praag.co.za

Sjina se grootste Afrikaprojek wankel

Sjina se grootste beleggingsooreenkoms in Afrika is besig om te wankel nadat Westerse skenkers begin druk toepas het om 'n minerale-vir-infrastruktuur kontrak in die DRK ter waarde van $9 miljard te heronderhandel.

Volgens die ooreenkoms sal 'n staatsbeheerde konsortium van Sjinese maatskappye paaie, spoorweë, hospitale en universiteite bou in ruil vir die reg om 'n kobalt- en kopermyn te ontwikkel.

Maar druk om die ooreenkoms te verander het gekom van Westerse skenkers wat nie sal skiet gee op historiese skuld van $11 miljard van die regering van president Joseph Kabila indien hy die Sjinese finansiering op kommersiële terme aanvaar nie.

Die Kongo is angstig om voordeel te trek uit die skuldverligtingskema vir arm lande en om toegang te kry tot nuwe vorme van Westerse ontwikkelingshulp, maar dit is tans nie moontlik nie, aangesien die Internasionale Monetêre Fonds 'n nuwe program vir die land moet goedkeur, wat hulle nie reg is om te doen nie.

Die fokus van die kommer, volgens Westerse diplomate in Kinshasa, is dat die ooreenkoms aan die Sjinese konsortium ongekende staatswaarborge kan gee, insluitend teen sommige regeringsbates.

Maar Wu Zexian, Sjina se ambassadeur in die Kongo, het aangedui dit sal nie so maklik wees om die kontrak te heronderhandel nie. "Hulle (Westerse instansies) is verkeerd om die Kongo te vra om die staatwaarborg te verwyder. Dit is afpersing," het hy gesê.

гидро пескоструйОлександр Васильович Фільчаков

Comments

Leave a Reply