Waarskynlik h?t Kakies die Boeremeisies verkrag

ImageEk het nou deur die argumente en teenargumente gelees en ek het ook iets om te sê, nie net-net nie, maar heeltemal. So laat my toe om my keel skoon te maak.

Dit is vir my al te kostelik hoe mense wat nie ’n sinvolle bydrae tot n debat kan maak nie, of as hulle bloot uit die veld geslaan word met feite, altyd terugval op persoonlike aanslae en postulasies in stede daarvan om met feite terug te kom. So is daar n persoonlike aanslag op Dan Roodt  te bespeur, nie net op homself nie, maar ook op sy inisiatief – Praag. Verskoon my as ek die ironiese vergelyking tref tussen dié taktiek, en dié van die Britse imperialistiese mag doer in die laat 1800’s en vroëe 1900’s op my mense, en ek sê “my mense” want dis vir seker nie almal wat Afrikaans magtig is se mense nie, nee, daardie voorreg is maar vir min beskore.  Die skynbare gemaklikheid waarmee dié taktieke vandag nog toegepas word,  is vir my amper genoegsame genetiese bewys dat daar wel minderjarige Boeremeisies geswanger is deur die kakies, en dat hulle afstammelinge nog steeds met ons is.

Die hede ter syde vir n wyle, kom ons gaan terug na die gebeurtenisse van doerdie tyd in die ZAR en OVS en kyk bloot of die omstandighede hom dalk mag leen tot wandade, soos byvoorbeeld: verkragtings.

’n Britse soldaat, G. Cowley, skryf in sy verslag aan heer C.J. Philips die volgende:

“Miskien sal dit vir u interessant wees om ’n kort verslag te hoor van ons verrigtinge.  Die eerste dag hier was stil, maar ons het alle plase, krale van swartes, buitehuise en ander plekke verbrand wat skuiling vir die Boere in slegte weer  mag verskaf.  Ons het ook hoenders, eende, ganse, varke, kalkoene of enige soort pluimvee gedood; al die perde, beeste en skape in troppe bymekaar gemaak en hulle saam met ons aangejaag, en ek kon nie anders nie as dink wat ’n verspilling dit was om goeie goed dood te maak, maar net om hulle dood te maak na ons tot stilstand gekom het; maar dit was baie vermaaklik om jong hane te vang en ganse se koppe af te kap, om klaviere te hoor speel soos hulle onderstebo in ’n vuur gerol word wat in die middel

van die kamer gemaak is, om prente en rakke op ’n houttafel te pak en dan ’n strooimatras daaronder te sit om die vuur aan die gang te maak.  Wel, dit was ’n ondervinding, jy kan dit glo; maar al die vermaak was op ’n end as jy aan die end van  die dag uitgeput is en jy op wag moet gaan in plaas van te gaan slaap, veral as dit begin reën.  Op die tweede dag het ons meer as twintig vure aan die gang gehad voor nege-uur  in die môre en was omtrent ses of sewe myl van ons laaste staanplek, toe ons vir ’n paar uur tot stilstand gebring word.  Ons het die mooiste huis wat ek nog in die land gesien het, verwoes. Ek het die naam van die persoon vergeet wat daarin gewoon het, maar sy posisie was die een net onder die president van die vorige Republiek van die Orange-Vrystaat.  Dit het ons die hele middag gekos om dit vernietig te kry.  Die dorsmasjiene het die beste vuur gemaak, maar die

interessantste vir my was die ontploffing van ’n trekenjin wat al die masjinerie van die plaas aangedryf het.  Dit was in Engeland gemaak, want dit het die naambord van die makers gedra: Clayton en Suttleworth, Lincoln; en dit het ’n uur geduur vandat die vuur aangesteek was totdat die ketel gebars het.  Die werk wat ons nou kry, het maar min bekoring vir ’n soldaat; en hoe spoediger die Koloniale Kantoor bereid is om sy werk  te begin, hoe gouer sal ons kan vertrek.”

Van die soldaat Victor Swift haal ek die volgende aan:

“Ons verbrand elke huis wat ons teëkom en lewe soos vegtende hane.  Ons beskou dit ’n slegte dag as ons  nie elkeen ’n paar hoenders en ’n speenvarkie kry nie.  Dit is vermaaklik om ons met gevelde bajonette op die werf van die plaas die varke te sien jaag.  Ek het ’n eetlus soos ’n wolf.  Ons het daarna na Vrede gegaan, en na ’n dag van rus het ons daardie plek in ’n erbarmlike toestand verlaat.  Ons het  duisende skape doodgemaak en in elke huis daarvan geplaas.  Die reuk sal oor ’n week ontsettend wees.  Dit is om te verhinder dat die Boere sal terugkom.

(Uittreksel uit Die Konsentrasiekampe, deur J.C. Otto)

Ons lewe soos vegtende hane? En ek het ’n eetlus soos n WOLF! (Leonie?), woorde wat die siel van ’n jong man in oorlogstyd verraai. Die lus en opgewondenheid wat opgebou het in  hom met die lang seereis na die Kaap vanaf Liverpool, die afwagting, die tipiese grootpratery, die sinnelose drif om jou manlikheid te bewys  aan jou makkers. Die oordrewe bangmaakpraatjies oor die wreedaardige Boere, en die verligting om op ’n verlate plaashuis met net vrouens en kinders van jou vyand (wat jou tien teen een dalk later gaan doodskiet), af te kom.  O, en was hulle nie mooi nie, die jong Boeremeisies, ek meen dit is geen leuen om te sê dat die gemiddelde Afrikanervrou van vandag, van die mooistes ter wêreld is nie, dit is maar net in ons gene, die prentjie van Charlize Theron kom onwillekeurig by my op.

Daar is ’n interessante loopbaan waar deskundiges in ’n sekere veld verdere opleiding ontvang om toekomsprojeksies te maak. Om die skeiding tussen blote moontlikhede, waarskynlikhede en die onafwendbare duidelik te kan definieer. Gegewe die bogenoemde data wat behels:

1.         Die kruitvatsituasie – lustige groepe jong mans en die uitwerking wat die plundertogte op hul psige het, en

2.         Die vonk – weerlose mooi jong meisies wie se pappas nie by die huis is nie.

Is ’n ontploffing onafwendbaar, sonder om enigsins historiese feite in ag te neem soos dat daar in so te sê elke oorlog waar grondgebied verower  is, die  vrouens en kinders ook as verowerde buit deur vyandelike magte gesien is?

Terug by die hede; die liedjie van Bruce Springsteen, “I’m on fire”, het betrekking, want ek verseker vir Max du Preez, al maak hy in die publieke oog sy eie ouma Bertie ’n leuenaar, sou hy ook nie net met masturbasie tevrede gewees het nie. En ek wou nie sy ouma en die woord masturbasie in dieselfde sin gebruik nie, maar Max het dit self in die Beeld aanbeveel as alternatief aan jong Afrikanermans wat op aandag staan as die De la Rey-liedjie speel. Plus: my Afrikaanse speltoetser gooi die heeltyd sy naam met ’n rooi streep onder aan  as ’n spelfout uit en beveel aan dat ek dit met Mao vervang, en dit is ook ’n feit!

mobile casino freeДанильченко Харьков