Die regering se beleid oor rasvoorkeure sal ferm in plek bly, het president Kgalema Motlanthe Dinsdag gesê.
In 'n antwoord in die nasionale vergadering gedurende 'n debat oor sy staatsrede, het hy verwys na die Vryheidsfront Plus leier, Pieter Mulder se stelling oor die effekte van rassevoorkeur op jong Suid-Afrikaners.
Mulder het gesê dat onder andere "hoor die jongmense dat hulle vaardighede en bydraes tot die ontwikkeling van die land nie nodig is nie."
Motlanthe het gesê die regering bly verbind aan die beginsel om ongeregtighede van die verlede reg te stel en seker te maak dat die diskriminasie waaraan die swartmense onderworpe was te staak.
"Dit is nie net logies nie, maar ook 'n konstitusionele plig," het hy gesê.
"Soos ons altyd gesê het, bly rassevoorkeur daarop gemik om alle Suid-Afrikaners te betrek op alle vlakke van die ekonomie en die sosiale lewe."
"Ons hoef net 'n paar statistieke te noem om te wys hoe rasseverdeling steeds ons samelewing kenmerk."
Onder andere, in 2007 was die werkloosheidsyfer onder swartmense 30% terwyl dit onder blankes net 4% was.
'n Ondersoek in September 2008 het getoon dat 5,5% van swart gegradueerdes werkloos was, terwyl die syfer vir ander bevolkingsgroepe weglaatbaar klein was.
Motlanthe het ook herhaal dat ten spyte van die globale ekonomiese afplatting, die regering sal volhou met sy openbare beleggingsprojekte, waarvan die waarde toegeneem het tot R690 miljard, vir die volgende 3 jaar.
"Ons sal die openbare sektor se indiensnemingsprogramme verskerp, ons sal saam met die sakesektor werk om 'n afplatting in beleggings teen te werk en die onnodige sluiting van produksielyne te voorkom, en die regering sal maatskaplike besteding volhou en uitbrei."
