Kapers laat man kaal agter

Kapers het 'n motoris kaal uitgetrek en hom langs die pad in Rietgat gelaat, het polisie gesê.

Inspekteur Sello Mangena het gesê die motoris is deur drie kapers aangeval toe hy stilgehou het by 'n stopstraat op die Winterveldpad omstreek 3 uur die oggend.

Hulle het hom met vuurwapens gedreig en in sy motor geklim, waarna hy beveel is om na Maubane in Hammanskraal te ry.

Daar het hulle hom uit die vertuig uit gedwing en sy klere van hom af gestroop voor hulle met sy Volkswagen Jetta Fox, met registrasienommer CDX 545GP weggery het.

Sy beursie met R160,00 in kontant en bankkaarte was in sy broek se sak. Mangena het gesê die man het 'n verbygaande motoris voorgekeer wat hom na 'n polisiestasie geneem het, waar hulle vir hom klere gegee het.

мебель длялобановский александр интервью

Maak 'n opvolg-bydrae