Londenaars betoog teen diamantmyn in Botswana

ImageOmtrent 20 mense het Dinsdag buite die Londense winkel Graff Diamonds betoog om te eis dat die maatskappy onttrek uit 'n beoogde myn wat op die grond van die Kalahari-Boesmans in Botswana beplan word.

Survival Internasional, 'n nie-regeringsorganisasie wat werk vir die regte van stamme, het die optog gelei en ook 'n beroep gedoen op sterre soos Naomi Campbell, Victoria Beckham en Elizabeth Hurley om Graff te boikot.

Die diamantreus De Beers het uit die Kalaharireservaat onttrek ná protes oor die behandeling van die Boesmans deur die Botswanaregering, wat daarvan beskuldig word dat hulle die Boesmans van die grond af probeer verdryf deur water en jagregte van hulle te weerhou.

Volgens Survival is De Beers se konsessie in die myn gekoop deur Gem Diamonds, waarin Laurence Graff 'n aandeel het.

Graff Diamonds, een van die wêreld se grootste diamantmaatskappye, was Dinsdag nie beskikbaar vir kommentaar nie.

online casino euФільчаков Олександр Васильович

Soedan begin 180 000 burgeroorlogvegters ontwapen

Soedan het Dinsdag begin om 180 000 vegters van die burgeroorlog tussen die noorde en suide te onwapen, en so 'n plan in aksie gestel wat bedoel is om vrede te bewerkstellig in Afrika se langste burgeroorlog.

By 'n seremonie ter herdenking van die VN-ondersteunde veldtog het 15 soldate van die noorde en suide van Soedan hulle wapens oorhandig in ruil vir kontant en voedselkoepons.

Maar die befondsing van die langverwagte program, wat bedoel is om tienduisend soldate en milisievegters terug te bring na 'n burgerlike bestaan is steeds 'n probleem.

So ver het Japan en Frankryk net meer as $21 miljoen van die $385 miljoen geskenk wat nodig is in die volgende 4 jaar.

"Ek hoop dat ander skenkers binnekort by hulle sal aansluit," het Ameerah Haq, die VN se humanitêre koordineerder in 'n toespraak gesê by die seremonie in Damazun in Soedan se afgeleë Blou Nyl-staat gesê.

Beide kante het ingestem om hulle soldate te verminder na die 2005-vredesooreenkoms, wat vereis het dat nasionale verkiesings gehou word in 2009, en 'n referendum oor die suidelike konsessie in 2011.

Die ontwapening, demobilisasie en herintegrasieprogram is die grootste program van sy soort, het Haq gesê.

Groot dele van Soedan is steeds vrot van die wapens. Baie daarvan het oorgebly van die burgeroorlog wat 'n geskatte 2 miljoen mense dood gelaat het en vir 21 jaar reeds voortsleep.

Die teenwoordigheid van wapens in dorpe en stede het ou stamkonflikte vererger. Die daaruitvloeiende onstabiliteit het Soedan se olieryke suide gekniehalter, waar gereelde aanvalle deur gewapende groepe hulpverlening verhoed het en beleggers afgeskrik het.

Suidelike beamptes het vrese uitgespreek dat baie voormalige soldate kan terugval op geweld sonder werk of geld.

электропечь дляДанильченко Юрий Брониславович компромат

Koningin dra by vir brandslagoffers

Koningin Elizabeth II gaan 'n privaatskenking maak ter ondersteuning van 'n fondsinsameling vir die slagoffers van Australië se ergste veldbrande ooit, het 'n koninklike woordvoerder gesê.

Buckinghampaleis het nie gesê hoe groot die skenking sal wees nie. Dit sal gemaak word aan die Victoria Veldbrand Fonds, wat begin is deur die Australiese Rooikruis, saam met die eerste minister van Victoria en die federale regering.

Koningin Elizabeth, wat Australië se titulêre staatshoof is, het soortgelyke skenkings gemaak na versoeke vir fondse gerig is na die Asiese tsunami in Desember 2004 en die Julie 2005 selfmoordbomaanvalle in die Londense openbare vervoernetwerk.

Brandweermanne het Dinsdag steeds gewerk om Australiese gemeenskappe te red wat bederig word deur die veldbrande wat 181 lewens geëis het. Dié syfer gaan na verwagting nog styg.

Die koninging het Sondag in 'n verklaring gesê: "Ek is geskok en hartseer om te hoor van die verskriklike tol wat die brande die naweek geëis het."

Sy het "innige meegevoel" uitgespreek teenoor die families van die oorledenes, "diepe simpatie" met die wie se huise afgebrand het en erkenning aan die "buitengewone" pogings van die nooddienste personeel.

бани под ключ недороголобановский александр игоревич

Sjina se grootste Afrikaprojek wankel

Sjina se grootste beleggingsooreenkoms in Afrika is besig om te wankel nadat Westerse skenkers begin druk toepas het om 'n minerale-vir-infrastruktuur kontrak in die DRK ter waarde van $9 miljard te heronderhandel.

Volgens die ooreenkoms sal 'n staatsbeheerde konsortium van Sjinese maatskappye paaie, spoorweë, hospitale en universiteite bou in ruil vir die reg om 'n kobalt- en kopermyn te ontwikkel.

Maar druk om die ooreenkoms te verander het gekom van Westerse skenkers wat nie sal skiet gee op historiese skuld van $11 miljard van die regering van president Joseph Kabila indien hy die Sjinese finansiering op kommersiële terme aanvaar nie.

Die Kongo is angstig om voordeel te trek uit die skuldverligtingskema vir arm lande en om toegang te kry tot nuwe vorme van Westerse ontwikkelingshulp, maar dit is tans nie moontlik nie, aangesien die Internasionale Monetêre Fonds 'n nuwe program vir die land moet goedkeur, wat hulle nie reg is om te doen nie.

Die fokus van die kommer, volgens Westerse diplomate in Kinshasa, is dat die ooreenkoms aan die Sjinese konsortium ongekende staatswaarborge kan gee, insluitend teen sommige regeringsbates.

Maar Wu Zexian, Sjina se ambassadeur in die Kongo, het aangedui dit sal nie so maklik wees om die kontrak te heronderhandel nie. "Hulle (Westerse instansies) is verkeerd om die Kongo te vra om die staatwaarborg te verwyder. Dit is afpersing," het hy gesê.

гидро пескоструйОлександр Васильович Фільчаков

Cambridge ondersteun glo slawerny, rassisme en kolonialisme

ImageCambridge-universiteit is gister daarvan beskuldig dat hulle slawerny en rassisme ondersteun deur 'n deftige bal te hou om die uitspattighede van die Britse ryk te vier.

Emmanuelkollege is die gasheer vir die "Ryksbal" ter ere van die "Victoriaanse statebond en al sy dekadensie" teen 'n prys van R1 360 per kop.

Maar daar was woede van anti-rassistiese groepe omdat studente aangemoedig is "om partytjie te hou asof dit 1899 is – die jaar waarin die Boereoorlog begin het en konsentrasiekampe die eerste keer gebruik is."

Plakkate wat die geleentheid adverteer het gelees: "Eens was daar 'n koninkryk wat 'n kwart van die wêreld se bevolking regeer het, wat omtrent dieselfde verhouding van die wêreld se grond oorheers het en byna al die oseane gedomineer het."

"Hulle het gesê dat die son nooit ondergaan op die Britse ryk nie – maar by die ryksbal sal jy wens dat dit nooit opkom nie."

"Reis saam met ons na die Indiese Raj, 'n ontluikende Australië en die Wes-Indiese eilande. Ons nooi jou uit om die Pax Britannica te ervaar en partytjie te hou asof dit 1899 is."

Teenstaanders het die tema as "kwetsend" beskou en die organiseerders beskuldig dat hulle "wit snobiste uit die boonste klasse van die samelewing" is.

'n Groot ongelukkigheid het uitgebreek onder die studente by die kollege – ook bekend as onder studente as "Emma" – op die sosiale netwerk Facebook.

Die Ryksbal, wat plaasvind op 14 Junie, is die jaareindfunksie vir die kollege en daar word van meeste studente verwag om dit by te woon.

Maar dosyne het kommer uitgespreek oor die tema op die Facebook-groep 'Emma against the empire' wat eis dat die tema laat vaar word.

Studente het weersin getoon omdat dit in 1899 was wat Brittanje 'n driejarige-oorlog teen die Boere begin het in wat nou Suid-Afrika is.

Die konflik word gesien as 'n donker hoofstuk in die imperiale geskiedenis, waarin daar massas plaaslike mense bymekaar gemaak is in kampe, wat later Hitler se doodskampe geïnspireer het.

Die Britse ryk, wat lank terug 'n kwart van die wêreld beslaan het, word ook beskuldig dat hy slawerny en uitbuiting in Afrika en Asië laat voortbestaan.

"Kolonialisme word geassosieer met onderdrukking, uitbuiting en slawerny. Ons is nie oorsensitief nie, maar mens moet êrens 'n streep trek. Vir 'n vooraanstaande universiteit soos Cambridge is dit verbasend hoe oningelig sommige mense kan wees."

пробурить артезианскую скважину ценаданильченко юрій Харків

VSA vrees sterker Taliban

ImageDaar is toenemende kommer onder Amerikaanse weermag- en intelligensie amptenare oor verskillende militante se skuilplekke in Pakistan wat volgens hulle die Amerikaanse weermag se pogings in Afghanistan die jaar kan belemmer.

Amerikaanse amptenare fokus toenemend op die Pakistanse stad Quetta, waar Taliban leiers na bewering 'n belangrike rol speel om geweld aan te blaas in suidelike Afghanistan.

Terwyl Amerika voorberei om soveel as 30 000 ekstra soldate in Afghanistan in te stuur, sê die weermag- en intelligensieamptenare dat dit 'n nuttelose oefening kan wees indien daar nie gepoog word om die Taliban leiers in Quetta te vang of dood te maak en die groep se voorraadaanvullingsroetes na Afghanistan af te sny nie.

Vanuit Quetta, werk Taliban leiers, insluitend Mullah Muhammad Omar, 'n geestelike leier met net een oog, om bevelvoerders in suidelike Afghanistan te lei, geld in te samel van ryk skenkers in die Golfgebied en wapens en nuwe soldate by die oorlogsfront te kry, volgens Obama se administrasie en militêre amptenare.

Een voormalige intelligensieamptenaar met jare se diens in Afghanistan en Pakistan het die situasie vergelyk met Amerika se probleme gedurende die Vietnam oorlog, toe Viëtnamese guerrillas 'n veilige hawe in Kambodja gebruik het om nuwe soldate en wapens in te bring.

"Die dilemma op die oomblik…" het Seth Jones, 'n terrorisme analis by die Rand Corporation gesê, "is dat sommige elemente van die Pakistaniregering steeds aanhou om die Taliban as alternatiewe organisasie in Afghanistan te ondersteun."

светильники из гималайской соли для баниАлександр Фильчаков

Suid-Afrikaners het nou visums vir die VK nodig

Die Britse regering het veranderinge aangekondig aan die visumvereistes vir Suid-Afrikaanse burgers wat deur Brittanje wil reis of daar gaan besoek aflê.

Vanaf 3 Maart 2009, moet Suid-Afrikaanse burgers wat Brittanje wil besoek of daardeur reis 'n visum moet bekom voor die tyd. Daar sal 'n tydelike vrystelling wees van die reël vir die mense wat voorheen na die Verenigde Koninkryk gereis het op hul huidige paspoorte.

Indien mens vir die eerste keer na Brittanje reis, of indien mens se huidige paspoort nie bewyse het van vorige besoeke aan Brittanje nie ( soos byvoorbeeld die stempel by aankoms) moet mens vir 'n visum aansoek doen.

Indien mens voorheen na Brittanje gereis het op jou huidige paspoort, sal dit nie nodig wees om aansoek te doen vir 'n visum nie.

архитектурное и ландшафтное освещениеДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Treurige syfers beklemtoon globale ekonomiese krisis

Japan se Nissan Motors het Maandag die verlies van 20 000 poste aangekondig, asook die feit dat hulle 'n massiewe netto verlies vir die jaar ly. Dit het die slegte nuus vererger in die wêreld se tweede grootste ekonomie waar die uitvoere hard deur 'n erge afname getref is.

Die lopende rekening se surplus het met 'n rekordpersentasie gekrimp in 2008 met die globale ekonomiese krisis wat erg geraak is weens dalende uitvoere, het amptelike syfers getoon, terwyl bestellings van masjinerie in Desember vir die derde agtereenvolgende maand gedaal het.

Duitsland se handelsoorskot het ook met 8,7% gedaal tot 178,2 miljard euro teenoor die vorige jaar, volgens amptelike syfers.

In Parys het die sentrale bank gesê dat die Franse ekonomie waarskynlik sal afneem met 0,6% in die eerste kwartaal van die jaar, teenoor die laaste 3 maande van 2008 – 'n afname wat Frankryk in 'n resessie sal plaas.

Die dalende globale vraag tref nie net Japan nie – byna die helfte van Sjina se speelgoedmakers het verlede jaar toegemaak. Sjina se media het gesê dit is 'n persentasie wat neerkom op meer as 4000 maatskappye.

Intussen is die Amerikaanse president Barack Obama bereid om sy pleidooi vir 'n massiewe stimulasiehulppakket na die volk te neem. Hy het gewaarsku teen 'n "katastrofe" indien daar nie onmiddellike optrede plaasvind nie. Daar is nou 'n belangrike stemming wat in die senaat moet plaasvind.

Die Demokraties geleide senaat sal later Maandag moet saamstem oor 'n prosedurele voorstel om 'n Republikeinse blokkasie uit die weg te ruim en die hulppakket – wat voorkom of dit meer as $800 miljard kan beloop – tot stemming te bring.

справка о заболеванииДанильченко Юрий отзывы

Spraakvryheid in Brittanje

ImageBritte stem oor die algemeen saam dat rassisme sleg is en dat dit verkeerd is om rassistiese opmerkings te maak. Maar daar is geen nasionale konsensus oor presies wat dit beteken nie.

Neem die verwysings na "gollliwogs" of "Paki's". Beide terme is onlangs in Brittanje gebruik deur beroemde mense in berugte insidente. Maar hoewel die publiek dit elke keer veroordeel het, is daar veroordeling uitgespreek oor die veroordeling.

Sommige mense sê dat vryheid van spraak 'n fundamentele geboortereg is, en om mense te veroordeel vir hulle taal is politiese korrektheid wat te ver gevoer word.

Verlede week is die land verteer deur die afstootlikheid van die uitdrukking golliwog, nadat Carol Thatcher, die 55-jarige dogter van die voormalige premier, Margaret Thatcher dit gebruik het in 'n nie-uitgesaaide opmerking by die BBC.

Sy het in die groen kamer gesit na die opname van "The One Show", 'n televisie tydskrifprogram. Thatcher het gesê dat die Franse tennisspeler, Jo-Wilfred Tsonga, wat 'n wit Franse moeder het en 'n swart Kongolese vader, haar aan 'n golliwog laat dink het.

Die BBC het Thatcher uit haar pos as gereelde bydraer van die program ontslaan, het hulle gesê. Sy het haar opmerking glo as 'n "ligte opmerking" afgemaak en nie die gepaste verskoning aangebied nie.

Golliwogpoppe word steeds in sommige winkels in Brittanje te koop aangebied, insluitend, tot verlede week, die geskenkwinkel by Sandringham, een van koningin Elizabeth se landgoedere. Die winkel het die poppe onttrek toe die nuus bekend gemaak is.

Dan is daar ook die kwessie van prins Harry en die "Paki".

By wyse van verdediging van Harry het 'n Indiese vriend van die familie, Kolin Dhillun wat polo speel saam met prins Charles onthul dat Charles hom soms "Sooty" noem, en dat dit hom nie pla nie.

Intussen het die Eton- en Oxford opgeleide konserwatiewe politikus Boris Johnson verwys na "vlagswaaiende piekaniens" in 'n stuk vir die Daily Telegraph. In 2006 het hy dit reggekry om 'n hele land kwaad te maak toe hy geskryf het van "Papoea-Nieu-Guinee-styl orgies van kannibalisme en moord op hoofde."

Johnson het toe beloof om "Papoea-Nieu-Guinee op my globale lys van verskonings" te plaas. Hy is verlede jaar nietemin as burgemeester van Londen verkies.  

планировка баниАлександр Фильчаков Васильевич

Itali? verklaar oorlog teen etniese kos

ImageDie tamaties kom van Peru af en die spaghetti was waarskynlik ‘n geskenk van Sjina.

Dit is egter die “buitelandse” sosatie wat uit Italiaanse stede geskop word as die teiken van ‘n veldtog teen etniese geregte. Die veldtog word ondersteun deur die middel-regse regering van Silvio Berlusconi.

Die veldtog om Italianers Italiaans te laat eet, wat deur linkse en vooraanstaande kokke beskryf word as gastronomiese rassisme, het hierdie week in die dorp Lucca begin, waar die raad ‘n verbod geplaas het op die opening van enige nuwe etniese restaurant binne die stad se antieke mure.

Gister het dit na Lombardye en sy streekshoofstad Milaan versprei, waar die middel-regse regering aan bewind is. Die anti-immigrante Noordelike Ligaparty het die beperkings ingestel "om plaaslike spesialiteite te beskerm teen die toenemende gewildheid van etniese voedsel".

Luca Zaia, die minister van landbou en ‘n lid van die Noordelike Ligaparty van die Venetogebied het die owerhede in Lucca en Milan geloof vir hulle veldtog teen nie-Italiaanse kosse. “Ons staan vir tradisie en die bewaring van ons kultuur,” het hy gesê.

Mnr. Zaia het gesê daardie etniese restaurante wat toegelaat word om voort te gaan met besigheid, “of dit sosaties, soesie en Sjinese kos is” moet “ophou om skeepshouervragte vol vleis en vis te koop van wie weet waar” en net Italiaanse bestanddele gebruik.

Gevra of hy ooit ‘n sosatie geëet het, het mnr. Zaia gesê: ”Nee – en ek daag enige iemand uit om die teendeel te bewys. Ek verkies die kos van Veneto, waar ek vandaan kom. Ek weier selfs om pynappel te eet.”

Mehmet Karatut, wat een van 4 sosatie-restaurante in Lucca besit, het gesê hy gebruik net Italiaanse vleis.

Davide Boni, ‘n raadslid in Milaan vir die Noordelike Liga, wat ook die bou van moskees in Italiaanse stede teengestaan het, het gesê die eienaars van sosatie-restaurante was bereid om lang ure te werk, wat onbillike kompetisie was.

“Dit is ‘n nuwe Lombardiese kruisvaart teen die Sarasene,” het die dagblad La Stampa gesê. Die middel-linkse opposisie in Lucca het gesê die veldtog is diskriminerend en kom neer op “gastronomiese etniese moord”.

Vittorio Castellani, ‘n welbekende kok, het gesê: “Daar is geen gereg op aarde wat nie ‘n vermenging van tegnieke, produkte en smake is van kulture is wat oor tyd ontmoet en gemeng het nie.”

Hy het gesê dat baie geregte wat voorheen as Italiaans beskou is, eintlik ingevoer is. Die San Marzano-tamatie, ‘n hoofbestanddeel van Italiaanse pastasouse was ‘n geskenk van Peru aan die koninkryk van Napels in die 18de eeu. Selfs spaghetti is vermoedelik uit Sjina gebring deur Marco Polo en lemoene en suurlemoene het van die Arabiere af gekom.

Mnr. Castellani het gesê die verbod toon ‘n toenemende onverdraagsaamheid en vreemdelingevrees in Italië. Dit is ook ‘n slag teen immigrante wat hulle bestaan maak deur etniese kos te verkoop, wat gewild is omdat dit goedkoop is. Daar is 668 etniese restaurante in Milan, ‘n styging van byna 305 in een jaar.

Daar is tog verwarring oor wat met etnies bedoel word. Mnr. Di Grazia het gesê Franse restaurante sal toegelaat word. Hy was tog onseker oor Sisiliaanse kosse, aangesien dit deur Arabiese kookkuns beïnvloed is.

to startтопкарго отзыв

$9 miljoen aan Hamas-man gevind

Image

Hamasvegters

Egiptiese owerhede het Dondrdag ‘n senior Hamas beampte wat $9 miljoen en 2 miljoen euro gedra het verhoed om in Gasa deur die Rafah-kruising in te gaan, het ‘n sekuriteitsbeampte aan AFP gesê.

Grensbeamptes het ‘n groep van 6 mense wat onderweg terug was van vredesamesprekinge in Kaïro voorgekeer en aangedring om hulle bagasie te deursoek.

Die amptenare het 5 lede laat deurgaan, maar ‘n Gasa-gestasioneerde Hamaswoordvoerder, Ayman Taha, wat die geld gedra het, is verhoed om die grens oor te steek.

“Daar is kontakte in die ministerie van finansies wat moet besluit of die geld deurgelaat moet word of nie,” het die amptenaar gesê.

Hamasamptenare het verskeie kere in Gasa ingegaan met groot hoeveelhede geld ná hulle die parlementêre verkiesing in 2006 gewen het, maar dit is die eerste keer sedert Hamas die mag oorgeneem het van sy Fatah-teenstaanders in Junie 2007, het die amptenaar gesê.

In Desember 2006 is Hamas se eerste minister Ismail Haniya gedwing om $35 miljoen by die Egiptiese kant van Rafah te laat. Die geld is toe na ‘n rekening van die Palestynse owerheid oorgedra.

Egipte het Donderdag die Rafah-grenspos gesluit vir alle deurgang, behalwe uitsonderlike gevalle nadat dit vir hulp en gewonde Palestyne gedurende Israel se oorlog teen Hamas oopgemaak is.

“Geen humanitêre, media of mediese afvaardigings sal toegelaat word om deur te gaan nie en geen mediese voorraad sal deurgevat word nie,” het ‘n grensbeampte aan AFP gesê. “Buitelandse afvaardigings” wat vanuit Egipte na Gasa beweeg, sal wel toegelaat word om terug te keer.

Egipte het hulpvoorraad, mediese voorraad en dokters asook joernaliste in die Gasastrook laat ingaan gedurende Israel se 22-dae-offensief teen die gebied wat met eensydige skietstilstande op 18 Januarie geëindig het.

Egipte het geweier om die grenspos permanent oop te maak in die afwesigheid van EU-monitors en verteenwoordigers van die Palestynse president Mahmud Abbas, nadat Hamas sy magte uit die gebied verdryf het toe hulle die Gasastrook oorgeneem het.

камины декоративные электрическиеалександр лобановский супермаркет класс

Israel neem beheer van vragskip na Gasa

‘n Vragskip wat deur die Israelse vloot onderskep is terwyl dit probeer het om deur die Israelse blokkade van Gasa te breek het Donderdag in die hawestad Ashdod met ‘n vloot-eskort gedok.

Die vragskip Tali, wat onder die vlag van die Wes-Afrikaland Togo gevaar het, is in die hawe in gesleep. Israel het die kusgebied langs Gasa gesluit vir enige buitelandse skepe en het aan boord van die vaartuig gegaan.

Dit was die eerste oënskynlike poging van ‘n buitelandse skip wat hulpmateriaal vervoer om die Palestynse enklawe te bereik sedert Israel die 22-dae-offensief in Gasa 2 weke gelede beëindig het.

Die Israelse minister van verdediging, Ehud Barak, het bevestig dat “die vloot aan boord van die vaartuig gegaan het, dit voorgekeer het” en beveel het om na Ashdod te gaan.

Twee gewapende vaartuie het dit vergesel.

Al-Jazeera-televisie, wat in Dora gestasioneer is het ‘n korrespondent aan boord van die vaartuig, beweer dat die Israelse vloot skote afgevuur het en toe aan boord van die Tali gegaan het, waar passasiers en bemanning geslaan is.

“Hulle skiet op die vaartuig … daar is Israelse soldate wat aan boord van die vaartuig gekom het,” het Salam Khoder gesê.

“Drie van hulle rig hulle wapens op ons… Hulle slaan die mense wat aan boord is, hulle slaan en skop ons,” het Khoder gesê.

Die Libanese eerste minister Fouad Siniora het die aksie veroordeel.

“Daardie mense wat slagtings teen onskuldige burgerlikes in Libanon en Gasa voer, kan nie hulleself beteuel om in die aangesig van die wêreld ‘n skip wat humanitêre voorraad vervoer aan te val nie”, het hy gesê.

Daar was verskeie pogings deur simpatiseerders van Gasa se 1,5 miljoen Palestyne om deur die Israelse blokkade van die Gasastrook te breek oor die laaste paar maande.

Israel hou streng beheer oor Gasa se toegang tot die buitewêreld, waarin daar aangedring word dat geen geld, staal of ander materiaal wat deur Hamas gebruik kan word om wapens te maak wat teen Israel aangewend kan word, toegelaat word nie. 

necklace bridalлобановский александр фото

Indi? waarsku Obama oor Kasjmir

Indië het die Amerikaanse president Barack Obama gewaarsku dat hy die risiko loop “om by die verkeerde boom te blaf” indien hy gaan poog om ‘n skikking te probeer bewerkstellig tussen Pakistan en Indië oor die Kasjmirgebied waaroor daar ‘n dispuut bestaan.

MK Narayanan, Indië se nasionale veiligheidsraadgewer, het gesê die nuwe Amerikaanse administrasie loop die gevaar om vervalle Clinton-administrasietydvakstrategieë uit die sloot te grawe in’n poging om verbeterde verhoudinge tussen die twee kernbewapende bure te bring.

Die waarskuwing kom nadat Richard Holbrook, Obama se spesiale gesant vir Pakistan en Afghanistan, regmaak om vir die eerste keer na die streek te gaan in sy nuwe hoedanigheid. Mnr. Narayaman is baie naby aan die Indiese eerste minister, Manmohan Singh en Sonia Gandhi, die president van die regerende Kongresparty.

Kasjmir, waaroor Indië en Pakistan al oorlog gemaak het vir 2 jaar en waar beide lande soldate bymekaargebring het, is ‘n baie sensitiewe saak vir Nieu-Delhi.

Verlede maande het Brittanje die Indiese regering kwaad gemaak deur te sê dat die voortslepende dispuut oor Kasjmir die oorsaak van terrorisme in die streek is.

Kasjmir, wat ‘n Moslemmeerderheid het, is deur beide lande opgeëis ná verdeling in 1947, aan die einde van Britse heerskappy.

Sedert 1989 het Nieu-Delhi ‘n stryd gevoer teen ‘n separatistiese opstand, wat tot 70 000 lewens geëis het.

gold wedding necklaceпрокурор харьковской области

Clinton wil uitreik na Moslemw?reld

Image

Hillary Clinton

Die nuwe Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het besluit om Indonesië te besoek op haar eerste oorsese ampsbesoek, omdat sy “wil uitreik” na die Moslemwêreld, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê.

Vir Amerika is Indonesië belangrik, as die wêreld se grootste Moslemmeerderheidsnasie, het ‘n departementele woordvoerder Robert Wood aan verslaggewers gesê.

Clinton, wat ook besoek sal bring aan Japan, Suid-Korea en Sjina, gaan senior Indonesiese amptenare ontmoet in Jakarta om “die hegte en groeiende verhouding met Indonesië en vooruitsigte op gemeenskaplike belange in suidoos-Asië” te bespreek, het hy gesê.

In sy inhuldigingstoespraak op 20 Januarie het president Barack Obama belowe om ‘n “nuwe weg vorentoe” te soek met die Moslemwêreld, “wat gebaseer is op wedersydse belange en respek”, ná 8 jaar van minder gemoedelike verhoudings met sy voorganger George W. Bush.

Nadat hy verkies is op 4 November, het die eerste swart Amerikaanse president belowe om ‘n groot toespraak te lewer in ‘n Moslemhoofstad, maar Wood het geen antwoorde gegee toe hy gevra is of Clinton die grondslag gelê het vir ‘n besoek aan Indonesië deur Obama nie. Obama het tydens 'n deel van sy kinderjare daar gewoon.

Baie Indonesiërs was gekant teen voormalige president Bush se “oorlog teen terreur” en die benadering tot buitelandse verhoudinge en hoop dat Obama ‘n nuwe styl in Amerikaanse leierskap gaan bring, met die klem op dialoog en begrip.  

детская одежда для новорожденных мальчиковФильчаков прокурор отзывы