regering en mynmaatskappye dien. Berigte van onwettige mynbou in Gauteng aan die Wesrand doen nou ook die rondte.

Sy het gesê die Kabinet is vasberade om dmv die nuutgestigte Valke die kriminele te beveg. Polisie en aanklaers gaan ook ondersoek word om te kyk of hulle nie die sindikate help nie.

Die polisie in Mpumalanga en die Vrystaat wat met die kwessie gemoeid is, was nie dadelik beskikbaar vir kommentaar nie.

kompressormash.comдепутат лобановский

Hoera, 17737 is hier!

Ja, uiteindelik het die groot dag aangebreek, en 17737 is hier! Min of meer ses maande nadat hy die land belowe is, maar soos die gesegde lui: eerder laat as nooit.

Nee, 17737 het niks te doen met 46664 nie. 46664 was Nelson Mandela se tronknommer op Robbeneiland, wat later ‘n soort fondsinsamelingsnommer geword het. Maar 46664 doen niks om die lewe van ons gewone sterflinge te verander nie.

Maar 17737 gaan ons lewe glo ingrypend verander. 

Hierdie magiese 17737 is die nuwe direkte lyn na Jacob Zuma se kantoor. Dis die lang beloofde regstreekse lyn na hom, waar allerhande klagtes gelug kan word. Veral klagtes van korrupsie in staatsdienste en swak dienslewering deur amptenare.

Helaas sal inbellers nie direk met die Prez kan praat nie. Die Prez beman nie die oproepsentrum nie. Amptenare doen. En ons hoop dis amptenare wat deeglik gekeur is, wat bo enige verdenking van moontlike korrupsie staan, mense wat geensins in die versoeking sal kom om die klagte teen ‘n korrupte “comrade” met wie hy “gestruggle” het, te verdoesel nie.

Op sigself is die gedagte van so ‘n klagtelyn nie verkeerd nie. Maar elke klagte moet tog seker ondersoek word? Wie gaan dit doen? Die polisie? Waarom word die polisie dan nie sommer self geskakel nie? Gaan Zuma self elke dag net gou die sentrum wat in sy kantoor gesetel is, besoek en die lysie van beweerde korrupte amptenare deurgee, of is hierdie net ‘n politieke fopspeen waaraan die publiek moet kan suig om hulle rustig te hou, te midde van sneeuballende verval in dienslewering op elke regeringsvlak?

Klagtes lê al dik op feitlike elke regeringsvlak se leier se tafel. Ons is bevrees dat daar nou net ‘n nuwe tafel geskep word, waar die klagtes ook gaan ophoop, stof vergaar en mettertyd gaan verdwyn soos polisiedossiere in howe.

Die eerste paar dae van 17737 het vir menige rapporteerder van korrupte aangeleenthede al in frustrasie verander. Want dis byna onmoontlik om deur te kom na die nommer. Dit kan natuurlik wees dat die lyn beset is as gevolg van die geweldige aanmelding van korrupsie en vrot dienslewering. Dit kan ook wees dat hier self ‘n geval is van swak dienslewering. Dus: ons moet swak dienslewering aanmeld by ‘n kantoor wat swak diens lewer. So verander daar uiteindelik niks nie, behalwe dat mense baie hoopvol begin skakel, want die 17737-fopspeen is gegee om ons te laat glo dat dinge gaan verbeter.

Maar drie of vier pogings verder, is die hoop beskaam, die fopspeen uitgesuig, en bly die korrupsie onaangemeld. Niks het verander nie, behalwe dat ‘n halfdosyn nuwe poste geskep is, as ‘n verbeeldingryke begin om ‘n halfmiljoen poste voor die einde van die jaar te skep.

 

online slots no depositАлександр Фильчаков прокурор

Kriegler gaan GDK hof toe vat

Oud-regter Johann Kriegler, voorsitter van die Freedom Under Law, FUL, ’n onafhanklike regsorganisasie sonder winsbejag, gaan 'n aansoek in die hooggregshof bring om die Geregterlike Dienskommissie, GDK, se besluit oor regterpresident John Hlophe te hersien.

Dokumente sal na verwagting volgende week by die hof ingedien word.

FUL het Donderdag in 'n verklaring gesê die GDK het nie op 'n brief wat aan hulle gestuur is, reageer nie.

Die brief versoek skriftelike redes waarom die GDK die saak teen Hlophe laat vaar het.

"FUL het nog geen reaksie van die GDK ontvang nie, en gaan oor tot die volgende stap," het FUL gesê.

Die brief is op 10 September aan Lex Mpati, waarnemende voorsitter van die GDK, gestuur en die GDK is tot 15 September kans gegee om op die brief te reageer.

Kriegler het verlede week in 'n onderhoud met Mail & Guardian gesê die GDK het ‘n vraagteken oor John Hlophe laat hang deur hom nie onder kruisverhoor te plaas nie.

“Die aanklagtes teen Hlophe is van die ergste wat jy teen ‘n regterlike amptenaar kan maak – om die integriteit van die hoogste hof in die land te ondermyn,” het Kriegler, voormalige regter van die konstitusionele hof en ‘n stigterslid van FUL, aan die koerant gesê.

“Ek weet nie of die aanklagtes waar is of nie.

“Al wat ek weet is dat die RDK dit nie wou ondersoek nie en dit was die basiese fout.”

“Dit los ‘n vraagteken bo sy kop en ek weet nie hoe hy sy kollegas in die oë sal kan kyk nie,” het Kriegler gesê.

Sy opmerkings verwys na die aanklag deur die GDK dat Hlophe wou inmeng in ’n uitspraak van die konstitusionele hof rakende Jacob Zuma voordat hy president geword het.

Hlophe het weer beswaar gemaak teen die feit dat die regters hul aantygings publiek gemaak het nog voordat hy daarop kon reageer.

Na ‘n voorlopige verhoor het die RDK besluit om die saak daar te laat, en Hlophe het na ‘n tydperk van spesiale verlof sy werk hervat.

online free slotsФильчаков прокурор харьков

‘Ek het nie lugtyd nie’

Clinton Basson se twee moordenaars het hom eers aangerand en hom gedwing om op sy knieë vir sy lewe te pleit voordat hulle hom in die kop geskiet het.

'n Hele 108 dae na die grusame moord op die 32-jarige konstruksiekonsultant oorkant 'n kroeg in Honeydew, noordwes van Johannesburg, sê die polsiebeampte wat die saak moet hanteer hy kon nog niks doen nie, want hy het nie 'n selfoon in sy motor nie.

Sy bevelvoerder by die Honeydewpolisiestasie weier verder om te verduidelik waarom Basson se lyk na vyf dae nog nie uitgeken was nie ten spyte daarvan dat sy bestuurderslisensie in sy sak was.

Inspekteur Gabriel Nonyana het erken dat hy nie Basson se outopsieverslag by die Roodepoortse lykshuis gaan haal het nie, nie die koeëls vir ballistiese toetse gestuur het nie en ook nie twee ooggetuies ondervra het nie, want "hulle het 'n hulpbronprobleem".

"Ek kan niemand bel nie want ek het nie lugtyd nie," het hy gesê.

Die dagblad The Star het ook uitgevind dat Nonyana nie Basson se klere, met die moordenaar se bloed bevlek, ingestuur het vir analise nie, maar dit in direkte sonlig agter sy lessenaar gebêre het.

Toe die koerant hom nader oor die Basson-moordsaak, het Nonyana eers voorgegee dat hy nie van so 'n saak weet nie.

Sy hoof, kaptein Kalani, se reaksie was nog meer vyandig en nadat hy herhaaldelik gesê het hy gaan niks verduidelik nie, het hy die foon neergegooi.

Basson se familie is getraumatiseer deur die moord en die polisie se houding.

Sy vader Dave het reeds duisende rande bestee om 'n privaatondersoek te laat doen en is oorweldig deur emosie as hy van die saak praat.

"Ek weet nie wat ek nog kan doen nie… Ek kan nie die staat baklei nie," het hy gesê.

Kalani sê die polisie kan nie die privaatgetuienis gebruik nie, want die ondersoeker "is nie 'n lid van die gesin nie".

веник изпрокурор Фильчаков

Plaasmoordslagoffers se name vandag uitgelees

Solidariteit Radio gaan vandag die name van sowat 1 650 slagoffers van plaasaanvalle oor hul internet-radiodiens uitlees. Dit sal na verwagting agt uur neem om al die name uit te lees.

Bekendes wat aan die program gaan deelneem is onder meer Marius Weyers, Bok van Blerk, Brümilda van Rensburg, Shaleen Surtie-Richards, Sean Else, Lianie May, MD Greyling, Gerrie Pretorius, Ghapi, Mel Botes, Elizma Theron, Allan Boesak en Pieter Mulder.

Naasbestaandes van slagoffers sal ook help lees.

Kort beskrywings van hoe die aanvalle en moorde plaasgevind het, sal ook voorgelees word.

Die naamlys is deur die TLU-SA opgestel. Dirk Hermann, adjunk-uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit, het aan Beeld gesê daar is waarskynlik tussen 2 000 en 3 000 slagoffers wat weens swak misdaadstatistieke nie opgeneem is nie.

Die uitsending kan vanaf 8:30 tot sowat 16:30 op www.solidariteitradio.co.za gevolg word. 

 

эжекторные насосные станцииtopcargo отзыв