VN-veiligheidsraad verwelkom offensief teen Oegandese rebelle

Image

Plakkaat van die Lord’s Resistance Army

Die VN-veiligheidsraad het Maandag die militêre offensief wat deur Oeganda, suidelike Soedan en Kongo teen rebelle van die Lord's Resistance Army (LRA) geloods is, verwelkom. Dié rebellegroep voer reeds 20 jaar lank 'n brutale veldtog.

Soldate van al drie die lande het LRA-basisse in die oostelike Kongo aangeval nadat die rebelleleier Joseph Kony geweier het om 'n finale vredesooreenkoms in die Kongo te onderteken en burgerlikes in die Kongo en Soedan aangeval het.

'n Verklaring wat deur al 15 raadslede goedgekeur is en voorgelees is by 'n ope vergadering "wens die state in die streek geluk met hulle verhoogde samewerking, en verwelkom hulle pogings om die bedreiging aan te spreek wat die LRA vir veiligheid in die streek verteenwoordig".

Oeganda het Sondag gesê meer as 70% van die kampe wat deur die LRA gebruik is in die afgeleë oostelike gebiede is vernietig.

Die veiligheidsraad het 'n beroep gedoen op Oeganda, suidelike Soedan en die Kongo om seker te maak dat hulle militêre operasies voldoen aan internasionale menseregte, humanitêre- en vlugtelingwette, en dat hulle soldate "toepaslike maatreëls tref om burgerlikes te beskerm".

online casino noтопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae