Treurige syfers beklemtoon globale ekonomiese krisis

Japan se Nissan Motors het Maandag die verlies van 20 000 poste aangekondig, asook die feit dat hulle 'n massiewe netto verlies vir die jaar ly. Dit het die slegte nuus vererger in die wêreld se tweede grootste ekonomie waar die uitvoere hard deur 'n erge afname getref is.

Die lopende rekening se surplus het met 'n rekordpersentasie gekrimp in 2008 met die globale ekonomiese krisis wat erg geraak is weens dalende uitvoere, het amptelike syfers getoon, terwyl bestellings van masjinerie in Desember vir die derde agtereenvolgende maand gedaal het.

Duitsland se handelsoorskot het ook met 8,7% gedaal tot 178,2 miljard euro teenoor die vorige jaar, volgens amptelike syfers.

In Parys het die sentrale bank gesê dat die Franse ekonomie waarskynlik sal afneem met 0,6% in die eerste kwartaal van die jaar, teenoor die laaste 3 maande van 2008 – 'n afname wat Frankryk in 'n resessie sal plaas.

Die dalende globale vraag tref nie net Japan nie – byna die helfte van Sjina se speelgoedmakers het verlede jaar toegemaak. Sjina se media het gesê dit is 'n persentasie wat neerkom op meer as 4000 maatskappye.

Intussen is die Amerikaanse president Barack Obama bereid om sy pleidooi vir 'n massiewe stimulasiehulppakket na die volk te neem. Hy het gewaarsku teen 'n "katastrofe" indien daar nie onmiddellike optrede plaasvind nie. Daar is nou 'n belangrike stemming wat in die senaat moet plaasvind.

Die Demokraties geleide senaat sal later Maandag moet saamstem oor 'n prosedurele voorstel om 'n Republikeinse blokkasie uit die weg te ruim en die hulppakket – wat voorkom of dit meer as $800 miljard kan beloop – tot stemming te bring.

справка о заболеванииДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae