VSA vrees sterker Taliban

ImageDaar is toenemende kommer onder Amerikaanse weermag- en intelligensie amptenare oor verskillende militante se skuilplekke in Pakistan wat volgens hulle die Amerikaanse weermag se pogings in Afghanistan die jaar kan belemmer.

Amerikaanse amptenare fokus toenemend op die Pakistanse stad Quetta, waar Taliban leiers na bewering 'n belangrike rol speel om geweld aan te blaas in suidelike Afghanistan.

Terwyl Amerika voorberei om soveel as 30 000 ekstra soldate in Afghanistan in te stuur, sê die weermag- en intelligensieamptenare dat dit 'n nuttelose oefening kan wees indien daar nie gepoog word om die Taliban leiers in Quetta te vang of dood te maak en die groep se voorraadaanvullingsroetes na Afghanistan af te sny nie.

Vanuit Quetta, werk Taliban leiers, insluitend Mullah Muhammad Omar, 'n geestelike leier met net een oog, om bevelvoerders in suidelike Afghanistan te lei, geld in te samel van ryk skenkers in die Golfgebied en wapens en nuwe soldate by die oorlogsfront te kry, volgens Obama se administrasie en militêre amptenare.

Een voormalige intelligensieamptenaar met jare se diens in Afghanistan en Pakistan het die situasie vergelyk met Amerika se probleme gedurende die Vietnam oorlog, toe Viëtnamese guerrillas 'n veilige hawe in Kambodja gebruik het om nuwe soldate en wapens in te bring.

"Die dilemma op die oomblik…" het Seth Jones, 'n terrorisme analis by die Rand Corporation gesê, "is dat sommige elemente van die Pakistaniregering steeds aanhou om die Taliban as alternatiewe organisasie in Afghanistan te ondersteun."

светильники из гималайской соли для баниАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae