praag.co.za

‘Ek het nie lugtyd nie’

Written by

in

Clinton Basson se twee moordenaars het hom eers aangerand en hom gedwing om op sy knieë vir sy lewe te pleit voordat hulle hom in die kop geskiet het.

'n Hele 108 dae na die grusame moord op die 32-jarige konstruksiekonsultant oorkant 'n kroeg in Honeydew, noordwes van Johannesburg, sê die polsiebeampte wat die saak moet hanteer hy kon nog niks doen nie, want hy het nie 'n selfoon in sy motor nie.

Sy bevelvoerder by die Honeydewpolisiestasie weier verder om te verduidelik waarom Basson se lyk na vyf dae nog nie uitgeken was nie ten spyte daarvan dat sy bestuurderslisensie in sy sak was.

Inspekteur Gabriel Nonyana het erken dat hy nie Basson se outopsieverslag by die Roodepoortse lykshuis gaan haal het nie, nie die koeëls vir ballistiese toetse gestuur het nie en ook nie twee ooggetuies ondervra het nie, want "hulle het 'n hulpbronprobleem".

"Ek kan niemand bel nie want ek het nie lugtyd nie," het hy gesê.

Die dagblad The Star het ook uitgevind dat Nonyana nie Basson se klere, met die moordenaar se bloed bevlek, ingestuur het vir analise nie, maar dit in direkte sonlig agter sy lessenaar gebêre het.

Toe die koerant hom nader oor die Basson-moordsaak, het Nonyana eers voorgegee dat hy nie van so 'n saak weet nie.

Sy hoof, kaptein Kalani, se reaksie was nog meer vyandig en nadat hy herhaaldelik gesê het hy gaan niks verduidelik nie, het hy die foon neergegooi.

Basson se familie is getraumatiseer deur die moord en die polisie se houding.

Sy vader Dave het reeds duisende rande bestee om 'n privaatondersoek te laat doen en is oorweldig deur emosie as hy van die saak praat.

"Ek weet nie wat ek nog kan doen nie… Ek kan nie die staat baklei nie," het hy gesê.

Kalani sê die polisie kan nie die privaatgetuienis gebruik nie, want die ondersoeker "is nie 'n lid van die gesin nie".

веник изпрокурор Фильчаков

Comments

Leave a Reply