Kovsie-taalbeleid draai in wetgewer

Die taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat het Woensdag vir die tweede keer ‘n draai in die Vrystaatse provinsiale wetgewer gemaak.

Dit volg nadat ANC hoofsweep Neels van Rooyen die UV tydens ‘n vorige sitting geloof het vir sy strewe na transformasie en verwys het na die instansie se taalbeleid.

Tydens vandag se sitting het die Vryheidsfront Plus se Wouter Wessels gesê transformasie behels nie die uitsluiting van Afrikaans as ‘n onderrig-medium nie.

Vrystaatse Onderwys LUR Tate Makgoe het egter terruggekap en gesê Wouter moet nie die publiek mislei nie. Hy sê die UV was oorspronklik ‘n enkelmedium-skool en dit het later verander as gevolg van sy studenteprofiel, maar die jongste aanduidings is dat dié profiel weer verander het, met 75% van studente wat swart en Engelssprekend is.

Die DA het in hul afwesigheid geskitter.

Makgoe, ook ‘n lid van die universiteitsraad, sê die universiteit gaan in elk geval ‘n proses volg – wat ‘n jaar gaan neem – waartydens verskeie rolspelers geraadpleeg gaan word voordat die taalbeleid van die UV verander kan word.

25 thoughts on “Kovsie-taalbeleid draai in wetgewer”

    1. (Karel ek stem volmondig saam met jou – maar ek moes glimlag… Op ‘n ligter noot oor jou slotsin…)

      Ek dink nie dat dit in die Vrystaat gaan gebeur nie… Sal dit nie meer gepas wees as jy uitroep:”O aarde – sluk my in!” nie?

      Wel, sou jy sê “heuwels bedek my”, neem jy die hele Bloemfontein saam met jou…!

        1. Ek weet… (Hehe!)

          Dis net – ek sien ‘n man in my verbeelding wat verlate staan op ‘n barre vlakte – met sy hande uitgestrek en sy gesig na bo gehef terwyl hy uitroep: “Berge, o-o-o berge bedek my…!” En daar is geen berg in sig so ver as wat die oog kan sien nie…

          Net ‘n paar, amper geamuseerde aasvoëls al sirkelende hoog bokant hom…

          :-))

          1. ‘n Poging in jou idioom, Dolk: Neels van Rooyen se van het die naam wat hy eintlik hoort te hê vooruitgegaan: Rooineels van Rooyen.
            Soos die oumense gesê het by die afsterwe van iemand, hy het die agtergeblewenes “vooruitgegaan”. Mag Rooineels van Rooyen vinnig sy swart kamerade vooruitgaan. En sy Swart kamerade hom nog vinniger volg.
            As dit ‘n bietjie deurmekaar klink, dan is dit hierdie idiomatiese reaksies van jou se skuld!

          2. Die begrafnisidiome van die oumense was diep. Dink maar aan die baie diplomatiese uitdrukking dat iemand heengegaan het. Dit word aan die hoorder oorgelaat om te besluit na watter van die twee bestemmings.

          3. Saak is reg. ;)) Dis die Vrystaatvlaktes wat met die gesegde mors. (Nadat dit deur my verbeelding se meules was…

          4. Een helse groot Mandela beeld staan bo op ‘n berg wat amper in die middel van Bloemfontein is. En bo op daardie selfde berg is ook ‘n sterrewag.
            As ek dit reg het, dan is daardie berg se naam: Naval Hill. Die groot wit perd van een of ander Boere Held dink ek, pryk ook op die eenkant.

          5. ‘n mandela beeld?! As dit daar bly staan, staan dit as ‘n getuie teen die wie iets daaraan kan doen… Dis ‘n gruwel wat daar opgerig is!

          6. Ek wou nog skryf… : En toe gor die een aasvoël se maag ongemerk – so, terwyl hy ongeërg met sy eenoog mik… En toe hy dáárdie oog knip…, stik Karel met oë soos pierings – soos iemand wat ‘n koppie dik kalkwater gesluk het…

          7. Jóú goeie verbeelding verf dit tot ‘n kleurvolle gesig om van nader te aanskou Riaan. 😉 … Want, wat is die nut van kraakvars heuning – as dit maar net in ‘n bottel tot onsmaaklike mierkos versuiker? So is woorde – wanneer niemand dit kan “proe” nie…

          1. Of dalk het hy met ‘n broodrooster op sy bors aan die slaap geraak… – terwyl hy gebad het…

  1. Let us guess about the contents of the new curriculum at the University of the Freestate, designed in a US thinktank for Jonathan:

    1. Holocaust education

    2. “Diversity training” ie forced racial mixing

    3. Fighting white “privilege”

    4. “American” ie black exceptionalism

    5. Slave trade history

  2. Ja, die DA veg nooit vir Afrikaans nie. Tydens die Kodesa-beraad was hierdie party, veral Tony Leon, ten gunste van Engels as die enigste amptelike landstaal. Aan geen eens Afrikaanse universiteit gooi die DA wal teen verengelsing nie.

    1. Dankies, aan jou en ons mede-volksgenote ook hier Riaan.

      Wat kan ek sê…? Hoe bitterder die gal – hoe soeter (smaak) ‘n suurklontjie? (Selfs dit wat mens gewoonlik ‘n gesig laat trek, mag jou laat glimlag – in tye van smart…)

Maak 'n opvolg-bydrae