Suid-Afrikaanse belastingbetalers se geskenk van R300 miljoen aan Zimbabwe was 'n mors van geld en sommige van dit word aangewend tot die voordeel van President Robert Mugabe se vertrouelinge in Zanu-PF.
Die skenking – of hulp – is laat verlede jaar aangekondig deur die minister van finansies, mnr. Trevor Manuel, wat belowe het die hulp sal net oorhandig word na 'n internasionaal erkende regering van nasionale eenheid in plek is.
President Kgalema Motlanthe het dit ook herhaal.
'n Kits SAOG organisasie, die Zimbabwe Ontwikkelingshulp Raamwerk is gevorm om landbouhulp na die Zimbabwiese boere te kanaliseer.
Die raamwerk is nog nie heeltemal in werking nie en die onpartydigheid daarvan word bevraagteken.
Die hulp het in Zimbabwe begin invloei nog voor Kersfees.
Dit is meestal saad, kunsmis en brandstof van Suid-Afrikaanse maatskappye en dit is gestuur ten spyte van waarskuwings van Zimbabwiese landboukundiges dat meeste daarvan te laat is vir die somerseisoen, en dat tensy dit versigtig verdeel word dit misbruik gaan word.
Meeste van die saad het te laat aangekom om te plant en word geëet, en die verkeerde tipe kunsmis was gestuur vir die tyd van die jaar, in die volwasse siklus van jaarlikse gewasse soos mielies.
Voor Kersfees is 60 000 liter diesel ook na Zimbabwe gestuur..
'n Senior staatsamptenaar, wat werk in die tegniese ondersteuningsnetwerk vir boere, Agritex, in die vrugbare Mashonaland-wes provinsie, het bevestig dat hulp van Suid-Afrika dikwels net beskikbaar was vir Zanu-PF ondersteuners in dele van die land, veral Mashonaland-wes, Mugabe se tuisprovinsie en Mashonaland-sentraal waar Zanu-PF ook in beheer is.
