Zuma maak sy skuif

ImageANK-president Jacob Zuma, se regslui het hulle voorleggings aangaande Zuma se saak by die Nasionale vervolgingsgesag (VG) ingehandig, het die VG-woordvoerder Tlali Tlali gesê.

"Hulle het die dokumente vandag ingedien… en die VG sal dit oorweeg," het Tlali gesê.

Hy het egter niks gesê oor die tyd en die formaat waarin die dokumente ingehandig is nie, en het niks oor die inhoud gesê nie.

"Dis is nie moontlik nie…Wat belangrik is, is dat dit ingedien is gedurende kantoorure vandag (Dinsdag)," het hy gesê toe hy gevra is oor die voorleggings.

Zuma se prokureur, Michael Hulley, het Maandag aan SAPA gesê dat die dokumente "vertroulik" is en nie aan die media verskaf sal word nie.

"Dit is vertroulike dokumente wat net bedoel is vir die VG," het hy gesê.

Zuma se regslui was veronderstel om die voorleggings reeds op 26 Januarie in te dien, maar was nie in staat om die spertyd te haal nie. Hulle was op daardie stadium besig met die aansoek vir die appèlhof en ook die verskyning in Pietermaritzburg.

Die reg om 'n voorlegging te maak aan die VG voordat hy weer aangekla word vir korrupsie saam met die wapenmaatskappy Thint, was deel van Zuma se oorhoofse regstrategie.

Die voorlegging is gewoonlik in die vorm van 'n brief, wat dan deur die owerhede oorweeg word.

'n Onlangse uitspraak in die appèlhof het die klag teen Zuma weer ingestel.

Zuma en Thint sal uiteindelik waarskynlik albei aansoek doen dat die klag teen hulle permanent laat vaar word.

парусные яхты купитьтопкарго развод

Maak 'n opvolg-bydrae