Nog cholera in KwaZulu-Natal

ImageNog twee mense wat vermoedelik cholera het, is in KwaZulu-Natal se Middellande opgeneem in die hospitaal, het die provinsie se departement Dinsdag gesê.

Woordvoerder Chris Maxon het gesê die twee is vandeesweek opgeneem in die Church of Scotland-hospitaal in Msinga.

"Daar word vermoed dat hulle cholera het en toetse word op hulle gedoen."

Maxon het gesê dat net twee mense sover met die wateroordraagbare siekte gediagnoseer is in dié provinsie en dat een oorleef het.

"Een was 'n vragmotorbestuurder van Zimbabwe wat oorlede is, en die ander man was van Ethiopië afkomstig. Hy het deur Zimbabwe gereis om na Suid-Afrika te kom. Hy is vroeër vandeesmaand by die Nkonjeni-hospitaal in Zoeloeland vir cholera behandel en het oorleef. Hy is daarna ontslaan," het Maxon gesê.

Die cholera-epidemie het reeds meer as 1 120 lewens geëis in Zimbabwe en meer as 21 000 infeksies is reeds aangemeld.

Duisende, waarvan baie met die siekte besmet is, het na naburige lande, insluitend Suid-Afrika, gevlug.

Gesondheidsowerhede het verskeie choleragevalle en vermoedelike gevalle in Suid-Afrika aangemeld.

Spesiale verslaggewer insake gesondheidsaangeleenthede, Anand Grover, het Maandag die mediese krisis wat Zimbabwe bedreig beklemtoon. Groot hospitale is toe vanweë die tekort aan mediese voorrade, asook 'n tekort aan dokters en verpleegsters.

"Zimbabwe se gesondheidstelsel het heeltemal in duie gestort, dit kan nie die uitbraak van die cholera wat daaglike versprei deur die land en waarvan die dodetal styg, meer beheer nie," het hy gesê.

Met die reënseisoen wat naderkom, vrees kenners dat die krisis kan verdiep.

Zimbabwe het die cholerauitbraak 'n nasionale noodtoestand genoem en die internasionale gemeenskap om hulp gevra om te help voorkom dat die siekte verder versprei.

Dit is die mees onlangse krisis om die regering van president Robert Mugabe te tref. Die land trotseer reeds hiperinflasie, ernstige voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit.

игри для дитейпрокурор Фильчаков

Transformasie lei tot cholera

Die nuus dat daar ook nou choleragevalle in Johannesburg voorkom, het Suid-Afrika volledig binne die kategorie van 'n derdewêreldland geplaas. Terwyl transformasie oorkant die Limpopo gemanifesteer het in ekonomiese verval, hongersnood en natuurlik cholera, wil dit voorkom asof die suiwering van blanke ingenieurs en gesondheidsamptenare deur die ANC-bewind juis tot onsuiwer water en siektes gaan lei.

In Brittanje en die VSA heers daar seker groot tevredenheid met dié stand van sake, want binnekort gaan daar ook hulpkrete vanuit Suid-Afrika opgaan om 'n cholera-epidemie onder beheer te bring, wat ons voorheen eerstewêreldland se volslae afhanklikheid van buitelandse kundigheid en logistiek sal demonstreer.

Vir die Afrikaner wat eens so trots was op ons land se infrastruktuur – waaronder skoon water, riolering en voortreflike staatshospitale vir alle bevolkingsgroepe – is dit 'n bitter pil om te sluk. Binne minder as een geslag het ons gevorder van ingenieursvernuf wat geboue hoër as vyftig verdiepings in Johannesburg kon oprig tot die agterlikheid van cholera wat in die veelgeroemde finansiële hoofstad van Afrika uitgebreek het.

Nie dat cholera egter die voorstanders van transformasie, grondhervorming en ander ekstreem-linkse, rassistiese ideologieë van stryk sal bring nie. Tensy daar iewers opstand of weerstand kom, sal Suid-Afrika op sy gebaande weg na 'n Zimbabwe voortsnel.

бани внутриДанильченко Юрий отзывы

568 reeds dood op die paaie

Ten minste 568 mense is dood in padongelukke sedert die begin van die Desember-vakansie, het die Padverkeerbeheerkorporasie Maandag in 'n verklaring gesê.

Die korporasie het in 'n verklaring gesê dat onder diegene wat dood is, was 168 bestuurders, 230 was passasiers en 170 voetgangers.

KwaZulu-Natal het die hoogste sterftesyfer met 116 mense, Limpopo 89, Mpumalanga 84, Gauteng 83, doe Vrystaat 62, Oos-Kaap 55, Noord-Wes 36, Wes-Kaap 32 en die Noord-Kaap 11.

Volgens die korporasie is die hooffaktore wat bydra tot die sterftes spoed, bestuurdermoegheid, bande wat bars, voetgangers wat oor besige paaie loop en dronkbestuur.

брекет системаДанильченко Юрий отзывы

Cholera in Johannesburg

ImageGauteng se choleradodetal het tot drie gestyg met die dood van 'n pasiënt oor die naweek, het die gesondheidsdepartement gesê.

Woordvoerder Chika Asomugha het gesê die pasiënt is Sondag oorlede.

Van die 76 gevalle in die provinsie wat met cholera geassosieer word, het 21 positief getoets vir die siekte, met die Johannesburgdistrik wat die meeste geraak word.

саун иАлександр Фильчаков Васильевич

502 voertuie in Oos-Transvaal geskut

'n Totaal van 502 voertuie is geskut en 265 bestuurders is gearresteer gedurende padblokkades in Mpumalanga, het die departement van paaie en vervoer Maandag gesê.

Woordvoerder David Nkambule het gesê 60 padblokkades is gehou in Ehlanzeni, Gert Sibande en Nkangala sedert 1 Desember. Dit sal deur die hele feesseisoen aanhou.

Die arrestasies sluit in 130 bestuurders wat onder die invloed van alkohol was. "Voertuie wat geskut is, sluit in busse en taxi's wie se eienaars nie die nodige bedryfspermitte gehad het nie," het hy gesê.   

стоматологияОлександр Фільчаков прокурор

VSA wil verdere sanksies teen Zimbabwe instel

Image

Condoleezza Rice

Amerika se minister van buitelandse sake, Gondoleezza Rice, het Maandag gesê dat sy met Amerika se bondgenote gaan praat om bykomende bevriesing van bates en ander sanksies teen president Robert Mugabe van Zimbabwe in te stel.

"Ek gaan met ons bondgenote, veral sommige Afrikalande en Brittanje praat en ons sal sien," het Rice in 'n AFP-onderhoud gesê toe sy gevra is of die VN steeds sanksies kan instel.

"Ek dink dit is hoog tyd dat die internasionale gemeenskap sanksies teen die bewind moet opskerp," het Rice gesê nadat die VN-veiligheidsraad weer nie daarin geslaag het om op te tree by die vergadering wat sy verlede week bygewoon het  in New York nie.

"Ek weet nie hoe lank die mense dit nog kan laat aanhou onder die voorwendsel dat dit 'n binnelandse aangeleentheid is nie. Want dit is nie," het Amerika se hoofdiplomaat gesê.

"Dit is duidelik dat dit probleme oor die grense heen skep en selfs al was dit 'n binnelandse aangeleentheid, is dit wat gebeur met die mense van Zimbabwe nie verskoonbaar nie," het sy bygevoeg.

"Ons (Amerika) het wel sommige bates bevries soos u weet en daar is samesprekinge om te kyk om sommige daarvan multilateraal te maak," het Rice gesê toe sy oor moontlike optrede gepols is.

"Ons sal kyk daarna," het Rice bygevoeg.

пескоструйная обработка дисковпрокурор Фильчаков

Kongolese rebelle dreig om vredesamesprekings te verlaat

Image

Kongolese rebelletroepe naby Goma

'n Rebellegroep wat die Kongo tot op die randjie van oorlog gebring het, het gesê hulle sal wegstap van vredesamesprekinge indien onderhandelaars nie die beweerde verbreking van die skietstilstand deur die weermag gaan aanspreek nie.

Bertrand Bisimwa, woordvoerder vir die rebelle-Nasionale raad vir die verdediging van die Mense (NRVM) het gesê die groep sal nie die samesprekinge bywoon nie, tensy die onderhandelaars na die werklikheid op voetsoolvlak gaan kyk nie.

"Indien hulle dit nie doen nie, moet hulle nie reken daarop dat die NRVM-afvaardiging by die volgende rondte onderhandelings gaan wees nie," het hy gesê.

Die rebelle en verteenwoordigers van die Kongolese regering het in Nairobi, Kenia ontmoet om te probeer om 'n oplossing vir die nuwe vlaag geweld in die oostelike Kongo te vind. In die nuwe geweld het die rebelle tot teenaan Goma, die hoofstad van die provinsie, beweeg. Die eerste rondte gesprekke het vandeesweek geëindig en die gesprek sal weer op 7 Januarie in Nairobi hervat word.

Die twee kante het saamgestem dat 'n buffersone, wat deur die VN beheer behoort te word,  geskep moet word tussen die gebiede onder die beheer van die rebelle en die regeringsmagte.

Die rebelle beskuldig die regeringsoldate dat hulle gebied beset wat die rebelle onlangs verlaat het.

"Regeringsoldate beset Kibati en Kiwanja, gebiede waaruit ons onlangs teruggetrek het," het Bisimwa gesê.

"Hulle is maar 100 meter van ons posisies af en lok ons uit deur elke oggend op ons te skiet. Tot nou toe het ons nie teruggeskiet nie omdat ons probeer om die skietstilstand te eerbiedig," het hy bygevoeg.

Menseregtegroepe hou die rebelle verantwoordelik vir 'n onlangse slagting by Kiwandja, waar soveel as 150 mense dood is. Maar die groepe het ook gedokumenteerde gevalle van oortredings deur regeringsmagte, soos stelselmatige verkragtings, op rekord.

european rouletteФильчаков прокурор отзывы

Organisasie blameer SA leiers vir xenofobiese geweld

Image

Afrikavreemdelinge n? aanvalle in SA

Die gebrek aan "wettig verkose leierskap" was die oorsaak van baie van die xenofobiese aanvalle in Meimaand, het Cormsa Maandag gesê.

Die Konsortium vir vlugtelinge en migrante in Suid-Afrika (Cormsa) se woordvoerder Duncan Breen het gesê in vele gebiede was plaaslike leiers aktief betrokke daarby om geweld teen vreemdelinge aan te blaas wat 62 mense in Mei vanjaar dood gelaat het.

"Daarom is hulle betrokkenheid in strategieë om xenofobie hok te slaan baie belangrik. Tensy die leiers aanspreeklik gehou gaan word, sal hulle aanhou om hulle veldtogte en posisies op 'n haat en geweld te grond," het hy gesê.

Soos die dood van meer as 20 Suid-Afrikaners ook getoon het in die aanvalle in Mei, is nie net buitelanders aan risiko blootgestel nie. Kort voor lank kon die Pedi's, Sjangaans, Vendas of enige ander "onwelkome" groep aangeval word, het Breen gesê.

"Tensy ons nou optree, sal ons almal aan risiko blootgestel wees," het hy in 'n verklaring gesê.

Cormsa het sedertdien 'n beroep gedoen op die SA menseregtekommissie om 'n ondersoek te doen na die xenofobiese geweld van middel 2008. Breen het gesê dat die noodsaak vir so 'n ondersoek daaruit spruit dat meer as ses maande ná die aanvalle uitgebreek het min gedoen is om strukture en politieke oorsake bloot te lê.

"Met die nasionale verkiesings wat naderkom, is daar 'n dringende behoefte om seker te maak dat politieke mobilisering nie ontaard in herhaalde aanvalle op buitelanders en ander 'onwelkome' groepe nie," het hy gesê.

Cormsa glo dat aanvalle teen buitelanders steeds voortgaan, hoewel dit net op 'n baie laer vlak gebeur. Die organisasie het gesê om dit aan te spreek is dit nodig om te weet wat die grondliggende oorsake daarvan is.

Die menseregtekommissie is tot die 15de Januarie gegee om te reageer op Cormsa se versoek om 'n ondersoek na die aanvalle, wat ook hordes mense haweloos gelaat het. 

как построить саунуданильченко юрій Харків

Vyf SA Roadlink-busse geskut

Ten minste 5 SA Roadlink-busse is geskut langs KwaZulu-Natal se besige N3-snelweg oor die afgelope naweek in 'n padveiligheidsveldtog, het die departement van vervoer Maandag gesê.

Woordvoerder Nonkululeko Mbatha het gesê 8 luuksebusse is geskut, waarvan 5 aan SA Roadlink behoort.

Image

SA Roadlink-bus

"Van die 5 SA Roadlink-busse is drie onpadwaardig bevind en nog twee se bestuurders het sonder permitte bestuur."

Die ander 3 busse, van City to City, SA Tours en Gumede Transport het ook gebreke getoon.

Die skut van die SA Roadlink-busse kom nadat die nasionale busoperateur Vrydag 'n tussentydse hofbevel gekry het in Pietermaritzburg se hof om te voorkom dat die provinsiale LUR vir vervoer, Bheki Cele, die operateur se bedryfslisensie terugtrek.

Regter Isaac Madondo het gesê daar is 'n moontlikheid dat SA Roadlink onherstelbare skade kan opdoen en dat Cele geen getuienis voor die hof gebring het dat daar nog ongelukke sal gebeur nie.

Cele moet dokumente indien teen die 28ste Desember en die twee regspanne sal weer op 8 Januarie terug wees in die hof om die saak verder te voer.

Cele het die maatskappy se bedryfslisensie teruggetrek tot 'n ondersoek afgehandel is ná verlede week se ongeluk, waarin 'n SA Roadlink bus en twee ander voertuie betrokke was.

Elf mense het in die ongeluk omgekom.

 

горящие туры в хорватию из киеваtopcargo развод

Juweliers kry swaar vanwe? resessie

Image

Diamantring

"Te huur"-tekens verskyn al hoe meer in inkopiesentrums. En met sentrum-eienaars wat waarsku dat ten minste die helfte van die winkels in groot sentrums soos Menlyn wat agterstallig is met huur en 'n stadige kersinkopeseisoen kan sommige winkels vroeg in 2009 toemaak.

Ian Furman van Jewellery Replacement Consultants wat op die lys van groot versekeringsmaatskappye is, maar ook teen groot afslag verkoop aan kliënte by sy Rivonia-werkswinkels, het gesê "baie winkeleienaars sal in Januarie hulle deure moet sluit. Die rentekoersverlaging nou en dié wat in Februarie beloof is, is te laat om baie in die bedryf te red."

Hy het gesê dat hy gehalteitems kan verkoop teen laer pryse omdat hy nie hoë sentrumhuur hoef te betaal nie. "My kontantverkope is hoër in terme van volume, maar die gemiddelde bedrag wat bestee word, is laer. Verlede jaar het mense gemiddeld R15 000 tot R20 000 bestee aan juweliersgeskenke, maar vanjaar spandeer hulle tussen R5 000 en R10 000."

Verlede jaar het hulle groter stene gekoop en vanjaar is die stene kleiner.

"Mense wat verlede jaar dié tyd verloof geraak het, het 1-karaatwitdiamante gekoop, terwyl mense vanjaar halfkaraatstene koop."

Die verskil in prys is drasties: 'n goeie 1-karaatwitdiamant van Jewellery Replacement Consultants kos sowat R36 000 terwyl 'n halfkaraatsteen net R8 000 kos.

In terme van die manier waarop diamante se pryse bepaal word, styg die prys gemeet in breuke van 'n karaat.     

настольные игры для детейФильчаков прокуратура харьков

Belgi? se regering kom weereens tot ‘n val

Image

Yves Leterme

Agtien maande lank het die Belgiese politikus Yves Leterme van die een politieke krisis tot die volgende gestrompel. Die rede was die teenstellings tussen die Nederlandstalige Vlaminge en die Franstalige Wale oor ’n staatshervorming. Vrydag het Leterme tot ’n val gekom – nie hieroor nie, maar oor sy lomp hantering van een van die bankkrisisse wat verskeie lande die afgelope paar maande teister.

Leterme het Vrydagaand die bedanking van sy regering aan koning Albert II aangebied. Die afgelope naweek het die koning verskeie politieke leiers geraadpleeg oor hoe die land verder moet gaan. Die regeringspolitici wil hê dat die bestaande koalisie van Vlaamse en Waalse Christen-demokrate en liberale plus Waalse sosialiste moet voortgaan, maar dan sonder Leterme.

Politici uit die opposisie wil ’n nuwe verkiesing hê, maar die regeringspartye voel niks daarvoor nie, omdat dit die land ’n lang tyd sonder regering sal laat in hierdie tyd van finansiële krisisse. Gelukkig vir België gaan die streeksregerings, wat heelparty bevoegdhede het, met hul werksaamhede voort.

Die huidige kredietkrisis het tot Leterme se probleme gelei. Die groot Belgies-Nederlandse bank en versekeraar Fortis het aan die einde van September in ’n krisis beland. Op 28 September het die Belgiese, Nederlandse en Luxemburgse owerhede bekend gemaak dat hulle Fortis byna in sy geheel nasionaliseer.

Die Belgiese regering het die Belgiese deel van Fortis aan die Franse bank BNP Paribas verkoop. Daarteen het ’n meerderheid van die aandeelhouers beswaar gemaak, en die Belgiese hof van beroep het op 12 Desember die oorname voorlopig geblokkeer. Dit het vir die regering groot politieke probleme geskep.

Einde verlede week het dit bekend geraak dat die regering blykbaar druk op die regters probeer uitoefen het om ’n uitspraak te lewer wat gunstig vir die regering sou wees. Die hoogste regter het verklaar dat daar weliswaar geen juridiese bewys is dat die regering die regbank belemmer het nie, maar dat daar ongetwyfeld belangrike aanwysings in dié rigting is. In enige demokrasie is politieke inmenging in die regterlike gesag ’n doodsonde.

Intussen het Paribas op 18 Desember die oorname van Fortis voorlopig opgeskort.

Leterme, leier van die Vlaamse christen-demokrate, was die groot wenner in die verkiesing van 10 Junie verlede jaar. Die vorming van ’n regering het egter nege maande geduur omdat hy nie die samewerking van die Franstalige politici oor ’n staatshervorming kon verkry nie. Hy kon trouens eers as premier aan die gang kom nadat sy voorganger, Guy Verhofstadt, ’n paar maande lank ’n oorgangsregering gelei het.

Eers op 20 Maart vanjaar is eenstemmigheid oor die ministersposte bereik. Op 14 Julie het die onderhandelinge oor ’n staatshervorming misluk, en het Leterme sy ontslag aangebied. Die koning het dit geweier en ’n bemiddelaar aangewys om die staatshervorming voor te berei.

In September was die voortbestaan van die regering weer in gevaar toe een van die kleiner lede van die koalisie, die Nieuw-Vlaamse Alliantie, sy steun aan die federale regering opgesê het.

Die onderhandelinge oor ’n staatshervorming het die afgelope tyd op die agtergrond geraak vanweë die ekonomiese krisis.

Een van die besware teen ’n nuwe verkiesing is juis dat ’n verwante kwessie nog onopgelos is. Dit is die probleem van die kiesdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde (BHV). Dit bestaan uit die tweetalige Brussel en 35 omliggende munisipaliteite wat by Vlaandere behoort. Vlaamse politici wil hê dat die kiesdistrik gesplits word sodat die Franstalige inwoners van hierdie Vlaamse munisipale gebiede nie meer in Brussel op die Franstalige kandidate moet kan stem nie. Die Franstaligtes is teen so ’n splitsing.

Die voorsitter van die Grondwethof het verlede jaar gesê dat daar geen parlementêre  verkiesings gehou moet word voordat die BHV-kwessie opgelos is nie.

Die opposisiepartye wil ’n nuwe verkiesing hê, maar sommige waarnemers beskou dit as ’n waagstuk omdat dit dalk onmoontlik sou wees om daarna ’n nuwe regering te vorm. In Junie is daar verkiesings vir die streeksparlemente van Vlaandere, Wallonië en Brussel. Die partye wat verteenwoordig is in die federale parlement, gaan daaraan deelneem, en tot dan sal hulle ongeneë wees om toegewings te doen wat nodig is vir ’n koalisieregering.

Dit lyk of alle regeringspartye – Vlaamse en Franstalige christen-demokrate en liberale plus Waalse sosialiste – hulle neerlê by die gedagte aan ’n oorgangsregering tot in Junie.  Dan sal die verkiesings vir die streeksparlemente en die federale parlement op dieselfde tyd gehou kan word. Die liberale is ongelukkig omdat hulle heeltemal oor die hoof gesien word in die huidige konsultasies.

 

справка 27 уФильчаков прокурор

Japannese invoere daal skerp weens swak vraag

Japannese uitvoere het met 'n rekord-26,7% gedaal in November, het die ministerie van finansies gesê en ook die daling in  die globale vraag na voertuie, elektroniese onderdele en ander Japannese produkte beklemtoon.

Ekonome waarsku dat uitvoere, wat 'n groot deel van die wêreld se tweede grootste ekonomie verteenwoordig, verder sal daal met geen uitkoms in sig vir die globale ekonomie nie. Selfs uitvoere na die res van Asië het skerp gedaal.

"Die aanvraag het baie afgekoel, nie net in Amerika en Europa nie, maar ook in Rusland en die Midde-Ooste, en ons verwag verdere dalings in uitvoere soos wat die globale ekonomie verder verswak," het Hideki Matsamura, 'n senior ekonoom by die Japannese navorsingsinstituut in Tokio gesê.

Getref deur dalende verkope en 'n versterking in die jen, het groot uitvoerders soos Toyota Motor Corp. en Sony Corp. reeds verliese aan poste aangekondig, asook laer winsprojeksies.

Uitvoerders het hulle grootste jaar-tot-jaardaling aangekondig sedert die statistiekstelsel in 1980 in werking getree het.

Uitvoere se totaal was $60 miljard gewees, terwyl invoere met 14,4% gedaal het van 'n jaar tevore tot $62 miljard, het die ministerie gesê.

Dit het 'n handelstekort van $2,5 miljard teweeggebring. Dis die vierde keer vanjaar dat Japan gesê het dat hulle invoere die uitvoere oortref.

Jare lank het Japan kritiek gekry van sy handelsvennote oor sy handelsoorskotte. Maar nou het die globale ekonomiese insinking Japan in 'n netto invoerder verander, ten minste in die onlangse maande.

полиграф купить ценаАлександр Фильчаков Васильевич

Beseerde Franse seiljagvaarder kom in Australi? aan

Image

Yann ?lies

'n Beseerde Franse om-die-wêreld-seiljagvaarder is gered deur die Australiese vloot en is weer terug op die land nadat hy tydens sy solovaart afgehaal is in die afgeleë Suidelike oseaan.

Yann Elies is van die vloot se fregat HMAS Arunta afgedra op 'n draagbaar kort nadat die fregat by Fremantle-hawe naby die wes-Australiese hoofstad Perth aangekom het.

Die 34-jarige Fransman wat twee dae in die kajuit van sy seiljag in erge pyn deurgebring het nadat hy reeds Donderdag sy been gebreek het, was onder verdowing en het nie met die wagtende media gepraat nie.

Hy het net gewaai en die duim-in-die-lugteken gegee voordat hy in die ambulans gelaai is en geneem is vir dringende mediese behandeling.

Die bevelvoerder van die HMAS Arunta, Steven Bowater, het gesê dat Elies sou sterf indien die vlootvaartuig nie sy posisie sowat 800 seemyl suid van die Australiese vasteland bereik het nie.

"Ek kan bevestig dat die dokter 'n ondersoek gedoen het, en dat hy sou sterf indien ons nie daar aangekom het nie," het kommandeur Bowater aan verslaggewers gesê.

как сшить рубашку для девочкитопкарго отзывы

Drie sterf in Afghaanse selfmoordbom

Image

‘n Vorige bom in Afghanistan

'n Selfmoordontploffing in die middel van die suidelike Afghaanse stad Ghazni het Maandag drie mense dood gelaat en vyf gewond, het polisie gesê.

Die plofstof wat aan die aanvaller se liggaam vasgemaak was, het ontplof toe hy in 'n besige straat in Ghazni, omtrent100 kilometer suid van die hoofstad Kaboel gery het, het Ghazni se provinsiale adjunkpolisiehoof Mohammad Zaman gesê.

"Drie burgerlikes, die selfmoordbomaanvaller, en sy bestuurder is dood en vyf burgerlikes is gewond," het Zaman gesê, en bygevoeg dat dit voorkom asof die bom te vroeg afgegaan het.

Zaman het gesê dit is nie duidelik wat die aanvaller se teiken was nie. Die pad waar die ontploffing plaasgevind het ,lei na die provinsiale goewerneur se woning en ook na verskeie regeringsgeboue.

Die vyf beseerdes is buite gevaar, het die  direkteur van die plaaslike hospitaal, Ismael Ibrahimzai, gesê.

Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Zaman het die ontploffing op "vyande van Afghanistan" geblameer, 'n uitdrukking wat deur Afghaanse beamptes gebruik word om te verwys na lede van die uitgeweke Talibanmilisie wat in die regering tussen 1996 en 2001 gedien het.

Die Taliban het 'n bloedige opstand teen die Amerikaans geondersteunde regering van president Hamid Karzai gevoer sedert hulle uit die kussings gelig is in 'n Amerikaans geleide inval laat in 2001. 

casino slotДанильченко