Ten minste 10 mense is dood in die swaar reën wat verskeie gebiede in Mosambiek sedert Desember tref, het die koerant Noticias Dinsdag berig.
Nege mense is dood in die sentrale provinsie Manica en een in Inhambane in die suide, waar groot gebiede deurweek is. Die reën het ook eiendom regoor die land vernietig.
Drie kinders is weggespoel in dieNhamatsane-rivier in Manica, terwyl een dood is toe hy Oujaarsaand op 'n elektriese draad wat geval het, getrap het.
Twee staatsamptenare is dood gevind nadat hulle motor gegly het en in die Nhamuari-rivier geval het in die Mossurize-distrik, ook in Manica.
'n Boot het omgeval in die Lucite-rivier, 'n seun is daar dood en 'n baba is dood ná hy in 'n sloot geval het in 'n nedersetting in Tambara.
Verskeie paaie in die distrikte is afgesny van die res van die land, wat mense sonder skuiling, medisyne en kos gelaat het.
In Tete-provinsie, is 250 mense wat in gebiede bly wat neig om maklik oorstroom te word rondom die Zambesi- en Shire-rivierkomme ontruim na veiliger plekke as voorsorgmaatreëls ná swaar reën stroomop in Malawi, Zambië en Zimbabwe voorgekom het.
