Japannese aandeelpryse het Dinsdag gesluit teen 42,12% laer as in 2007, wat dit die ergste jaarlike persentasiedaling ooit gemaak het om die Nikkei-indeks te tref terwyl die globale ekonomiese krisis gewoed het.
Ontleders voorspel dat die markte steeds meer probleme in die nuwe jaar kan ervaar terwyl die wêreld steier onder die ergste finansiële krisis sedert die Groot Depressie.
Die Nikkei het geëindig op 8,859.56 punte toe dit die jaar met 'n halfdagsessie afgesluit het. Die Japannese aandelemarkte heropen op 5 Januarie.
Vanjaar se dalingwas die ergste in persentasie uitgedruk sedert die indeks begin is in 1949.
"Dit was 'n jaar wat ons ons nooit kon voorstel nie," het Kazyhiro Takahashi, 'n ontleder by Daiwa-sekuriteite SMBC gesê.
