Robert Mugabe
Die Zimbabwiese bewind het Dinsdag president George W. Bush se verklaring van verlies aan vertroue in president Robert Mugabe se regering as "diplomatieke fluitspel deur 'n uitgaande regering" beskou.
"Ons het geen tyd vir Amerikaanse president George W. Bush se diplomatieke fluit nie. Ons praat hier van 'n administrasie wie se son onder gegaan het," het Mugabe se woordvoerder George Charamba gesê, volgens die staatsbeheerde Herald-koerant.
