Betoger glo raakgery by Kovsies

Betogers het Dinsdagaand op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) met geweld gedreig nadat ‘n finalejaarstudent glo in ‘n tref-en-trap raakgery is.

Die betoger was deel was van die protes teen verhogings in klasgelde.

Die betogings, wat dreig om eindeksamens by die betrokke instellings in gedrang te bring, is oënskynlik teen verhogings in klasgelde aanstaande jaar.

Die oproer het na die Vrystaat oorgespoel nadat meestal swart studente by universiteite landswyd amok begin maak het, met talle wat onder die indruk verkeer dat hulle teen “wit beheer” in opstand is.

Die 22-jarige vroulike betoger het op ‘n sypaadjie gesit terwyl honderde betogers die hoofhek in Nelson Mandelarylaan in Bloemfontein probeer afsper het.

Die bestuurder het ongeduldig geraak met die massa en die betoger getref in ‘n poging om deur te ry.

Die kampussekuriteit het die bestuurder agternagesit, maar dit is nie duidelik of hulle die voertuig opgespoor het nie.

Geen inligting oor die betoger se beserings is beskikbaar nie.

Kovsies het twee weke vir verweer teen lastereis

Die Universiteit van die Vrystaat het twee weke om verdediging aan te teken en daarna ‘n verdere drie weke om ‘n verweerskrif te liaseer in ‘n skadevergoedingsaak.

Twee voormalige Kovsies, Charl Blom en Cobus Muller, eis R6,15 miljoen van die instansie en sy rektor, Jonathan Jansen.

Die eis spruit uit ‘n voorval waarin die twee verlede jaar van poging tot moord aangekla is en later deur die hof en menseregtekommissie onskuldig bevind is. Hulle is kort na die voorval geskors en die kampus belet.

Hul regsverteenwoordiger, Werner Human, sê hoewel hy nie die inhoud van die eis kan bespreek nie, kan hy wel bevestig dat so ‘n eis bestaan.

Human sê die studente het aanvanklik R1 miljoen geëis, maar dit het slegs betrekking op die laster-eis.

Volgens ‘n verklaring gaan die UV die eis teenstaan.

Twee studente eis R6 miljoen van Kovsies en Jansen

Eise van meer as R6 miljoen teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) en sy rektor, prof. Jonathan Jansen, is in die Vrystaatse hooggeregshof ingedien.

Twee oudstudente van die UV, Cobus Muller van Pongola en Charl Blom van Hertzogville, eis saam R5,15 miljoen in skadevergoeding van die UV, Jansen en prof. Teuns Verschoor, ‘n tugbeampte.

Die eise vir skadevergoeding en laster is Donderdag deur die balju beteken.

Muller en Blom eis elkeen R500 000 vir laster in twee ope e-posse wat die rektor op 20 Februarie verlede jaar aan al die studente van die UV gestuur het.

Die eise spruit uit ’n voorval die aand van 18 Februarie 2014 toe ’n bakkie met Muller agter die stuur en Blom langs hom byna vir Muzi Gwebu, ’n medestudent, op die kampus getref het.

Die voorval is as ‘n “rassevoorval” voorgehou en die twee is geskors en strafregtelik aangekla. Hulle is later in die Bloemfonteinse streekhof op alle aanklagte vrygespreek en ook deur die Menseregtekommissie, wat die aangeleentheid ondersoek het, onskuldig bevind.

Jansen het in sy eposse verwys na “walglike dade van geweld”, “ ’n verskriklike voorval” en ’n “onreg”. Hulle word beskryf as “misdadigers” wat “hulle swak gedra”, wat “gewelddadige en haatlike mense is”, “gewetenloos” en “oortreders” wat “nie by hul sinne (was) nie”.

Die e-posse is deur die UV en Jansen op Facebook en Twitter versprei.

Kovsie-taalbeleid draai in wetgewer

Die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat het Woensdag vir die tweede keer ‘n draai in die Vrystaatse provinsiale wetgewer gemaak.

Dit volg nadat ANC hoofsweep Neels van Rooyen die UV tydens ‘n vorige sitting geloof het vir sy strewe na transformasie en verwys het na die instansie se taalbeleid.

Tydens vandag se sitting het die Vryheidsfront Plus se Wouter Wessels gesê transformasie behels nie die uitsluiting van Afrikaans as ‘n onderrig-medium nie.

Vrystaatse Onderwys LUR Tate Makgoe het egter terruggekap en gesê Wouter moet nie die publiek mislei nie. Hy sê die UV was oorspronklik ‘n enkelmedium-skool en dit het later verander as gevolg van sy studenteprofiel, maar die jongste aanduidings is dat dié profiel weer verander het, met 75% van studente wat swart en Engelssprekend is.

Die DA het in hul afwesigheid geskitter.

Makgoe, ook ‘n lid van die universiteitsraad, sê die universiteit gaan in elk geval ‘n proses volg – wat ‘n jaar gaan neem – waartydens verskeie rolspelers geraadpleeg gaan word voordat die taalbeleid van die UV verander kan word.

Kovsies beplan burokratiese aanslag op Afrikaans

Die Universiteit van die Vrystaat het haastig ‘n taalkomitee op die been gebring nadat ‘n herrie losgebars het oor die UV se besluit om slegs Engels as voertaal in te stel.

Die taalkomitee gaan glo in November verslag doen aan die universiteitsraad na “oorlegpleging”.

Kovsies beplan glo ‘n “formele hersiening” van die taalbeleid by die instelling en dit wil voorkom asof ‘n burokrasie van organisasies met ‘n “mandaat” gebruik sal om Afrikaans aan te val aangesien die universiteit groot klem lê op “deelname”.

Kovsies sal volgens bronne drie uitkomste oorweeg, naamlik parallelmediumonderrig, aanpassings aan die huidige taalbeleid of “groot veranderinge”.

Daar is dus kennelik geen manier waarop Afrikaans in sy huidige vorm by die UV sal oorleef nie.

Die raad het intussen die JBM Hertzog-koshuis se naam vernader na Beyers Naudé House.

Kovsies moet kampuskleuterskool sluit

Die private kleuterskool op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, Tiny Professors, gaan volgende maand sy deure sluit.

Dit kom nadat die skool vroeër die maand ‘n brief, wat in OFM-nuus se besit is, aan ouers gestuur het waarin aangekondig word dat die skool op 5 Junie weens geldelike probleme gaan sluit.

In die brief word dit aan ouers gestel dat hulle hul kinders by die eienaar van die kleuterskool, Ricka van Kerkhof se dogter se skool in die stad kan inskryf.

Volgens die UV se Lacea Loader speel die skool ‘n belangrike rol by die universiteit en gaan nie sy deure sluit nie.

Die kleuterskool sien om na kleuters sedert 2012 nadat werknemers toenemende vir ‘n kleuterskool op kampus gevra het.

Intussen volgens ‘n ingeligte bron, wat verkies om anoniem te bly, is daar reeds vir ‘n geruime tyd probleme by die skool. Dit sluit glo onder meer swak versorging van die kinders in.

Tientalle kinders is al sedert die begin van die jaar deur hul ouers in ander kleuterskole geplaas.

Fedsas kry nuwe hoof

Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg.

Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede kan baat.

Volgens hom moet lede van beheerliggame die nodige kennis hê om op soortgelyke strukture te dien.

Swemmer glo weens sy ervaring as registrateur by verskeie tersiêre instellings en lid van universiteitsrade, asook sy leidende rol in ander instellings se beheerstrukture kan hy ‘n waardevolle bydrae lewer om skoolbeheerliggame te versterk.

Swemmer en sy vrou Driekie Hay, gewese akademiese viserektor by die UV, is verlede jaar weg na ‘n skikking met die instelling. Hay is nou verbonde aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as dekaan van navorsing.

Gewapende rowers oorval prof en personeel by UV

Drie gewapende rowers het Donderdag op ’n departementshoof se kantoor toegeslaan by die Universiteit van die Vrystaat.

Die gewapende rowers het die hoof van die departement dierkunde en entomologie, prof. Jo van As, ’n meestersgraadstudent en ’n tegniese assistent oorrompel.

Twee van die drie rowers het glo reeds Woensdagmiddag in die gebou rondgedwaal en gemaak of hulle studente is.

Van As het hulle onmiddellik herken. Toe hy probeer weerstand bied, is ‘n vuurwapen teen sy kop gedruk met die woorde “don’t try to be a hero, Prof”.

Die rowers het duidelik Woensdag kom ondersoek instel by die departement.

‘n Ontstelde vader wie se seun aan die departement verbonde is, het Praag Donderdag direk na die aanval gekontak. Hy wou weet of dit Jonathan Jansen, die rektor, se planne vir transformasie van die universiteit is.

Selfone, beursies en rekenaars is gebuit en die drie het vermoedelik met ’n grys Isuzu-dubbelkajuitbakkie wat vroeër die dag op die kampus gesteel is, gevlug.

Die bakkie se registrasienommer is DNS 546 FS.

free deposit casino uktopcargo отзывы сотрудников

Reitzvideo was grensverskuiwend

Toe die Reitzvideo aanvanklik gedurende Februarie 2008 op die wêreldtoneel gebars het, het meeste Afrikaners gedink hier is slegs ‘n geval van onsmaaklike studentepret wat effens handuit geruk het.

Die mediareaksie op die video het egter getoon hier is ‘n senuwee oopgeboor wat die onsekere bestaan van die nuwe Suid-Afrikaanse orde wesenlik bedreig.

Soos die Reitz-4 sage voortsleep in ‘n opvoering van politieke teater in sy mees absurde vorm, word toenemend besef dat die historiese omvang van die Reitz-4 sage nie meer onderskat kan word nie. Ons het hier ‘n video wat die bodem uitruk uit die skyn en pretensies van die nuwe Suid-Afrika.

Die gebeurtenis in die Afrikaner se geskiedenis wat die naaste hieraan herinner, is die Slagtersnekrebellie amper 200 jaar gelede, wat die eerste Afrikanerdaad van openlike verset teen die Britse kolonialisme was en bygedra het tot die Groot Trek dekades later. Soos die Slagtersnekrebellie is die Reitzvideo ‘n onsmaaklike voorval van groot historiese betekenis.

Soos met die Bezuidenhoutbroers voor Slagtersnek, het die Reitz-4 nooit die historiese implikasie van hul dade besef nie.

Hier is ‘n voorlopige en onvolledige lys van die historiese implikasies van die Reitzvideo:

a)Vir die eerste keer sedert 1994 is openlik die spot gedryf met die absurditeite en skyn van die nuwe Suid-Afrika en sy politieke ideologie.

b)Die histeriese reaksie van o.a. die media, het gewys hoe onseker en bedreig die wit Suid-Afrikaanse establishment is oor die huidige sosio-politieke opset in Suid Afrika.

c)Die vreesbevange reaksie van organisasies van die ou Afrikaner establishment, wat vir een of ander rede verantwoordelik gevoel het vir die optrede van die vier studente. Die ironie is dat hierdie organisasies eintlik niemand meer verteenwoordig nie en hul irrelevansie net verder beklemtoon het.

d)Die finale doodskoot van die Vryheidsfront Plus as deelnemer aan politieke prosesse in die land “namens” Afrikaners. Die Afrikaners wat wel nog aan die politiek wou deelneem sou die volgende verkiesing binnegaan as Kaapse koloniste wat DA stem.

e)Die blootlegging van die onderliggende beskawingskonflik in Suid Afrika deur die teenstrydige intrepretasies van die video nl. studentepret vs nasionale rasseramp.

f)Die video is ook ‘n permanente historiese illustrasie van die ontstellende wyse waarop die heersende politieke ideologie die ontspanne menseverhoudinge tussen mense van verskillende rasse beduiwel het.

g)Die mediaveldtog, die vervolging van die Reitz-4, die sogenaamde “vergiffenis” en “heropleiding” om gedrag te verander en transformasieretoriek toon onteenseglik dat die liberale demokrasie op ‘n totalitêre wyse afgedwing sal moet word om in Suid-Afrika te slaag.

Staatsgesag en mediamanipulasie sal toenemend gebruik moet word om mense se kulture af te breek en te dwing tot nie-rassige Engelsprekende individuele verbruikers van kommersiële nutsprodukte wat elke vyf jaar gaan stem.

Persone wat nie hierdie nuwe vereistes vir “vryheid” nougeset nakom nie, kan verdink word van afwykende gedrag en geteiken word vir “heropleiding in diversiteit.”

h)Die versnelde transformasie van die Universiteit van die Vrystaat tot nog ‘n Engelssprekende derderangse akademiese instelling.

i)Die voorspel tot die verskyning van Julius Malema waar ANC-ondersteuners vir die eerste keer sê wat hulle dink.

j)Die versnelde dekonstruksie van die Afrikaner na ‘n pre-1910 opset van Kaapse koloniste en Boere. Laasgenoemde kan dan weer op die Groot Onttrek gaan.

j)Die moontlikheid dat die Reitz-4 historiese martelaarstatus onder Boere kan verwerf is nie meer uitgesluit nie.

Opsommend kan gestel word dat die liedjie “De la Rey” en die Reitz video meer grensverskuiwend kan word as al die letterkunde van die Sestigers.

 

LuceSolaraДанильченко Юрий Брониславович компромат