'n Man is na bewering geskiet deur 'n verkeerspolisieman in Reigerpark nadat 'n argument uitgebreek het oor slegte bestuur, het die polisie Maandag gesê.
'n Woordvoerder, konstabel Tsietsie Lamola, het gesê 'n 31-jarige man het op die sypaadjie geloop laat Sondagmiddag toe hy gestamp is deur 'n swart VW Golf wat verby gery het.
Die voetganger het beserings opgedoen en 'n argument het ontstaan tussen die slagoffer en die bestuurder van die Golf.
Die bestuurder van die Golf, 'n 33-jarige man, het daarna die man met 'n gelisensieerde vuurwapen geskiet.
Lamola het gesê die bestuurder was 'n Ekurhuleni-verkeersbeampte wat homself aan die Reigerparkpolisie oorhandig het ná die insident.
Die slagoffer is na die hospitaal geneem met ernstige beserings.
Die bestuurder van die voertuig het Maandag in die Boksburgse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en nalatige en roekelose bestuur.
