Koningin Elizabeth II gaan 'n privaatskenking maak ter ondersteuning van 'n fondsinsameling vir die slagoffers van Australië se ergste veldbrande ooit, het 'n koninklike woordvoerder gesê.
Buckinghampaleis het nie gesê hoe groot die skenking sal wees nie. Dit sal gemaak word aan die Victoria Veldbrand Fonds, wat begin is deur die Australiese Rooikruis, saam met die eerste minister van Victoria en die federale regering.
Koningin Elizabeth, wat Australië se titulêre staatshoof is, het soortgelyke skenkings gemaak na versoeke vir fondse gerig is na die Asiese tsunami in Desember 2004 en die Julie 2005 selfmoordbomaanvalle in die Londense openbare vervoernetwerk.
Brandweermanne het Dinsdag steeds gewerk om Australiese gemeenskappe te red wat bederig word deur die veldbrande wat 181 lewens geëis het. Dié syfer gaan na verwagting nog styg.
Die koninging het Sondag in 'n verklaring gesê: "Ek is geskok en hartseer om te hoor van die verskriklike tol wat die brande die naweek geëis het."
Sy het "innige meegevoel" uitgespreek teenoor die families van die oorledenes, "diepe simpatie" met die wie se huise afgebrand het en erkenning aan die "buitengewone" pogings van die nooddienste personeel.
