Duisende in Oos-Transvaal aangekeer

'n Totaal van 5 372 mense is in Mpumalanga aangekeer vir verskeie misdade gedurende die feesseisoen, het die polisie Dinsdag gesê.

Woordvoerder Abie Khoabane het gesê 45 van dié wat gearresteer is sedert 1 Desember was gesoek vir moord, verkragting en huisbrake.

'n Verdere 156 mense is gevang vir dronkbestuur. 

Khoabane het gesê boetes ter waarde van R828 227 is opgelê. Dagga met 'n straatwaarde van R350 000 is gekonfiskeer, sowel as 22 671 bottels drank en 3 602 vuurwapens. Eenhonderd gesteelde voertuie is ook weer teruggevind.

1 164 mense is Desember gearresteer omdat hulle onwettig in die land was.

Hy het gesê dat die polisie gedurende die feesseisoen padblokkades opgestel het en teenmisdaadveldtogte by prioriteitstasies in die provinsie gehou het.

Die operasies wat in die feesseisoen begin is, sal in Mpumalanga voortgesit word tot die skole heropen. 

авто диагностический инструментлобановский александр биография

Mededingingsraad keur MTN/iTalk-samesmelting goed

Die mededingingsraad het Dinsdag goedkeuring gegee dat die samesmelting van die selfoonmaatskappye MTN en iTalk kan voortgaan.

MTN wat mobiele stem- en datadienste verskaf, sal die oorblywende 59% van iTalk-aandele bekom, het die registrateur van die tribunaal, Lerato Motaung, in 'n verklaring gesê.

Die maatskappy sal dus al die aandele wat iTalk uitgereik het behou en alleen beheer oor iTalk uitoefen.

iTalk verkoop lugtyd, handstukke en verwante produkte.

одежда интернетАлександр Фильчаков Васильевич

Lyfwag van burgemeester aangehou oor ‘grapmoord’

Image'n Lyfwagvan die Umsunduzi-munisipaliteit se burgemeester, wat klaarblyklik een van sy vriende per ongeluk geskiet het, het homself Dinsdag aan die polisie in Pietermaritzburg oorhandig, het die polisie gesê.

Superintendent Henry Budham het gesê die 30-jarige lyfwag, Nkosi Ngubane, is een van drie verdagtes wat na bewering betrokke was by die moord op hulle vriend, die 26-jarige Sibusiso Mashaba.

Mashaba het Sondagmiddag sy motor in Dambuzastraat tot stilstand gebring en met insittendes van 'n ander motor gepraat toe die voorval plaasgevind het.

Budram het vroeër gesê een van die insittendes van die ander motor het  "speels sy vuurwapen uitgehaal en op Mashaba gerig. 'n Skoot het afgegaan."

Sy voertuig het vorentoe gerol en die heining langs die pad getref.

Die drie insittendes van die ander motor het Mashaba uit sy voertuig gehaal en hom na die hospitaal geneem, waar hy later dood is. Een van die insittendes is later terug na die toneel waar hy aangekeer is.

Budram het Dinsdag gesê die lyfwag het met sy prokureur by die polisiestasie aangekom en homself oorgegee.

Hy sou Woensdag in die Pietermaritzburgse landdroshof op 'n moordklag verskyn.

Die polisie soek steeds na die derde verdagte.    

ла ла лупси игрыДанильченко Юрий Брониславович

Tien dood in swaar re?n in Mosambiek sedert Desember

Image

Vloed in Mosambiek

Ten minste 10 mense is dood in die swaar reën wat verskeie gebiede in Mosambiek sedert Desember tref, het die koerant Noticias Dinsdag berig.

Nege mense is dood in die sentrale provinsie Manica en een in Inhambane in die suide, waar groot gebiede deurweek is. Die reën het ook eiendom regoor die land vernietig.

Drie kinders is weggespoel in dieNhamatsane-rivier in Manica, terwyl een dood is toe hy Oujaarsaand op 'n elektriese draad wat geval het, getrap het.

Twee staatsamptenare is dood gevind nadat hulle motor gegly het en in die Nhamuari-rivier geval het in die Mossurize-distrik, ook in Manica.

'n Boot het omgeval in die Lucite-rivier, 'n seun is daar dood en 'n baba is dood ná hy in 'n sloot geval het in 'n nedersetting in Tambara.

Verskeie paaie in die distrikte is afgesny van die res van die land, wat mense sonder skuiling, medisyne en kos gelaat het.

In Tete-provinsie, is 250 mense wat in gebiede bly wat neig om maklik oorstroom te word rondom die Zambesi- en Shire-rivierkomme ontruim na veiliger plekke as voorsorgmaatreëls ná swaar reën stroomop in Malawi, Zambië en Zimbabwe voorgekom het.

для диагностикиЛобановский

Jong kommuniste bring hulde aan Joe Slovo

ImageDie jong kommunisteliga wil sy verkiesingspogings aan Joe Slovo, wat 14 jaar gelede dood is toewy, het die organisasie Dinsdag gesê.

"Daar kan geen beter herinnering aan kader Joe Slovo wees nie,  as om te verseker dat die ANC-geleide alliansie die nasionale en provinsiale verkiesings wen met 'n beslissende 75%-stem nie," het Castro Ngobese, die Jeugligawoordvoerder in 'n verklaring gesê.

"In ons voortdurende klassestryd en pogings om 'n samelewing te bou wat omgee, sal ons gelei word deur sy diep haat vir kapitalisme," het hy bygevoeg.

Ngobese het die Jeugliga se ondersteuning van Zuma weer bevestig en belowe om te werk om hom president te maak.

Jou Slovo was die voormalige sekretarisgeneraal van die SA Kommunisteparty en stafhoof van Mkonto we Sizwe. Hy het ook op die nasionale werkskomitee en nasionale uitvoerende komitee van die ANC gedien.

комплект для девочки куртка полукомбинезонлобановский класс

ANC se logika oor Gasa en Zimbabwe

ImageMet sy gewone onkreukbare logika, is die ANC-regime, by monde van Gwede Mantashe, besig om sy mond uit te spoel oor die konflik in Gasa.

Israel is derduisende kilometer van Suid-Afrika verwyder, op 'n ander vasteland. Die konflik het bitter min met Suid-Afrika uit te waai. Die ANC swyg weliswaar op geheimsinnige wyse oor die regstreekse oorsaak van die konflik, naamlik Moslem-terreur soos deur Hamas teen onskuldige Israeli's met sy vuurpyle gepleeg is. Miskien moet dit ons nie verbaas nie – die ANC is immers 'n terroristeorganisasie bekend vir sy lamsakkige moorde op ongewapende burgerlikes, soos die Magoo's- en Amanzimtoti-bomme. Kennelik identifiseer Mantashe-hulle hulself met terreursaaiers.

(Ek wonder terloops wanneer Hamas en Hezbollah gaan besef dat hulle nie die militêre stryd teen Israel kan wen nie.  Wat Egipte nie in 1967 en 1973 kon regkry nie, gaan Hamas ook nie in 2009 vermag nie. Of is dit makliker vir die Palestyne om te kla en te kerm, om vuurpyle te skiet, as om jouself op te hef soos die Koreane en ander Oosterlinge sedert 1945 gemaak het?)

Reg oorkant ons grens is daar egter 'n verdrukkende regime, met 'n weermag waarvan die Vyfde Brigade sowat 20 000 Matabeles in die jare negentig vermoor het. Die Matabeles is bloedverwante van Suid-Afrika se Zoeloes.

Mense sterf daagliks aan cholera in daardie land, 'n regstreekse gevolg van die regime se onbevoegdheid en traak-my-nie-agtige houding teenoor sy eie mense. Daar is meer mense dood aan cholera tot op hede as wat daar in Gasa gesterf het.

Tog swyg die ANC-regime soos die graf oor die situasie in Zimbabwe. Die los kanon Mantashe rep g'n woord oor Zimbabwe nie. Wat mis ek hier? Is die dood van Palestyne belangriker vir die ANC as die dood van onskuldige Zimbabwiërs?

Kennelik is dit dieselfde soort logika as dié waarmee die ANC-regime enersyds kla oor die gebrek aan vaardighede in Suid-Afrika, maar andersyds aktief teen diegene met die intelligensie en vermoëns om die vaardigheidstekort aan te spreek, op grond van hulle velkleur diskrimineer.

Miskien is ek net nie getransformeerd genoeg nie, maar die ANC se logika oor Gasa verwar my.

мир яхтФильчаков прокуратура харьков

Cholera ‘onder beheer’ – gesondheidsdept.

ImageDie cholera-uitbraak wat in Desember verlede jaar begin het, is onder beheer, het die departement van gesondheid Dinsdag gesê.

"Die hoeveelheid choleragevalle wat sover vermoed en bevestig is, blyk grootliks beperk te wees tot twee van die land se nege provinsies," het woordvoerder Fidel Hadebe gesê.

Limpopo het steeds die meeste gevalle van cholera, gevolg deur Gauteng.

Hadebe het die voorkoms van cholera in ander provinsies as "geïsoleerd" beskryf en het gesê owerhede doen toetse om die ware situasie rondom pasiënte vas te stel.

Hy het mense gewaarsku om in die komende maande versigtig te wees en het lede van die publiek aangemoedig om basiese higiëne toe te pas, soos om hande te was nadat die toilet besoek is en om vrugte en groente te was.

для пускоФильчаков прокурор харьков

SA ervaar bloedtekort

Image

Bloedskenking

Die SA Nasionale Bloeddiens het Dinsdag gevra dat meer mense bloed moet skenk vanweë 'n tekort in die voorraad.

"Die land het net een dag se voorraad O-groep bloed landswyd," het woordvoerder Justice Mohale van die SANBD gesê.

Die tekort aan bloed kan wees as gevolg van skenkers wat op vakansie is en nie by bloedskenkingsklinieke kan uitkom nie, het hy gesê.

Om bloed te kan skenk, behoort mense tussen 16 en 65 jaar oud te wees en gemiddeld 50 kilogram te weeg.

осушитель для компрессоралобановский александр игоревич харьков

Sydney Gregan moet verban word

Spyker oppie kop, redakteur, met die mening oor hierdie klomp Afrikaners of eertydse Afrikaners wat nou so oorloop van bewondering vir Helen Suzman. Maar veral daardie laaste punt oor die anti-etniese Suzman wat toe tog 'n etnies Joodse begrafnis verkies, is uitmuntend.

Ek wil sommer hier ernstig beswaar aanteken teen die plasing van 'n brief van Sydney Gregan van die Afrikaner Voksparty. As 'n "liberale demokraat" is ek sterk en driftig ten gunste van die vryheid van spraak en mening vir almal – behalwe vir diegene wat dit nie vir ander gun nie. Gaan kyk gerus na die jongste uitgawe van Gregan se party se elektroniese nuusblad, Volkstem, en die liederlike, totaal ongegronde aanval op Radio Pretoria wat daar sommer as "'n Pro-ANC-verkiesingsagent"  bestempel word – en dit blykbaar omdat Radio Pretoria soms steun vir die VF+ laat blyk. En in Gregan se brief op die Praagblad word enigeen wat nie voldoen aan sy vereistes nie, skynbaar nie aanvaar as 'n Afrikaner nie.  Jy stem saam met hulle, jy aanvaar hulle sieninge en beleid of jy is 'n verraaier. Aitsa!

Ek is ook 'n groot voorstander van 'n eie Afrikanertuisland – hoe klein ook al, maar ek pleit nou al dat indien dit eendag bereik sou word (helaas, seker nie in my tyd nie) moet Gregan en sy party uit daardie gebied verban word en gedwing word om in "swartland" te bly. Sulke bekrompe, onverdraagsames hoort nie in die Afrikanervolk nie – gewis nie as leiers nie.

лампы светильникиалександр лобановский харьков

Onderwysers moontlik aanges? om matriekuitslae te ‘verbeter’, s? DA

Image

Desir?e van der Walt

Senior onderwysbeamptes het na bewering ten minste twee onderwysers aangesê om matriekuitslae te verhoog, het die DA Dinsdag gesê.

Die party is genader deur twee mense wat beweer het dat sommige matriekpunte opsetlik verhoog is, het woordvoerder Desirée van der Walt in 'n verklaring gesê.

Hulle beweer dat die verhogings uitgevoer is in opdrag van beamptes van die departement van onderwys.

Een van die klaers wat geïdentifiseer is as 'n DA-raadslid en oud-onderwyser, het beweer dat kollegas wat wiskunde- en wetenskapvraestelle gemerk het, aangesê is om die punte van swakker matriekkandidate  te verhoog.

Die anonieme voormalige onderwyser het gesê kollegas het gekla dat hulle aangesê is om die punte van swakker kandidate te verhoog, soos byvoorbeeld 20% wat opgestoot kan word na 30% wat 'n slaagpunt is.

Die ander klaer, 'n onderwyser wat betrokke was by die merk van geskiedenisvraestelle, het ook bewer dat die departement opdrag gegee het aan die onderwysers dat geen leerling nul uit 30 mag kry vir 'n opstel nie.

Die onderwyser het verder gesê dat hulle opdrag gekry het, dat indien die leerling net een feit kan weergee, hulle 9 uit 30 moes gee – amper 'n slaagpunt. Die punte in elkeen van die onderwysers se vraestelle is later almal na bewering deur die hoofmoderator verhoog.

"Dit verhoog die kommer wat wyd uitgespreek word omtrent die versiersuiker op vanjaar se matriekuitslae," het van der Walt gesê.

Die DA het aan die minister van onderwys, Naledi Pandor, geskryf en gevra vir 'n onafhanklike ondersoek na die eksamens.

Die woordvoerder vir die departement van onderwys, Lunga Mgqengelele, het gesê uMalusi, die kwaliteitsbeheerder vir die nasionale kwalifikasieraamwerk, 'n geakkrediteerde en onafhanklike organisasie was.

"Voordat ons enige uitslae bekendmaak, word dit deur uMalusi nagegaan… wat 'n verslag sal opstel indien enige ongerymdhede vermoed word."

Die departement was steeds besig om sy eie assessering van die matriek uitslae te doen, wat na verwagting teen die einde van Januarie voltooi sal wees.

"Die voltooide assessering behoort aan te dui indien daar enige waarheid is in die onderwysers se bewerings," het Mgqengelele gesê.

Hy het ook 'n beroep gedoen op enige iemand wat ongerymdhede vermoed om dit by uMalusi of by die departement aan te meld.

купить кроватку для новорожденногоФильчаков Харьков

Die Afrikaner sal weer ‘n ware leier kry

As mens deeglik bewus is van die tekens van die tye en dít wat deur Siener van Rensburg voorspel is, is dit eintlik op die huidige oomblik voortydig om te sê daar bestaan geen Afrikanerleier wat in die afsienbare toekoms die Afrikaner gaan verenig nie. Dat daar tans nie een in die openbaar bestaan nie, is wel waar. Soos tereg gesê, die VF+ verteenwoordig nie alle Afrikaners nie, so ook nie die DA en andere nie.

Die fout wat D.H. Fourie in sy brief Wie is die sogenaamde 'Afrikanerleiers'? maak, is dieselfde as wat die VF+ maak. As jy deelneem en deel is van ‘n parlement en proses met 'n Afrikasosialistiese, sogenaamde demokratiese staat, aanvaar jy die seggenskap van ‘n party soos die ANC en jy aanvaar die nuwe Suid-Afrika. Daarmee gee jy in beginsel erkenning aan ‘n swart meerderheidsregering, die Handves van Menseregte, die huidige grondwet en “nie-rassigheid.” D.H. Fourie is neerhalend oor regse Afrikaners. Linkses het regse Afrikaners ook baie al afgekraak, gekasty en verneder – die gebruik van woorde soos "verkramptes" en "rassiste" het al 'n kenmerk van die linkse media geword.

Bogenoemde is alles wat die Afrikaner marginaliseer. Die gedurige herinnering aan die Afrikaner dat hy moet skuldig voel oor die verlede en apartheid is eintlik die wig wat tussen blanke Afrikaners ingedryf word;  ek verwys na die Afrikaner as blanke. Op alle gebiede – sport, godsdiens, ekonomie, kultuur, politiek – word ons gedurig daaraan herinner hoe verkeerd en "onmenslik" dit was. Linkses onder Afrikaners sê ons moet versoen. Versoen? Beteken dit om op die plaas of in die stad vermoor te word of op grond van velkleur nie 'n werk of besigheid te verkry nie?

Dat die KVP of COPE die antwoord is, betwyfel ek. Weereens soos met KODESA, word Afrikaners en ander blankes mislei. Dat ‘n ander "nie-rassige" party ons van onderdrukking gaan verlos, is ‘n leuen. In die eerste plek is COPE net nog 'n linkse party wat die regte geluide maak voor die verkiesing om ook blanke stemme te werf. Daar is absoluut geen waarborg dat hulle hul verkiesingsbeloftes gaan nakom nie.

Die Afrikaner moet lig loop vir wolwe in skaapsklere al is hulle ook blank. COPE dra nie die Afrikaner se belange op die hart nie. 'n Leier soos Lekota kan jy in elk geval nie vertrou nie – sy ampstermyn as minister van verdediging laat veel te wense oor. COPE is net nog ‘n "reënboognasie"-party wat die ANC-resep volg soos voor die '94-verkiesing en ná Mandela se ampstermyn verstryk het.

Die Afrikaner sal weer 'n ware leier kry, dit is seker.

купить в киевеФільчаков Олександр Васильович

Israel steur hulle nie aan internasionale beeld ? Peres

Image

Shimon Peres

Die Israelse president, Shimon Peres, het Europese pogings om 'n einde aan die Gasa-konflik te bring, gestriem, en gesê Israel steur hom nie aan sy internasionale beeld nie, het sy kantoor gesê.

“Europa moet sy oë oopmaak. Ons is nie in die besigheid van openbare betrekkinge of om ons beeld te verbeter nie. Ons veg tans teen terreur en ons het die volle reg om ons burgers te verdedig,” het die Nobelpryswennerleier aan 'n EU ministeriële afvaardiging gesê.

Die EU se Kommissaris vir Eksterne Verhoudinge, Benita Ferraro-Waldner, het aan Peres gesê dat “Israel se beeld verwoes word” deur sy weiering om gehoor te gee aan internasionale oproepe vir 'n staakvuur, het die president se kantoor in 'n verklaring gesê.

Die EU-afvaardiging het die Franse president, Nicolas Sarkozy, nagevolg in 'n oproep aan Peres en ander Israelse leiers vir 'n skietstaking in die konflik waarin meer as 580 Palestyne omgekom het.

Peres het samesprekings gevoer met Ferraro-Waldner, die Tjeggiese minister van buitelandse sake, Karl Schwarzenberg, en die Sweedse buitelandse minister, Carl Bildt.

Hy sê “Israel veg tans 'n omvattende oorlog teen moorddadige terreur wat Iran se maaksel is".

“Nie een van die Europese lande sal vuurpylvuur op hulle burgers verdra nie, en hulle moet verstaan dat Hamas 'n terreurorganisasie van die ergste graad is en dat hulle hulle bevolking van vrouens en kinders as mensskilde gebruik.”

Ferraro-Waldner is aangehaal dat sy sê elke volk het die reg om homself te verdedig, maar dat Israel se optrede in Gasa buitensporig is.

“Ons het vergader met die hoofde van internasionale menslikheidorganisasies en afvaardigings en daar is aan ons vertel dat daar 'n ernstige probleem in Gasa is met die verspreiding van die afvaardiging se besendings,” het sy volgens die verklaring deur Peres se kantoor gesê.

“Ons het Israel toe gekom om 'n inisiatief vir 'n menslike skietstaking te bevorder en ek sê vir jou, mnr. die President, julle het 'n ernstige probleem met internasionale voorspraak en dat Israel se beeld vernietig word,” het die EU-amptenaar bygevoeg.

new free slotлобановский александр досье

Choleradodetal styg steeds in Zimbabwe

Ten minste 1 732 mense is dood aan cholera in Zimbabwe en die hoeveelheid gediagnoseerde gevalle het gestyg tot 34 306, het die Wêreldgesondheidsorganisasie Dinsdag gesê.

Die organisasie het verlede Dinsdag berig dat 1 586 mense dood is en 31 656 mense besmet is met die siekte.

VN-hulporganisasies het weke lank al gewaarsku dat die hoeveelheid gevalle tot 60 000 en meer kan styg, met die reënseisoen wat help om die siekte te versprei.

Al 10 die provinsies in die land is deur cholera getref, volgens die VN-statistiek wat onvolledig is vanweë 'n tekort aan mediese personeel en kommunikasieprobleme.

Zimbabwiërs sukkel ook met hiperinflasie, erge voedseltekorte en chroniese politieke onstabiliteit. 

tiaraтопкарго отзывы

Hamas dreig met aanvalle op Israelse burgerlikes

Image

Hamasvegters

Gasa se Hamas-leier het Hamas-vegters aangespoor om die Israelse magte wat die gebied ingeval het, te "verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat daar groter pogings aangewend gaan word om Israelse burgers aan te val.

Die Hamas-leier, Mahmoud Zahar, het Maandag op Hamas se Al Aksa-TV gepraat. Dit was nie duidelik of dit 'n opname van 'n toespraak was nie. Hamas-leiers skuil sedert Israel se aanval op Hamas-militantes op 27 Desember begin het. Zahar word gesien as die meesterbrein agter Hamas se gewelddadige oorname van Gasa in Junie 2007.

Hy het die Hamas-vegters geloof en hulle aangespoor om "julle vyand te verbrysel". Hy het ook daarop geskimp dat die militante gaan probeer om meer Israelse burgerlikes en Israelse teikens elders aan te val. Hy sê Israeli’s "het die moord van hulle mense regoor die wêreld aanvaarbaar gemaak toe hulle ons mense doodgemaak het."

pro100casinoФильчаков прокурор