Kongolese rebelle dreig om vredesamesprekings te verlaat

Image

Kongolese rebelletroepe naby Goma

'n Rebellegroep wat die Kongo tot op die randjie van oorlog gebring het, het gesê hulle sal wegstap van vredesamesprekinge indien onderhandelaars nie die beweerde verbreking van die skietstilstand deur die weermag gaan aanspreek nie.

Bertrand Bisimwa, woordvoerder vir die rebelle-Nasionale raad vir die verdediging van die Mense (NRVM) het gesê die groep sal nie die samesprekinge bywoon nie, tensy die onderhandelaars na die werklikheid op voetsoolvlak gaan kyk nie.

"Indien hulle dit nie doen nie, moet hulle nie reken daarop dat die NRVM-afvaardiging by die volgende rondte onderhandelings gaan wees nie," het hy gesê.

Die rebelle en verteenwoordigers van die Kongolese regering het in Nairobi, Kenia ontmoet om te probeer om 'n oplossing vir die nuwe vlaag geweld in die oostelike Kongo te vind. In die nuwe geweld het die rebelle tot teenaan Goma, die hoofstad van die provinsie, beweeg. Die eerste rondte gesprekke het vandeesweek geëindig en die gesprek sal weer op 7 Januarie in Nairobi hervat word.

Die twee kante het saamgestem dat 'n buffersone, wat deur die VN beheer behoort te word,  geskep moet word tussen die gebiede onder die beheer van die rebelle en die regeringsmagte.

Die rebelle beskuldig die regeringsoldate dat hulle gebied beset wat die rebelle onlangs verlaat het.

"Regeringsoldate beset Kibati en Kiwanja, gebiede waaruit ons onlangs teruggetrek het," het Bisimwa gesê.

"Hulle is maar 100 meter van ons posisies af en lok ons uit deur elke oggend op ons te skiet. Tot nou toe het ons nie teruggeskiet nie omdat ons probeer om die skietstilstand te eerbiedig," het hy bygevoeg.

Menseregtegroepe hou die rebelle verantwoordelik vir 'n onlangse slagting by Kiwandja, waar soveel as 150 mense dood is. Maar die groepe het ook gedokumenteerde gevalle van oortredings deur regeringsmagte, soos stelselmatige verkragtings, op rekord.

european rouletteФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae