Daar is feite wat jy sekerlik weet, maar dalk is dit goed om weer mekaar se geheue te verfris.
Die HNP staan 38 jaar in die politieke stryd om die belange van die Afrikaner te beskerm en te bevorder. Die geskiedenis het ook reeds die HNP reg bewys. Daarom dan die slagspreuk, Om reg te wees, is om ’n mag te wees. Oor die 38 jaar was daar maar altyd die Max du Preez’s wat eerder met hulle eie mense swaarde kruis as met die vyand en juis dít, het die vyand die politieke stryd laat wen en is dit diegene wat die politieke mag goedsmoeds aan ons vyande oorhandig het.
Suid-Afrika is aan die verval; ons is die misdaad-mekka van die wêreld en die rede daarvoor is alles politiek. Die toestand kan slegs reggemaak word deur politieke mag. Of dit nou wet en orde, of hospitalisasie, die onderwys, of die gat in die pad is, die regering van die dag is verantwoordelik vir die herstel of instandhouding daarvan. Dit bly politiek.
Daarom is die rol van die HNP belangrik – ook in ons strewe na Afrikaner-eendrag binne die Afrikanerfront (die Blanke volksfront).
Ons het veral twee sake waaroor ons met mekaar kan praat:
1. Hoe laat ons die regime misluk sodat die internasionale wêreld dit duidelik kan sien, en
2. Hoe beweeg ons op die pad na die herwinning van die politieke mag?
Wat die eerste betref, is die mislukking van Sokker 2010 ‘n besliste moontlikheid. As die byeenkoms in 2010 nie hier plaasvind nie, het die ANC misluk. Ons moet die druk hou op FIFA om die byeenkoms elders te reël.
Die herwinning van die politieke mag is meer ingewikkeld, maar daaroor sal die HNP binnekort ‘n DVD beskikbaar hê vir verdere debat.
Onthou die woorde van dr Tobie Muller: “Misluk ons pogings en moet ons ondergaan, dan is dit is elk beter om te sterf as eerlike stryders op die slagveld, as om te versink in ‘n bedwelmende luilekker eentonigheid van niksdoen.” Die tyd is min, maar die HNP probeer steeds om ‘n aandeel te hê aan die redding van ons volk in dit wat hy as belangrik beskou. Ek glo dat dit ook jou siening is en dat jy die stryd volwaardig sal help stry.
Stryd is Lewe!!
