Lyfwag van burgemeester aangehou oor ‘grapmoord’

Image'n Lyfwagvan die Umsunduzi-munisipaliteit se burgemeester, wat klaarblyklik een van sy vriende per ongeluk geskiet het, het homself Dinsdag aan die polisie in Pietermaritzburg oorhandig, het die polisie gesê.

Superintendent Henry Budham het gesê die 30-jarige lyfwag, Nkosi Ngubane, is een van drie verdagtes wat na bewering betrokke was by die moord op hulle vriend, die 26-jarige Sibusiso Mashaba.

Mashaba het Sondagmiddag sy motor in Dambuzastraat tot stilstand gebring en met insittendes van 'n ander motor gepraat toe die voorval plaasgevind het.

Budram het vroeër gesê een van die insittendes van die ander motor het  "speels sy vuurwapen uitgehaal en op Mashaba gerig. 'n Skoot het afgegaan."

Sy voertuig het vorentoe gerol en die heining langs die pad getref.

Die drie insittendes van die ander motor het Mashaba uit sy voertuig gehaal en hom na die hospitaal geneem, waar hy later dood is. Een van die insittendes is later terug na die toneel waar hy aangekeer is.

Budram het Dinsdag gesê die lyfwag het met sy prokureur by die polisiestasie aangekom en homself oorgegee.

Hy sou Woensdag in die Pietermaritzburgse landdroshof op 'n moordklag verskyn.

Die polisie soek steeds na die derde verdagte.    

ла ла лупси игрыДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae