Tydens 'n nuuskonferensie wat regstreeks uitgesaai is, het die ANC-minister van onderwys, Naledi Pandor, bekendgemaak dat 62,5% van matriekkandidate geslaag het.
Die voormalige minister van onderwys in Gauteng, Mary Metcalfe, het ook verklaar dat "die rassepatrone (van skoolprestasie in Suid-Afrika) baie weerstand bied teen enige verandering". Dit was veral pronvinsies met heelwat blanke leerlinge en onderwysers soos Gauteng en die Wes-Kaap wat beter as landelike provinsies met massas swart leerlinge gepresteer het.
Vanjaar se groep matrieks was die eerste wat volledig die resultaat is van Uitkomsgebaseerder Onderwys, 'n stelsel wat elders ter wêreld klaaglik misluk het, maar wat op aandrang van die vorige onderwysminister, Kader Asmal, in Suid-Afrika ingevoer is.
Volgens Pandor kon 56 810 kandidate se uitslae nie bekendgemaak word nie weens onvolledige uitslae. Dit was te wyte aan "interne punte, asook mondelinge of praktiese vereistes" wat nie deur skole ingestuur is nie.
Volgens Pandor, "is die mislukking om vir alle kandidate uitslae aan te kondig, uiters kommerwekkend".
