Clinton wil uitreik na Moslemw?reld

Image

Hillary Clinton

Die nuwe Amerikaanse minister van buitelandse sake, Hillary Clinton, het besluit om Indonesië te besoek op haar eerste oorsese ampsbesoek, omdat sy “wil uitreik” na die Moslemwêreld, het ‘n woordvoerder Donderdag gesê.

Vir Amerika is Indonesië belangrik, as die wêreld se grootste Moslemmeerderheidsnasie, het ‘n departementele woordvoerder Robert Wood aan verslaggewers gesê.

Clinton, wat ook besoek sal bring aan Japan, Suid-Korea en Sjina, gaan senior Indonesiese amptenare ontmoet in Jakarta om “die hegte en groeiende verhouding met Indonesië en vooruitsigte op gemeenskaplike belange in suidoos-Asië” te bespreek, het hy gesê.

In sy inhuldigingstoespraak op 20 Januarie het president Barack Obama belowe om ‘n “nuwe weg vorentoe” te soek met die Moslemwêreld, “wat gebaseer is op wedersydse belange en respek”, ná 8 jaar van minder gemoedelike verhoudings met sy voorganger George W. Bush.

Nadat hy verkies is op 4 November, het die eerste swart Amerikaanse president belowe om ‘n groot toespraak te lewer in ‘n Moslemhoofstad, maar Wood het geen antwoorde gegee toe hy gevra is of Clinton die grondslag gelê het vir ‘n besoek aan Indonesië deur Obama nie. Obama het tydens 'n deel van sy kinderjare daar gewoon.

Baie Indonesiërs was gekant teen voormalige president Bush se “oorlog teen terreur” en die benadering tot buitelandse verhoudinge en hoop dat Obama ‘n nuwe styl in Amerikaanse leierskap gaan bring, met die klem op dialoog en begrip.  

детская одежда для новорожденных мальчиковФильчаков прокурор отзывы