Belgi? kry weer ‘n regering

Image

Herman van Rompuy

België het vir derde keer in een jaar ’n nuwe regering gekry. Hierdie keer is die premier Herman van Rompuy, ’n christen-demokraat soos sy voorganger Yves Leterme. Van Rompuy is opgelei in die filosofie en ekonomie. Hy is iemand wat ’n optimis beskou as ’n “sleg ingeligte pessimis”, aldus ’n artikel in die NRC Hamdelsblad.

Leterme het byna twee weke gelede sy bedanking ingedien. Die koalisie van Vlaamse en Franstalige christen-demokrate en liberale, asook Franstalige sosialiste, word voortgesit. Leterme se regering is beskuldig van inmenging in ’n regsproses wat verband gehou het met die huidige kredietkrisis en die bankrotskap van die Belgies-Nederlandse bank Fortis.

Een van die christen-demokratiese ministers het bedank omdat sy ongelukkig is oor die vervanging van Leterme en ’n ander minister, en omdat die party gewoonweg wil voort regeer tot in 2011.

Van Rompuy is met moeite oorgehaal om premier te word. Die 61-jarige politikus is ook bekend as ’n skrywer van haikoes, rymlose Japanse gedigte van drie reëls wat ’n vaste getal lettergrepe bevat. Die NRC Handelsblad plaas ’n hele paar daarvan op sy webwerf.

online gamesДанильченко