Afrikaner-eendrag is belangrik

Geagte Gustav,

Ek aanvaar jou verduideliking en verskoning, dankie, dit is belangrik dat ons as ware Afrikaners nie langer mekaar as vyande teiken nie; daar is genoeg werklike vyande.

Ons sal altyd met mekaar oor politieke sake verskil, maar die HNP is altyd oop vir politieke debat. Daarom dat die HNP ook met dr Dan Roodt en ander Afrikaners in Die Afrikaner of persoonlik in debat tree.  Die feit is dat ons pyle op die vyand, die ANC en sy meelopers, gerig moet bly.

Daar is feite wat jy sekerlik weet, maar dalk is dit goed om weer mekaar se geheue te verfris.

Die HNP staan 38 jaar in die politieke stryd om die belange van die Afrikaner te beskerm en te bevorder. Die geskiedenis het ook reeds die HNP reg bewys. Daarom dan die slagspreuk, Om reg te wees, is om ’n mag te wees. Oor die 38 jaar was daar maar altyd die Max du Preez’s wat eerder met hulle eie mense swaarde kruis as met die vyand en juis dít, het die vyand die politieke stryd laat wen en is dit diegene wat die politieke mag goedsmoeds aan ons vyande oorhandig het.

Suid-Afrika is aan die verval; ons is die misdaad-mekka van die wêreld en die rede daarvoor is alles politiek.  Die toestand kan slegs reggemaak word deur politieke mag. Of dit nou wet en orde, of hospitalisasie, die onderwys, of die gat in die pad is, die regering van die dag is verantwoordelik vir die herstel of instandhouding daarvan. Dit bly politiek.

Daarom is die rol van die HNP belangrik – ook in ons strewe na Afrikaner-eendrag binne die Afrikanerfront (die Blanke volksfront). 

Ons het veral twee sake waaroor ons met mekaar kan praat:

1.                  Hoe laat ons die regime misluk sodat die internasionale wêreld dit duidelik kan sien, en

2.                  Hoe beweeg ons op die pad na die herwinning van die politieke mag?

Wat die eerste betref, is die mislukking van Sokker 2010 ‘n besliste moontlikheid. As die byeenkoms in 2010 nie hier plaasvind nie, het die ANC misluk. Ons moet die druk hou op FIFA om die byeenkoms elders te reël.

Die herwinning van die politieke mag is meer ingewikkeld, maar daaroor sal die HNP binnekort ‘n DVD beskikbaar hê vir verdere debat.

Onthou die woorde van dr Tobie Muller: “Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, dan is dit is elk beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, as om te versink in ‘n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.”   Die tyd is min, maar die HNP probeer steeds om ‘n aandeel te hê aan die redding van ons volk in dit wat hy as belangrik beskou. Ek glo dat dit ook jou siening is en dat jy die stryd volwaardig sal help stry.

Stryd is Lewe!! детектор лжи москваалександр лобановский класс

Fred Nel se grappie

Dat " Die Afrikaners nog nooit so vry was soos die afgelope 13 jaar in die NSA nie" is maar net ‘n ou grappie mense, niks om so opgewonde oor te raak nie. Dit kan mos nou niks anders wees as ‘n gekskeerdery nie. Toegegee, Vryheid vir die Afrikaner is ‘n baie sensitiewe en ernstige saak en behoort iemand met die statuur, verantwoordelikhede, en aansien van Fred Nel darem nie so ligtelik en onverskillig daaroor te spot nie, netnou dink die Afrikaners wat vir die DA gestem het, en wou stem, dat sy siening van Afrikaner Vryheid die amptelike siening en standpunt van die DA is en dit, mense, kan nogal ‘n lollery afgee.

Vat nou maar net een van die "Vryhede wat deur die grondwet gewaarborg word" en "die Afrikaner kultureel en andersins ‘n bloeitydperk laat beleef het" as byvoorbeeld naamlik taalregte, en waarby, en ek is seker Fred Nel sal saamstem, Afrikaans as taal ingesluit is. Fred Nel is reg, nog nooit het Afrikaans so gebloei soos gedurende die afgelope 13 jaar in die NSA nie en bloei gaan hy nog bloei Fred, die bietjie wat daar nog van hom oor is moet doodeenvoudig weg en ek praat nou nie van al die gedigte, feeste, musiek ens waarna jy verwys nie maar dit waarna jy nie verwys nie soos byvoorbeeld Afrikaans in staatsinstellings, skole, universiteite (akademiese literatuur), openbare instellings, munisipaliteite, op SABC ens, ens. Daar waar dit vir ‘n taal saak maak om te ‘oorleef’ en nie net ‘n kombuis- fees of boektaal te word nie.

Indien Fred se opmerking " solank as wat die Afrikaner vry is om sy kultuur uit te leef en dieselfde vryhede te geniet as enige ander landsburger " Engelssprekendes as landsburgers insluit  beklemtoon hierdie opmerking doodeenvoudig net sy ongevoeligheid met wat tans met die Afrikaner, sy taal, kultuur, geskiedenis ens in die NSA gebeur en die aanhoudende aanslag wat daar van owerheidsweë en instansies is om dit, en spesifiek sy taal en erfenisgoedere, uit te wis.

Baie Afrikaners is deel van die globale gemeenskap en wys in die buite wêreld wat in hulle steek waar hulle as leiers na vore tree in die wetenskaplike, tegnologiese en besigheidsomgewing, nie omdat hulle dit in die buite wêreld noodwendig wil doen nie, maar omdat hulle net doodeenvoudig nie in die NSA die geleentheid gegun word om dit hier te doen nie. Nie net kry die Afrikaner nie erkenning vir wat hy in die verlede in hierdie land opgebou het nie, maar word hy vir alles wat sleg was en is beskuldig en soos ‘n derderangse landsburger wat nie hier tuishoort nie, behandel.

Aangesien die Afrikaner die aanpassing sal moet maak om ‘n politieke beweging te steun wat eens is met sy/haar politieke beginsels wat waarskynlik beginsels sal wees wat sy/haar taal, godsdiens, kulturele en gelyke regte ens sal steun en beskerm en ‘n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid Afrika sal ek, om hierdie aanpassing te maak, graag wil weet wat die amptelike standpunte van die DA is tov onder andere:

a) Taalregte met spesifieke verwysing na die rol van Afrikaans en Engels in die NSA.

b) Die behoud / verandering van plekname.

c) Die reg op eie skole, universiteite en ander instellings wat taal en kultuurgebonde is.

Indien die stellings en standpunte, soos wat Frek Nel dit in sy skrywe stel, die norm is waarvolgens die "Vryheid" van ‘n volk in die NSA gemeet word dan is dit vir my duidlik dat ons hier te doen het met ‘n heel ander betekenis van die begrip "Vryheid" as wat normaalweg nog altyd aanvaar is. Vryheid, Fred, het vir ‘n volk baie meer betekenis en lê baie dieper as die oppervlakkige klomp opmerkings en standpunte wat jy in jou skrywe maak en is dit ook geen wonder dat jy die absurde gevolgtrekking  maak dat die Afrikaner nog nooit so "vry" was nie.

Albert

 

липецк комплектующиелобановский харьков класс

Gustav Venter misken die HNP

U skryfstyl laat mens wonder of u doelbewus daarop uit is om reaksie te ontlok.  Hierdie kort antwoord is egter nie daarop gebaseer nie, maar slegs om u bewus te maak van die feit dat u groter skade as Max du Preez kan aanrig aan die Afrikanervolk, ’n volk waarvan u vermoedelik ’n lid is.

Dit is duidelik dat u die optrede van ’n sogenaamde boerseun, ‘Mad Max’, soos u hom tereg noem, nie goedkeur nie.  Dit is derhalwe noodsaaklik om sulke sake aan die lig te bring, selfs al neem dit u 7 240 woorde om die “pratende Max” aan te kla oor hoe hy sy woorde “rangskik en uitmarsjeer in ’n enkellinie”.

Wat u moontlik nie begryp nie, is dat u skrywe getuig van ’n gebrek aan politieke insig. U tirade oor die “verstokte wit NP, die mees verstokte organisasie in die geskiedenis van verstokte grotbewonerorganisasies”, mag dalk korrek wees aangesien daardie “verstokte” organisasie deur sy eie toedoen ’n verdiende dood gesterf het. Oor die KP, die AWB en die Volksfront sal die geskiedenis ook oordeel.

U stelling oor die HNP word egter met die minagting wat dit verdien, verwerp. Miskien behoort u eerder waardering te hê vir ’n party wat na 38 jaar steeds bestaan en in daardie tydperk alles in sy vermoë gedoen het om die verraad van die NP aan die kaak te stel en die huidige onwettige regime aan te val oor elke moontlike saak. En terloops, die HNP is springlewendig en beleef tans ’n ongekende groei en vooruitgang.  Ek wil u dus aanraai om u eerder te vergewis van die feite voordat u weer so ’n ondeurdagte stelling maak.  U stelling “maar wie onthou nou die HNP (die Ha en Pee)”, getuig nie net van u swak oordeel en insig nie, maar aan ’n tekort aan kennis van huidige gebeure rondom u.

Dit is duidelik dat u nie met die huidige politieke gebeure tred hou wanneer u  laat blyk dat u nie bewus daarvan is dat Afrikaners tans in hierdie land probeer om hande te vat ter eendragtige verset teen ons vyande nie.  Indien u dit wel besef, is u tans besig met doelbewuste kwaadstigting tussen volksgenote, en sal u uiteindelik daaroor moet rekenskap gee.

U beskuldig Max van die misbruik van “die magtige wapen”, sy pen.  U moet nie nog groter skade met dieselfde wapen aan die Afrikanervolk aanrig nie.uslugi-poligraf.comФильчаков прокурор харькова

DA: Ope brief aan Fred Nel

Image

Fred Nel

Ek en my vrou het met ’n gevoel van ambivalensie in die vorige nasionale verkiesing in 2004 vir die eerste keer sedert 1994 gekies om deel te neem aan die demokratiese proses. Bloot weens die gebrek aan beter opsie, soos derduisende ander Afrikaners, het ons ons kruisies by die DA gaan trek. Nou is ons egter spyt en finaal ontnugter, enersyds danksy ‘n sekere SMS wat ons ’n blik op die ware binnewerke van die DA bied en andersyds u respons daarop. Ons moet sekerlik dankbaar wees dat u die rede vir ons huidige onsekerheid geopenbaar het.

Laat my toe om aan te haal uit u reaksie met betrekking tot die “laaste spyker in die Afrikaner se doodskis”-sms deur u kollega: Pat Hill van die DA.

“Dit is waar dat daar onverklaarbaar deur Afrikaners na ’n identiteit of leierskap gesoek word soos onlangs bewys is deur die Delarey debat. Hierdie soeke is egter nie ’n soeke na kulturele identiteit nie maar wel politieke identiteit. Vanuit die voorafgaande stellings is dit duidelik dat daar niks skort met Afrikaners op kulturele- en besigheidsvlak nie. Wat politieke identiteit betref sal die Afrikaner nooit weer ’n noemenswaardige invloed kan uitoefen indien hy probeer om ’n ekslusiewe politieke beweging te steun nie. Afrikaners is versprei oor die politieke spektrum en is ook in leierskapsposisies in alle groot politieke partye verteenwoordig. Dit blyk ook uit die feit dat ’n multikulturele party soos die DA meer Afrikaners verteenwoordig as enige ander party in Suid-Afrika.”

Ek wil postuleer dat die rede hoekom u die soeke na leierskap en identiteit onder Afrikaners as “onverklaarbaar” beleef, juis die kern van die hele saak is. Te veel meningsvormers in die nasionale pers spreek daagliks hul opinies uit oor wat en wie die Afrikaners nou eintlik is en was, wat hulle veronderstel is om te wees en wat hulle behoort te dink en hoe om te handel, joernaliste wat soos u, die Afrikaners as etniese groep se bewussyn en gedagtegang ook “onverklaarbaar” vind. Laat my toe om aan u die onverklaarbare te verklaar.

Die leierskapsgedeelte van u kwessie is heel eenvoudig: slegs ’n Afrikanerleier of leiers met ’n sterk Calvinistiese, Protestantse onderbou as geloofsbasis, sal aanvaar word as ’n Afrikanerleier of -leiers onder die meerderheid Afrikaners en ek nooi u uit om hierdie stelling van my in historiese konteks te gaan toets. Die identiteitsgedeelte van u kwessie is weereens ‘n historiese kwelpunt wat sy oorsprong in ons geskiedenis het met die draai van die vorige eeu net na die ABO. U kollega se SMS het betrekking want die vergelyking tussen wat hy openbaar gemaak het, en die taktiek van die Britse imperialistiese magte teen die Afrikanervolk in daardie tye, is onmiskenbaar eenders.

Met betrekking tot u stelling dat daar niks skort met die Afrikaner se “besigheidsvlak” (soos u dit stel) nie, daag ek u uit om u politieke party se syfers openbaar te maak omtrent die werkloosheidsvlak onder Afrikaners in Suid Afrika vandag. ’n Vergelyking met die persentasie werkloosheid onder Afrikaners 15 jaar gelede sal vir u ’n duidelike aanduiding gee van hoe Afrikaners in die laaste 15 jaar verarm het. Eenvoudige veralgemenings en postulasies wat op u persoonlike persepsies gebaseer is, is eenvoudig nie meer bevredigend vir die gemiddelde deursnit-Afrikaner wat u as ’n kieser wil behou nie. Verder kan ek byvoeg dat die vernaamste redes hoekom derduisende Afrikaners hulle heenkome in die buiteland gaan soek, juis as gevolg van hierdie kwessie is, met die gepaardgaande heersende misdaadvlakke natuurlik.

Maar dit is als herkoude politieke speelkaarte. Ek weet u is bewus van die ware stand van sake en die ware situasie waarin die Afrikanervolk homself bevind, dus gaan ek ook nie meer verder doekies met u omdraai nie.

Ek wil aan u uitwys dat daar nie te gemaklik in u party omgegaan moet word met vleiende stellings soos dat die meerderheid Afrikaners vir julle gestem het in die vorige nasionale verkiesing nie. Die meerderheid Afrikaners het nie deelgeneem aan die verkiesings nie. Reken die effek van die openbare doodsdreigement van u Engelse kollega by die powere stukkie politieke breinbeheer van u kant af in, en die kopteller-demokrate sal ‘n nuwe som hê om te maak.

U sal agterkom dat ons as Afrikaners nie daarvan hou as politici vir ons voorskryf en dreig met woorde soos “nooit” en “moet” nie! Veral nie nadat ’n SMS die lig gesien het uit die Engelse kant van die DA wat lui: "This will be the final nail in the afrikaner  coffin, we’ll get (rid) of them after the confrce.Vote right!” (om sy presiese skrywe aan te haal) nie!

My Bybel sê: “Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit weer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom; want Ek gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.”

Die meerderheid Afrikaners is geduldige, vredeliewende, Godvresende mense (in kontras met die populêre propaganda), maar moet ons nie met gelaaide woorde voorskryf en sê dat ons moet aanhou aanpas by veranderende omstandighede nie, en ons terselfdertyd met die dood dreig nie. Dit kan dalk net die eerste spyker in die DA se doodskis beteken.

Dit het dalk tyd geword vir die res van Suid Afrika om te begin aanpas by die veranderende Afrikanersentiment.

и сауныОлександр Фільчаков прокурор

DA: Te?stand is goed vir Afrikaner

Die Afrikaner hoort allermins in ‘n doodskis. Inteendeel, ons behoort te jubbel en te juig en dankbaar te wees oor al die teëstand wat ons tans ervaar. Ons was in ‘n gemaksone en moes geskok word om daaruit te kom, om agter te kom hoe sterk ons werklik is.

Die plek van die Afrikaner (van alle kleure) is hier in Suid Afrika. Ons voorouers het hard geswoeg en gesweet om ons hierdie voorreg te besorg en om nou boedel oor te gee is om hulle pogings tot niet te maak. Daar is nie nog ‘n taal soos Afrikaans nie en solank ons Afrikaans praat en ons kinders trots maak daarop om Afrikaners te wees kan daar geen sprake wees van ‘n doodskis nie – eerder ‘n wedergeboorte!

Indien jy vewys na die koerant Die Afrikaner kortliks die volgende: As ‘n ware liberaal, glo ek onwrikbaar in die vryheid van spraak. Solank ‘n publikasie nie haatspraak bevat nie het dit ‘n bestaansreg al stem ek nie saam met die inligting wat daarin verskyn nie.

удаление нерва зуба ценаданильченко юрій броніславович компромат

Die Menseregtekommissie se vreemde uitsprake

Sedert sy instelling het die Menseregtekommissie of van sy lede verskeie kere met uitsprake en opmerkings gekom wat wenkbroue hoog laat lig het. Ernstige bedenkinge is geopper oor die organisasie se basiese benadering tot hierdie kwessie.

Die jongste in ‘n hele reeks vreemde uitsprake het gekom in ‘n nogal belangwekkende beraad wat die MRK gehou het om die probleem van misdaad en die impak daarvan op mensregte te bespreek.

Te midde van die besprekings is opmerkings deur lede van die MRK gemaak wat ‘n mens slegs kan laat wonder of die instansie dan nie aanvalle en moorde op plaasboere as ernstige misdaad en ‘n growwe skending van menseregte beskou nie.

Die landbouorganisasie, AgriSA, het syfers op die beraad voorgelê wat dit baie duidelik maak dat plaasaanvalle ‘n uiters sorgwekkende probleem is. Volgens hulle syfers was daar sedert 1991 9 600 plaasaanvalle waarin 1560 mense vermoor is. Meer as twee-derdes van die slagoffers van plaasaanvalle was wit wat dui op ‘n belangrike rol wat ras in die aanvalle speel. Daar is ook kommer oor die wyse waarop boere deur sekere nie-regeringsorganisasies en ook openbare amptenare uitgebeeld word, het die organisasie daar aangevoer.

Dit was egter nie voldoende rede vir Judith Cohen, ‘n kommissielid van die MRK, om dit as vergrype van menseregte te beskou nie. Inteendeel, sy het AgriSA skerp gekritiseer omdat hy aanvoer dat haatspraak ‘n sterk faktor is in plaasmoorde.

Nie alleen word hierdie syfers oor plaasmoorde betwis nie, het sy gesê, maar as daar mooi na die landbouorganisasie geluister word, is dit duidelik dat hulle net begaan is oor wit plaasbewoners. Intussen kom daar steeds uitsettings van werkers van plase voor en word plaaseienaars nie hieroor skuldig bevind nie, het sy verder aangevoer.

Die implikasie van mev Cohen se opmerkings is mos duidelik vir enigeen: aanvalle en moorde op wittes op plase word nie deur die MRK as vergrype van menseregte gesien nie, maar wel vermeende uitsettings van plaaswerkers.

In haar stelling oor afsettings wat steeds dikwels voorkom, het sy eenvoudig bewerings van hierdie aard deur onder meer die minister van landbou en ander ANC-leiers klakkeloos herhaal sonder om stawende syfers of ander bewyse te gee.

Dit is juis hierdie soort benadering tot feite en die werklikheid wat ‘n mens uiters bekommerd laat oor die regering en sy instansies, soos die MRK, se werklike erns om misdaad en die aantasting van mense se reg op lewe en veiligheid aan te spreek.

Daar kan ‘n goeie saak uitgemaak word dat mev Cohen se opmerkings as ‘n herhaling van die uitsprake van sekere nie-regeringsorganisasies gesien moet word en dus by implikasie as haatspraak teen blanke boere beskou kan word.  Maar dit sal niemand help om te probeer om ‘n klag teen haar in te bring nie want die MRK wat veronderstel is om sulke haatspraak te veroordeel en vas te vat, sal mos nie een van sy eie kommissielede oor so iets skuldig bevind nie.

En die plaasaanvallers en moordenaars dink hulle kan maar lustig met hulle wrede en bloedige dade voortgaan want wittes het duidelik in die oë van die regering en sy instansies nie menseregte nie.

ремонт компрессоров воздушныхФильчаков прокурор

DA: Afrikaner is ‘n neebroer-, javreemdelingvolk

Hoeveel keer het die DA dit nie al uitgespel dat hulle ‘n liberale politieke party is nie?

 

Langenhoven was reg toe hy gesê het dat die Afrikaner ‘n neebroer-, javreemdelingvolk is ongeag vir watter waardes die vreemdeling staan.
Wat is vryheid, of word vryheid deur simbole gesimboliseer waarmee mense mee kan assosieer? Is vryheid binne outonome lande? Is die probleem nie dat die koloniale heersers alle volks- en stamgrense vernietig het nie, maar hul eie lande en grondgebiede beskerm en behou het
 

Sit vryheid tussen ‘n mens se ore of?  Soos ‘n Engelsman gesê het:  "Die Engelse volk dink dat hy vry is, maar maak ‘n groot fout. Hy is net vry tydens ‘n algemene verkiesing. Sodra die parlement verkies is, is hy weereens verslaaf, tel die volk vir niks."

стоимость брекетов на зубыЛобановский Харьков

Wie is die ‘vredeliewendes’?

Sed quis custodiet ipsos Custodes?

Wie sal waghou oor die wagte?

In vandag se Rapport is daar weer een van die gewone stuiptrekkende hoofartikels. SA was nie aan die kant van die vryheidsliewende demokrate by die VN nie! kla die hoofartikelskrywer. Dat sommige lede van die sogenaamde "vryheidsliewendes" nie aan Afrikaners se kant is nie, skeel hulle min. Trouens, as Naspers se slimkoppe weet wie die "demokrate" is, moet hulle tog die VN laat weet, want dit lyk of die organisasie met die konsep sukkel.

Is dit almal op die Veiligheidsraad, China en Rusland ingesluit? Is dit die DRK ( Die D staan vir Demokratiese ) waar daar geen opposisie meer bestaan nie, na net vier maande van demokrasie en vrye en regverdige verkiesings? Is dit die VSA wat nie net in Abu Ghraib nie, maar ook nou in Afghanistan mense in die geheim aanhou en martel? Dalk Zimbabwe waar Mugabe mbv demokrasie net soos in SA kon seëvier? Dalk Duitsland wie se chemiese bedryf Saddam van alles en nog wat voorsien het om die Koerde van kant te maak? Is die selfverklaarde vryheidsliewende Amerikaner Ralph Peters wat vol bravade in die Armed Forces Journal die bloedstollende woorde "ethnic cleansing works" skryf aan ons kant?

Dat Naspers ons tydig en ontydig daaraan moet herinner dat ons ‘n vasalstaat geword het wat dinge presies moet uitleef soos dit mense duisende kilometer van hier sal behaag, is erg genoeg. Anne-Marie Mischke se grensend-aan-die-vertraagde kommentaar in dié verband sal ‘n mens terloops tot raserny dryf. Ons het intussen bewus geword van die voordele daarvan, naamlik uitwissing. Maar dat hulle die media verteenwoordig, dié waghond oor Afrikanervryheid, is onvergeeflik.

Hulle blêr – of is dit nou blair? – saam in die koor oor Mugabe maar die man wat Mugabe in die tuig hou, omhels, uitnooi en prys sit in die Uniegebou. Geen klagtes van Naspers daar nie. Geen striemende kommentare nie. Hulle bly immer "opbouend". Is opbouende kritiek teenoor Zimbabwe, dws aanprysing van anti-wit rassisme, nie juis die oorsaak van die fiasko nie?

Nietemin, noudat almal weet dat die ou diktator noord met sy een voet in die graf staan en self nie eintlik meer enige gevaar inhou vir iemand nie, het histerie om sy totalitêre persoon losgebars. Toe hy egter fluks besig was met sy etniese suiweringsveldtog, het vryheidsliewende Brittanje en die VSA nie ‘n snars daarvoor omgegee nie, geen sprook gesprak nie en die swart inkarnasie van ‘n gentleman in alles ondersteun.

Die probleem kom egter by ‘n kwessie wat op die oog af nie direk met die geveinsde verontwaardiging van Naspers verband hou nie. In hul ywer om Mugabe deesdae by te kom – die man is al dertig jaar met sy "vryheidstryd" besig danksy die openlike bemoeienis van Brittanje – is ‘n ander beweegrede te vinde wat nog minder aptytlik is: De Beers. Die diamantreus is kennelik besig om konflik te gebruik om sy handel in Afrika-edelstene te bestendig.

Deur die Kimberley Process Certification Scheme probeer die maatskappy die handel in alle diamante te beheer deur nie sertifikate uit te reik vir stene uit oorlogsgeteisterde gebiede nie. Zimbabwe is natuurlik nie ‘n oorlogsgeteisterde gebied nie, maar dit wil voorkom asof De Beers graag mbv die MDC die land in so ‘n gebied wil verander om sodoende die handel in die land oor te neem.

Pas het die Veiligheidraad aangekondig dat Liberië toegelaat sal word om deel te neem aan die KPCS. Die land is ‘n puinhoop van armoede en agterlikheid ten spyte van langdurige Westerse inmenging. Ná demokratiese verkiesings is dit egter nie moontlik vir UNMIL, die VN se vredesmag, om te onttrek uit die land nie want spanninge bly so plofbaar. Dit het die Britse ambassadeur Emyr Jones Parry egter nie verhoed om Liberiërs te loof vir hul wonderlike vryheidsin nie. Geen oorgeërfde skuld en verwysings na die nare – en dit was naar, sónder apartheid – verlede hier nie.

Dit is ‘n bekende feit dat wit MDC-lede nou al lankal vrywilligers in SA soek om ‘n gewapende veldtog teen Zimbabwe van stapel te stuur. Daarvan sal ons helaas nie in Naspers lees nie. Ons het dus nie meer ‘n mediagroep wat ‘n waghond vir sy lesers se belange is nie, maar ‘n mediagroep wat byvoorbeeld meer bekommerd is oor De Beers se belange.

Die feit dat ons regering die grense tussen ons en ons buurman oophou en die hordes ekonomiese vlugtelinge deurlaat, is ‘n bewys van die wil om die situasie te laat verkanker. Miskien is Naspers nie so naïef in hul kommentare en daardie versekering op elke voorblad van "ons praat jou taal" as wat hierdie skrywer glo nie. Is ‘n burgeroorlog in Zimbabwe die volgende stap waarna hulle uitsien?

пластыри диагональныеtopcargo кидалы

Max du Preez se doppie is geklink

ImageDat diegene soos Max du Preez ons voorgeslag kan belaster oor vroueverkragting (By 28 April) is skreiend. Volgens spekulasies uit sy pen word die saak oordryf omdat sommige skrywers dit dan nou nie gemeld het nie.

Hy ignoreer egter ooggetuieverslae soos dié van dr. J.D. Kestell in sy eensydige propaganda. Ons vind dit nie alleen onwetenskaplik nie, maar laakbaar. Hiermee het hy vir vele Afrikaners sy eie doppie geklink.

online slots freeДанильченко Юрий Харьков

Positiewe benadering tot Afrikaner/Boerepolitiek

Solank as wat die Afrikaner/Boer negatief in sak en as sit en kla oor sy lot, solank sal hy niks op politieke gebied verrig nie.  Die gedurige oproep tot versetaksie; oproep tot gewelddadige opstand; hunkeringe na die verlede; klagtes oor onregverdige handelinge teenoor die Afrikaner/Boer; die verwagting dat siener Van Rensburg se profesie bewaarheid gaan word; die gedurige verwysings na die tekortkominge van die swartes en veral in ANC-geledere en leierskap; die bitterheid teenoor ander (meerderheid-) Afrikaners/Boere wat nie om dieselfde kampvuur sit nie, ens.; word so gereeld gehoor dat dit nou net eenvoudig vir die gemiddelde Afrikaner/Boer, wat met sy indiwiduele ekonomiese verrigtinge wil voortgaan, te vervelig geword om hom daaraan te steur.

Die volgende feite oor die Afrikaner/Boer in Suid Afrika bepaal sy beweegruimte:-

1.   Die Afrikaner/Boer is en was nooit ‘n verenigde volk nie.  Daar was die verskillende trekkerleiers wat onderling hewig verskil het; daar was die koloniale boere wat met hul noordelike broeders verskil het en vir Rhodes sy setel in die Kaapse parlement verskaf het; daar was die Nuwe Republiek in Natal, die Transvaalse Republiek en die Vrystaatse Republiek, wat elk van mekaar verskil het, gesien elkeen se afsonderlike bestaan.  In die laaste eeu was Afrikaner/Boerefamilies aanvanklik hewig verdeeld tussen SAP en NAT en na Verwoerd se dood hewig verdeeld tussen NAT, KP en HNP.  Hulle kon nie eers saamstaan ten spyte van die voortslepende swart terreuraanvalle teenoor Afrikaner/Boere wat toe aan die gang was nie, en wat uiteindelik  tot die vernietiging van Afrikaner/Boereheerskaapy gelei het.

2.  Die Afrikaner/Boer sal nooit weer op enige geografiese model; óf die hele, óf ‘n gedeeltetjie van Suid-Afrika as ‘n aparte politieke bestel weer onafhanklik regeer nie. Die ander rasse groei vinniger getalsgewys as die Afrikaner/Boer aan, nieteenstaande die wensdenkery dat VIGS in die Afrikaner/Boer se guns gaan werk.

3.  Daar is geen manier dat die Afrikaner/Boer weer militêr georganiseerd kan raak nie.  Diegene wat wil oorgaan na guerilla-/terreuroorlog (wat wel ‘n haalbare alternatief is) sal die meerderheid van Afrikaners/Boere van hulle vervreem.  Enigiets wat die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan seermaak, gaan die meerderheid Afrikaners/Boere ook erg raak.

4.  Die huidige Afrikaner-politieke partye en -groeperings binne en buite die parlement maak tans geen indruk op die meeste Afrikaners/Boere nie, gesien dat die nie-Afrikaanse DA meer politieke steun geniet as genoemde Afrikaner/Boere-politieke organisasies.

5.  Die enigste huidige verenigende faktor onder Afrikaners/Boere, is hul sang- en kultuurfeeste.  Die Afrikaanse/Boeresangers doen meer om taaltrots en nasionale gevoel onder die Afrikaners/Boere aan te wakker as enige politieke figuur.

Ek glo dat ‘n positiewe politieke bestel vir die Afrikaner/Boer wel uitgewerk kan word binne die raamwerk van die huidige Suid-Afrikaanse realiteite indien hy bereid is om positief op te tree en op te hou om gedurig te kerm. Wat het geword van die "Afrikanerraad" wat die verskillende sieninge onder Afrikaners onder een sambreel sou gebring het? Die swartes het hulle "Council of Chiefs".  Is ons so verbitterd onder mekaar as Afrikaners/Boere, dat ons nie so ‘n raad kan laat werk nie.  Indien hy wel bestaan, hoekom weet die gemiddelde Afrikaner/Boer nie daarvan nie?

зубная клиникаДанильченко Юрий отзывы

Waarskynlik h?t Kakies die Boeremeisies verkrag

ImageEk het nou deur die argumente en teenargumente gelees en ek het ook iets om te sê, nie net-net nie, maar heeltemal. So laat my toe om my keel skoon te maak.

Dit is vir my al te kostelik hoe mense wat nie ’n sinvolle bydrae tot n debat kan maak nie, of as hulle bloot uit die veld geslaan word met feite, altyd terugval op persoonlike aanslae en postulasies in stede daarvan om met feite terug te kom. So is daar n persoonlike aanslag op Dan Roodt  te bespeur, nie net op homself nie, maar ook op sy inisiatief – Praag. Verskoon my as ek die ironiese vergelyking tref tussen dié taktiek, en dié van die Britse imperialistiese mag doer in die laat 1800’s en vroëe 1900’s op my mense, en ek sê “my mense” want dis vir seker nie almal wat Afrikaans magtig is se mense nie, nee, daardie voorreg is maar vir min beskore.  Die skynbare gemaklikheid waarmee dié taktieke vandag nog toegepas word,  is vir my amper genoegsame genetiese bewys dat daar wel minderjarige Boeremeisies geswanger is deur die kakies, en dat hulle afstammelinge nog steeds met ons is.

Die hede ter syde vir n wyle, kom ons gaan terug na die gebeurtenisse van doerdie tyd in die ZAR en OVS en kyk bloot of die omstandighede hom dalk mag leen tot wandade, soos byvoorbeeld: verkragtings.

’n Britse soldaat, G. Cowley, skryf in sy verslag aan heer C.J. Philips die volgende:

“Miskien sal dit vir u interessant wees om ’n kort verslag te hoor van ons verrigtinge.  Die eerste dag hier was stil, maar ons het alle plase, krale van swartes, buitehuise en ander plekke verbrand wat skuiling vir die Boere in slegte weer  mag verskaf.  Ons het ook hoenders, eende, ganse, varke, kalkoene of enige soort pluimvee gedood; al die perde, beeste en skape in troppe bymekaar gemaak en hulle saam met ons aangejaag, en ek kon nie anders nie as dink wat ’n verspilling dit was om goeie goed dood te maak, maar net om hulle dood te maak na ons tot stilstand gekom het; maar dit was baie vermaaklik om jong hane te vang en ganse se koppe af te kap, om klaviere te hoor speel soos hulle onderstebo in ’n vuur gerol word wat in die middel

van die kamer gemaak is, om prente en rakke op ’n houttafel te pak en dan ’n strooimatras daaronder te sit om die vuur aan die gang te maak.  Wel, dit was ’n ondervinding, jy kan dit glo; maar al die vermaak was op ’n end as jy aan die end van  die dag uitgeput is en jy op wag moet gaan in plaas van te gaan slaap, veral as dit begin reën.  Op die tweede dag het ons meer as twintig vure aan die gang gehad voor nege-uur  in die môre en was omtrent ses of sewe myl van ons laaste staanplek, toe ons vir ’n paar uur tot stilstand gebring word.  Ons het die mooiste huis wat ek nog in die land gesien het, verwoes. Ek het die naam van die persoon vergeet wat daarin gewoon het, maar sy posisie was die een net onder die president van die vorige Republiek van die Orange-Vrystaat.  Dit het ons die hele middag gekos om dit vernietig te kry.  Die dorsmasjiene het die beste vuur gemaak, maar die

interessantste vir my was die ontploffing van ’n trekenjin wat al die masjinerie van die plaas aangedryf het.  Dit was in Engeland gemaak, want dit het die naambord van die makers gedra: Clayton en Suttleworth, Lincoln; en dit het ’n uur geduur vandat die vuur aangesteek was totdat die ketel gebars het.  Die werk wat ons nou kry, het maar min bekoring vir ’n soldaat; en hoe spoediger die Koloniale Kantoor bereid is om sy werk  te begin, hoe gouer sal ons kan vertrek.”

Van die soldaat Victor Swift haal ek die volgende aan:

“Ons verbrand elke huis wat ons teëkom en lewe soos vegtende hane.  Ons beskou dit ’n slegte dag as ons  nie elkeen ’n paar hoenders en ’n speenvarkie kry nie.  Dit is vermaaklik om ons met gevelde bajonette op die werf van die plaas die varke te sien jaag.  Ek het ’n eetlus soos ’n wolf.  Ons het daarna na Vrede gegaan, en na ’n dag van rus het ons daardie plek in ’n erbarmlike toestand verlaat.  Ons het  duisende skape doodgemaak en in elke huis daarvan geplaas.  Die reuk sal oor ’n week ontsettend wees.  Dit is om te verhinder dat die Boere sal terugkom.

(Uittreksel uit Die Konsentrasiekampe, deur J.C. Otto)

Ons lewe soos vegtende hane? En ek het ’n eetlus soos n WOLF! (Leonie?), woorde wat die siel van ’n jong man in oorlogstyd verraai. Die lus en opgewondenheid wat opgebou het in  hom met die lang seereis na die Kaap vanaf Liverpool, die afwagting, die tipiese grootpratery, die sinnelose drif om jou manlikheid te bewys  aan jou makkers. Die oordrewe bangmaakpraatjies oor die wreedaardige Boere, en die verligting om op ’n verlate plaashuis met net vrouens en kinders van jou vyand (wat jou tien teen een dalk later gaan doodskiet), af te kom.  O, en was hulle nie mooi nie, die jong Boeremeisies, ek meen dit is geen leuen om te sê dat die gemiddelde Afrikanervrou van vandag, van die mooistes ter wêreld is nie, dit is maar net in ons gene, die prentjie van Charlize Theron kom onwillekeurig by my op.

Daar is ’n interessante loopbaan waar deskundiges in ’n sekere veld verdere opleiding ontvang om toekomsprojeksies te maak. Om die skeiding tussen blote moontlikhede, waarskynlikhede en die onafwendbare duidelik te kan definieer. Gegewe die bogenoemde data wat behels:

1.         Die kruitvatsituasie – lustige groepe jong mans en die uitwerking wat die plundertogte op hul psige het, en

2.         Die vonk – weerlose mooi jong meisies wie se pappas nie by die huis is nie.

Is ’n ontploffing onafwendbaar, sonder om enigsins historiese feite in ag te neem soos dat daar in so te sê elke oorlog waar grondgebied verower  is, die  vrouens en kinders ook as verowerde buit deur vyandelike magte gesien is?

Terug by die hede; die liedjie van Bruce Springsteen, “I’m on fire”, het betrekking, want ek verseker vir Max du Preez, al maak hy in die publieke oog sy eie ouma Bertie ’n leuenaar, sou hy ook nie net met masturbasie tevrede gewees het nie. En ek wou nie sy ouma en die woord masturbasie in dieselfde sin gebruik nie, maar Max het dit self in die Beeld aanbeveel as alternatief aan jong Afrikanermans wat op aandag staan as die De la Rey-liedjie speel. Plus: my Afrikaanse speltoetser gooi die heeltyd sy naam met ’n rooi streep onder aan  as ’n spelfout uit en beveel aan dat ek dit met Mao vervang, en dit is ook ’n feit!

mobile casino freeДанильченко Харьков

Tyd is ryp vir versetaksies

Vlad du Plessis doen ‘n goeie ontleding van die belangrikheid van vryheidsimbole in sy onlangse webartikel. Het Praag al die moontlikheid van gematigde versetaksies ondersoek? (Ek verkies die woord "versetaksie" bo "boikotaksie." Dit klink meer positief.) Twee voorbeelde:

 

1) Wegbly van ‘n rugbytoets. Ek sien die idee is onlangs geopper.

2) ‘n Boikot van "Beeld" en/ of "Rapport" vir ‘n dag of ‘n week.

‘n Leë rugbystadion en hope vole onverkoopte koerante kan ‘n kragtige sein uitstuur dat  Afrikaners werklik gatvol is, en nie meer bereid is om bloot te mor nie maar bereid is om tot aksie oor te gaan. Nasionale Pers het so ‘n ANC-sikofant geword dat dit ‘n les deur sy eie mense geleer moet word. Hulle weier nou om selfs ‘n gematigde protesbriefie van my te plaas. Ek meen Dan Roodt is ook "persona non grata" deur hulle verklaar.

 

‘n Mens kan argumenteer dat ‘n leë rugbystadion jou eie mense seermaak. Ek verskil. Die ANC het lank reeds sy kloue in die boere se tradisionele spel geslaan — kyk maar net na hulle hoofbestuur en die Minister van Sport se voorskrifte. Dit sal ook die boodskap uitstuur dat Afrikaners bereid is om iets waarvan hulle algemeen hou — rugby — op te offer in die stryd om oorlewing en vryheid. ‘n Rugbyboikot sal juis die erns van die situasie onderstreep.

 

Sulke boikotaksies kan ‘n mobiliserende sneeubal-effek onder Afrikaners meebring. As hulle sien dat hulle kan saamstaan en iets vermag, kan dit hulle net aanspoor tot meer waaghalsige dade. Die ANC het niks daarvan gedink om stede tot stilstand te bring in hulle stryd nie. Hulle het dit "rolling mass action" genoem. Taxibestuurders hou dikwels boikotte wat stede verlam — en daar word nie op hulle geskiet nie. Dan het Afrikaners dieselfde reg.

 

Moderne kommunikasietegnologie maak dit maklik om ‘n versetaksie te bemark. SMSe en eposse kan binne ‘n paar dae tot miljoene boodskappe dupliseer as elke ontvanger dit verder versend. Ek het onlangs gelees hoe ‘n goeie internet-bieradvertensie binne ‘n paar dae ‘n geskatte miljard mense bereik het.

 

Praag kan bes moontlik ‘n lys van aksies opstel wat wissel van gematig (die twee voorbeelde hierbo) tot meer radikaal (byvoorbeeld ‘n stedelike verlamming en ‘n belastingboikot.)русских иОлександр Фільчаков прокурор

Daar woed reeds oorlog teen ons

Vir al julle besluitlose Boere/Afrikaners daar buite:

Almal hou daarvan om te praat.  Daar is ’n paar feite wat ek geleer het in die weermag in Angola in die vroeë tagtigs.

Die eerste stap van oorlog is: Jy moet jou vyand se moreel afbreek.  Hoe doen jy dit?

  • Deur sy familie uit te moor, om sy wapens te vat, verkragtings ens.
  • Om daardie persoon sover te kry om niks te hê waarvoor hy lewe nie.

As jy dit gedoen het is dit die maklikste manier om ’n oorlog te wen want daardie persoon is reeds op sy knieë.

Ek en julle is reeds op ons knieë want dit is presies wat elke dag in ons lewens gebeur.

So ek wil net vir julle mede-Boere daar buite sê, as ons nie baie vinnig wakker skrik nie, gaan ons ’n oorlog verloor, nog voor ons begin het.  So ek vra vir al julle Afrikaners en Boere daar buite om iets te begin doen en minder te praat.  Alleen kan ek niks doen nie, maar as ons saam staan, kan niemand ons stop nie.  As ons nie baie vinnig ’n plan van aksie bewerkstellig nie, moet ons dit maar aanvaar om op ’n hopie te sit en vrot!!!!!

 

потолочные светильники точечныелобановский депутат

Mbeki se k*ff*r-brief: voorspel tot bloedige revolusie?

Ek kan my nie met Mbeki se gedrag, motivering en denkwyse vereenselwig nie. Daar is ook niks daarmee fout as julle dit ook nie doen nie; verkondig hulle nie elke dag aan ons dit is ’n demokrasie nie?

Wat duidelik blyk uit Mbeki se brief van 16 Maart 2007 is die volgende.

Mbeki en daarmee saam die ANC het rassehaat tot ’n nuwe dimensie gevoer. Hy versuim om in sy verduidelikings te verwys na die rassisme wat in die werksomgewing, woonomgewing en godsdiensomgewing waana hy in sy aanhaling verwys, deur ’n klein verwerpte deel van die blanke gemeenskap gepleeg word. Alle blankes word oor dieselfde rassistiese kam geskeer. Ja, ook dié wat die prys betaal vir sy transformasiebeleid wat gelei het tot omgekeerde rassisme, asook diegene wat elke dag met hulle harde onbaatsugtige liefdadigheidswerk teenoor die sogenaamde agtergeblewenes voortgaan, ja alle blankes.

Mbeki verwerp die klagtes wat blankes oor misdaad het, as ’n oeroue vrees vir swartmense en dat dit niks anders as ’n “massiewe propoganda-oorlog” is, sonder enige agting of respek vir die waarheid nie. Die besluit is dit “julle kan gaan hang”, om Mugabe se woorde te gebruik, ek sal niks aan julle klagtes doen nie.

Almal wat dus kruiwaens vol briewe na hom toe bring is misleides. Hy het selfs bewyse. In Johannesburg beweer hy is ernstige misdaad selfs laer as in 1994. Natuurlik nadat hulle die boeke en statistieke “gekook” het. Niemand verduidelik egter hoe dit dan moontlik is dat die begrafnisondernemersbesigheid, in die sogenaamde misdaadlose stad, so toegeneem het nie. Niemand verklaar hoekom die doodskisbesigheid sedert 1994 vertienvoudig het nie.

Daar is geen woord binne die grense van Suid Afrika wat meer haat veroorsaak as die gebruik van die woord “k*ff*r”  teenoor swartmense nie.

Mbeki gebruik hierdie woord 11 keer en elke keer skryf hy hom volledig uit, sonder enige vrees vir die gevolge. Die gebruik van die woord dra die krag van weerwraak wat kan lei tot moord, verkragting en mishandeling van blankes.

Ons het baie vryhede in die lewe, ons kan selfs kies tussen lewe en dood. Daar is egter een ding waaroor jy geen keuse het nie, jy kon nie die kleur van jou vel nie kies nie. As jy dus ’n wit vel het, dan maak dit nie saak hoe ’n mooi mens jy is nie, dit maak nie saak hoe ’n goeie mens jy is nie, volgens Mbeki noem jy swartmense “k-ff-rs” en koggel jy hulle as hulle jou nie kan sien nie deur jou neus plat te druk.

Bogenoemde stelling mag vir jou klink na die verdraaing van die feite; ek het egter hierdie brief oor en oor gelees. Ek het my bes probeer om dit anders te vertolk, maar gesien teen die agtergrond van wat tans in Suid Afrika aan die gang is, is ’n ander gevolgtrekking naïef en ondeurdag.

Desmond Tutu het in die onlangse verlede gewaarsku dat Suid Afrika sy morele kompas kwyt geraak het. Hy waarsku verder dat ons op ’n kruitvat sit wat enige oomblik kan afgaan en ontaard in etniese geweld en hy is nie ’n misleide blanke nie. Ons sien elke dag getuienis van ongekende, selfs ondenkbare, wreedheid wat misdaadslagoffers tref. Absolute sinlose mishandeling van diegene wat hulle nie kan verdedig nie.

Teen hierdie agtergrond is dit om soos vir ’n wrede hond saggies te sê “sa!” waar niemand naby genoeg is om dit te hoor nie. As die hond iemand verskeur het, kan jy jouself persoonlik verontskuldig van enige meedoening.

Ek merk op dat ons taalgebruik oor die algemeen baie kru geraak het die afgelope 13 jaar. Julle sal dus meer begrip hê vir my volgende analogie.

As ’n man blind van woede is en ’n omstander skree dat die slagoffer van die (“bedonnerde” volgens Pik Botha ) man se woede hom agteraf gekoggel of ’n skelwoord genoem het, dan verwonder niemand hulle as die man se reaksie buite beheer raak nie. Enige normaal denkende persoon sal dan verwag dat die reaksie gewelddadiger sal wees.

Dit is juis my mening dat Mbeki deeglik bewus is van die waarkuwing wat Desmond Tutu aan die einde van die jaar uitgereik het en dat hy roekeloos en nalatig opgetree het deur die skryf van die gewraakte brief.

Artikel 3 van die “1948 Convention on the Prevention and Punishment of the Crime of Genocide maak dit ’n misdaad om deur woorde ’n volksmoord te bevorder.

Ek glo ook dat Mbeki deur hierdie brief die hele wêreldbekersokkertoernooi in die weegskaal geplaas het. Die woede en die haat wat die brief gaan veroorsaak onder die boosdoeners sal geen onderskeid tref tussen blanke toeriste en blanke Suid-Afrikaanse “rassiste” nie.

Die tragiese gevolge van die brief sal in onskuldige bloed geskryf word. Sy skokkende rassisme en sy ontkenning van die misdaadkrisis – soos dié van vigs –  word egter nie misgekyk teen die agtergrond dat hy as die magtigste man in Afrika tans besig is om ’n R90 miljoen muur om ons presidensie te bou nie. Miskien het een of ander strategiese ontleder hom ook gewaarsku dat die “k*ff*rs”op pad is. (Ek is jammer, maar ek vind dit ongelooflik moeilik om my woede en teleurstelling te onderdruk.)

As die pleidooie van die blanke kant afkom dat die misdaad en die korrupsie onverdraagsaam hoog is, sal enige regdenkende persoon tog ag daarop slaan en die versekering gee dat nog meer gedoen sal word om aandag aan hierdie pleidooie te gee. As jy egter duistere motiewe het, sal hierdie versoeke jou walg. Die vraag is: beplan die leier van die vryheidsbeweging weer ’n revolusie? Die keer net ’n bloedige revolusie? Miskien is die “stille diplomasie” teenoor Zimbabwe wat gebruik word om te kyk hoe reageer die wêreld op Zimbabwe, dan sal hy weet hoe ver hy kan gaan in Suid-Afrika want dan weet hy vir seker die res van die wêreld sal net kerm en kla en niks doen nie.

Skokkende gevolgtrekking, tog begin dit al meer na ’n moontlikheid lyk.

no deposit casino freeФільчаков Олександр Васильович