Lord’s Resistance Army dood byna 200 in DRK

Oeganda se LRA-rebelle het amper 200 mense doodgemaak in 'n veldtog in noordoos-Kongo, het 'n VN-verslag wat Maandag vrygestel is, gesê.

Sedert 25 Desember het die rebelle 40 mense doodgemaak in die Faradje-distrik, 89 rondom Doruma en 60 in die Gurba-area, het die VN kantoor vir die koördinering van humanitêre sake gesê.

Die verslag het gesê ten minste 120 huise is in die veldtog afgebrand.

Soldate van die DRK, Oeganda en suidelike Soedan het 'n militêre operasie begin in die streek om die LRA-leier, Joseph Kony, te vind. Kony word deur 'n VN-tribunaal vir oorlogsmisdade gesoek.

Kony se rebelle word daarvan beskuldig dat hulle burgerlikes verkrag en vermink het, en dat hulle kindersoldate onder dwang in diens geneem het en duisende gedurende die konflik van twee dekades uitgemoor het.

купить ролики украинаtopcargo развод

Maak 'n opvolg-bydrae