Proteas verneder Australi? in Melbourne

Image

Skare by die Melbourne-krieketklub

Die Proteas se Nuwejaar gaan ekstra spesiaal wees nadat hulle Australië Dinsdag geklop het met 9 paaltjies in die 2de toets by die Melbourne-krieketveld.

Neil McKenzie en Hashim Amla het Suid-Afrika gedra tot by hulle historiese oorwinning, met net 15 boulbeurte wat nodig was.

Dit was 'n sterk spanpoging net soos die groot terugveg in Perth verlede week.

Nadat die Australiërs hulle eerste beurt verklaar het op 394 lopies, het hulle Suid-Afrika vasgeboul met 184 vir 7 teen Saterdagmiddag.

Suid-Afrika het opgestaan uit dié moeilike omstandighede en deur die werk van Paul Harris, Dale Steyn en Jean-Paul Duminy het hulle Australië verbygesteek toe die wenlopies behaal is deur Amla om 14:05 Melbourne-tyd.

Die reeks het aan Suid-Afrika en die krieketwêreld baie nuwe helde besorg. Steyn, wat die man-van-die-wedstrydtoekenning gewen het vir sy 10 paaltjies en merkwaardige 76 lopies, het homself getoon as die wêreld se beste snelbouler en enige twyfel omtrent sy status uit die weg geruim. Hy het sy beste spel nog ooit gelewer teen die bestes ter wêreld wêreld op hulle eie veld.

online gameданильченко юрій Харків