Vyf SA Roadlink-busse geskut

Ten minste 5 SA Roadlink-busse is geskut langs KwaZulu-Natal se besige N3-snelweg oor die afgelope naweek in 'n padveiligheidsveldtog, het die departement van vervoer Maandag gesê.

Woordvoerder Nonkululeko Mbatha het gesê 8 luuksebusse is geskut, waarvan 5 aan SA Roadlink behoort.

Image

SA Roadlink-bus

"Van die 5 SA Roadlink-busse is drie onpadwaardig bevind en nog twee se bestuurders het sonder permitte bestuur."

Die ander 3 busse, van City to City, SA Tours en Gumede Transport het ook gebreke getoon.

Die skut van die SA Roadlink-busse kom nadat die nasionale busoperateur Vrydag 'n tussentydse hofbevel gekry het in Pietermaritzburg se hof om te voorkom dat die provinsiale LUR vir vervoer, Bheki Cele, die operateur se bedryfslisensie terugtrek.

Regter Isaac Madondo het gesê daar is 'n moontlikheid dat SA Roadlink onherstelbare skade kan opdoen en dat Cele geen getuienis voor die hof gebring het dat daar nog ongelukke sal gebeur nie.

Cele moet dokumente indien teen die 28ste Desember en die twee regspanne sal weer op 8 Januarie terug wees in die hof om die saak verder te voer.

Cele het die maatskappy se bedryfslisensie teruggetrek tot 'n ondersoek afgehandel is ná verlede week se ongeluk, waarin 'n SA Roadlink bus en twee ander voertuie betrokke was.

Elf mense het in die ongeluk omgekom.

 

горящие туры в хорватию из киеваtopcargo развод

Maak 'n opvolg-bydrae