Indië het die Amerikaanse president Barack Obama gewaarsku dat hy die risiko loop “om by die verkeerde boom te blaf” indien hy gaan poog om ‘n skikking te probeer bewerkstellig tussen Pakistan en Indië oor die Kasjmirgebied waaroor daar ‘n dispuut bestaan.
MK Narayanan, Indië se nasionale veiligheidsraadgewer, het gesê die nuwe Amerikaanse administrasie loop die gevaar om vervalle Clinton-administrasietydvakstrategieë uit die sloot te grawe in’n poging om verbeterde verhoudinge tussen die twee kernbewapende bure te bring.
Die waarskuwing kom nadat Richard Holbrook, Obama se spesiale gesant vir Pakistan en Afghanistan, regmaak om vir die eerste keer na die streek te gaan in sy nuwe hoedanigheid. Mnr. Narayaman is baie naby aan die Indiese eerste minister, Manmohan Singh en Sonia Gandhi, die president van die regerende Kongresparty.
Kasjmir, waaroor Indië en Pakistan al oorlog gemaak het vir 2 jaar en waar beide lande soldate bymekaargebring het, is ‘n baie sensitiewe saak vir Nieu-Delhi.
Verlede maande het Brittanje die Indiese regering kwaad gemaak deur te sê dat die voortslepende dispuut oor Kasjmir die oorsaak van terrorisme in die streek is.
Kasjmir, wat ‘n Moslemmeerderheid het, is deur beide lande opgeëis ná verdeling in 1947, aan die einde van Britse heerskappy.
Sedert 1989 het Nieu-Delhi ‘n stryd gevoer teen ‘n separatistiese opstand, wat tot 70 000 lewens geëis het.
