praag.co.za

Sepies kan binnekort verdwyn as die SAUK nie opdok nie

Written by

in

Die Burger berig dat TV-vervaardigers vandag ’n noodvergadering hou om te besluit wat om te doen oor uitstaande betalings van miljoene rande deur die SAUK. Die wanbetaling deur die openbare uitsaaier dreig om die produksie van verskeie TV-programme te ontspoor.

Die SAUK se skuld beloop glo meer as R40 miljoen. Die openbare uitsaaier het bevestig dat hy in ’n reusetekort sit.

“Ek is baie bekommerd oor die SAUK,’’ het Frederick Stark, Generations-vervaardiger gister aan Die Burger gesê. “Die instansie staan op die rand van algehele ineenstorting en ek weet nie hoe dit toegelaat kon word dat die SAUK op hierdie desperate punt kon kom nie.”

Net die program Generations alleen – Suid-Afrika se heel gewildste program en gewildste daaglikse sepie – word reeds R9 miljoen geskuld.

Nie alleen Generations nie, maar van die land se heel gewildste programme soos 7de Laan, Isidingo en ander swart reekse kan binne weke van TV-skerms verdwyn en deur heruitsendings vervang word indien die SAUK nie van iewers geld kry om sy agterstallige rekeninge vir programme wat reeds gelewer is, te betaal nie.

Plaaslike vervaardigers weier om enige nuwe videobande aan die SAUK te gee as die uitstaande skuld betaal nie betaal word nie.

игры для дивчатоклобановский александр жена

Comments

Leave a Reply