Londenaars betoog teen diamantmyn in Botswana

ImageOmtrent 20 mense het Dinsdag buite die Londense winkel Graff Diamonds betoog om te eis dat die maatskappy onttrek uit 'n beoogde myn wat op die grond van die Kalahari-Boesmans in Botswana beplan word.

Survival Internasional, 'n nie-regeringsorganisasie wat werk vir die regte van stamme, het die optog gelei en ook 'n beroep gedoen op sterre soos Naomi Campbell, Victoria Beckham en Elizabeth Hurley om Graff te boikot.

Die diamantreus De Beers het uit die Kalaharireservaat onttrek ná protes oor die behandeling van die Boesmans deur die Botswanaregering, wat daarvan beskuldig word dat hulle die Boesmans van die grond af probeer verdryf deur water en jagregte van hulle te weerhou.

Volgens Survival is De Beers se konsessie in die myn gekoop deur Gem Diamonds, waarin Laurence Graff 'n aandeel het.

Graff Diamonds, een van die wêreld se grootste diamantmaatskappye, was Dinsdag nie beskikbaar vir kommentaar nie.

online casino euФільчаков Олександр Васильович