Oegandese LRA-rebelle het meer as 400 mense doodgemaak tydens Kersdagslagtings in die noordooste van die DRK, het die Caritas-liefdadigheidsorganisasie Dinsdag gesê.
Die rebelle het dit ontken en soldate van de DRK, Oeganda en suidelike Soedan daarvan beskuldig dat hulle die slagoffers "gebom" het.
Die LRA het 'n dorp geteiken waar 'n Kersdagkonsert gehou is, en ook waar 'n Katolieke kerk was, en aanvalle gaan steeds voort langs die Soendanese grens, het die Katolieke organisasie in 'n verklaring gesê.
Caritas-werkers het gesê dat "meer as 400 mense doodgemaak is in die aanvalle in 'n gebied in die noorde van Kongo, wat insluit Faradje, Duru, Gurba, Doruma en Province Orientale," het die verklaring verder gelui.
Die aartsbiskop van Dungu-Doruma, Monsignor Richard Domba, het aan AFP gesê dat ten minste 150 mense doodgemaak is by 'n Kersdiens in Faradje, 80 in Duru en ten minste nog 200 in Doruma en in die omliggende dorpies.
"Dit is 'n dramatiese situasie waarin ons hier lewe," het hy gesê. "Hulle (die rebelle) is onbeskryflik barbaars en wreed. Hulle maak mense dood met kapmesse en knuppels. Hulle verbrand mense lewendig in hulle huise saam met hulle eiendom."
Die LRA neem ook jong seuns en dogters gevange en dwing hulle om in die lande te werk, het hy gesê.

'n 45-jarige man het na bewering sy ma met 'n assegaai vermoor in Willowvale, Queenstown, het die Oos-Kaapse polisie Dinsdag gesê.