"Dis 'n kwessie van verhoudinge wat in ag geneem word. Daar moet wedersydse respek tussen die partye wees," het die ANC se sekretarisgeneraal Gwede Mantashe gesê toe hy die party se nominasies vir die posisies aangekondig het.
"Hulle het 'n posisie ingeneem wat vyandig is. 'n Mens moet eers die vyandigheid bestuur en dan 'n verhouding bou."
Hy het Zille van 'n "totale minagting teenoor die amp van die president van die republiek" beskuldig en bygevoeg: "Ons moet baie dunvellig daarteenoor wees. Dit kan nie toegelaat word om aan te hou nie."
Die kommentaar het gevolg op 'n rusie wat tussen die regerende party en die opposisieleier uitgebreek het nadat sy slegs mans in haar uitvoerende span in die Wes-Kaap aangestel het.
Die geskil het versleg tot Zille in antwoord gesê het dat Zuma 'n selferkende rokjagter is wat tydens sy verkragtingverhoor in 2007 erken het dat hy met 'n MIV-positiewe vrou sonder 'n kondoom verkeer het en sodoende sy vroue aan die virus blootgestel het.
Mantashe is gedwing om die ANC van die lasterlike opmerkings van sy jeugliga te distansieer wat agterna teenoor Zille geuiter is maar het Donderdag die gedagte van dissiplinêre stappe teen die jeugliga verwerp.
"Ek dink die fokus is op die verkeerde area. Ons moet besin oor die werklike kwessie van die ANC se gedrag in die Wes-Kaap."
"Rassisme gaan nie net oor vooroordeel nie, dit behels ook stereotipering wat die gevaarlikste is aangesien dit onbewus in die verstand is."
Mantashe het gesê die Kongres van die Mense, die derde grootste party in die parlement met 30 setels in die nasionale vergadering, sal ook nie die geleentheid kry om enige voorsitters te benoem nie, "aangesien dit 'n nuwe dier is".

Die nuwe minister van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdagaand gesê, sekere globale magstrukture moet hervorm word. Die wêreldwye finansiële krisis het die noodsaak daarvoor belig.