Empangeni-munisipalebestuurder weens ras afgedank

Die munisipale bestuurder van die uMhlathuze-munisipaliteit in Empangeni, Kwazulu-Natal, is deur die ANC-meerderheid vanaf gister geskors. Dr. Tonie Heyneke, ‘n ervare bestuurder, gaan glo ondersoek word met die oog daarop om hom af te dank ten einde ‘n swart ANC-gesinde bestuurder in sy plek aan te stel.

‘n DA-lid van die munisipale raad, Alet Viljoen, het dit as “‘n geval van rassisme” beskryf. “Dis ‘n politieke komplot om van doeltreffende bestuurders ontslae te raak waar ondoeltreffende bestuurders nie die werk gedoen kry nie,” het sy gesê.

Daar is 31 ANC-lede op die raad en 28 van die opposisiepartye, waaronder die DA, IVP en VF+. Die gesamentlike opposisie het die raadsaal verlaat toe daar oor die mosie om Heyneke te skors, gestem is, maar die ANC het steeds ‘n kworum gehad en kon dit deurvoer.

‘n IVP-lid het agterna verklaar: “Dit is kategories gesê dat blankes en Indiërs vanuit die munisipaliteit verwyder gaan word, van bo af. Is dit wat mens ‘n reënboognasie noem?”

Een van die kwessies wat die ANC teen Heyneke hou, is dat hy voortgegaan het om ‘n bestuurder: menslike hulpbronne, aan te stel nadat twee swart lede van die aanstellingspaneel, adjunkstadsbestuurder BB Nhleko en senior bestuurder: korporatiewe dienste Mbali Ndlovu, nie onderhoude met kandidate bygewoon het nie.

Heyneke het verder gegewens dig gehou oor ‘n forensiese ondersoek waarmee hy besig was in die departement van parke, sport en ontspanning waar bedrog van R160 000 gepleeg is en wou nie die ANC-raadslede in besonderhede inlig nie, waarskynlik uit vrees dat getuienis aan die booswigte oorgedra sou word.

‘n IVP-raadslid, Louis van Zyl, het dit as “‘n opsetlike aanval op dr. Heyneke” beskryf. “Tien jaar lank het hy ‘n gevoel van veiligheid aan die raad verleen. Hy beskik oor ‘n bewese baanrekord en het te alle tye professioneel opgetree. Dit is duidelik ‘n komplot teen hom.”

Heyneke het in sy reaksie die munisipaliteit gevra om voort te gaan met die lewering van dienste met die steun van inwoners en belastingbetalers.

“Met verwysing na die aantygings wat met dié besluit teen my gemaak word, kan ek alle belanghebbendes verseker dat ek niks verkeerds gedoen het nie.

“Mense moenie deur hierdie verwikkeling ontstel word nie; hulle moet kalm bly. Sommiges mag dit ondersteun en ander nie. ‘n Opwelling in menings mag dalk net die situasie verder polariseer,” het Heyneke bygevoeg.

Die burgemeester, Zakhele Mnqayi, het versigtig gereageer, maar gemeen hy is “teleurgesteld dat die uitvoerende komitee nie in die saak geken is nie”.

IVP-raadslede het die besluit as ‘n “vendetta teen Heyneke” beskryf wat deur politieke inmenging gemotiveer word.

“Dis vir meer as ses weke beplan. Ons maak nie aanstellings op grond van politieke partye en kleur nie, maar op grond van bekwaamheid. Ons het mense nodig wat vir die werk gekwalifiseer is, nie vir die party nie. Hierdie munisipaliteit is besig om in ‘n Spaza-winkel te ontaard,” het IVP-raadslede ná afloop van die vergadering gesê.

детская игрушкиФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae