President Barack Obama sal Tanzaniese president Jakaya Kikwete Donderdag in die Withuis ontvang. Die twee leiers sal 'n wye reeks streekskwessies en bilaterale sake bespreek, het 'n Withuiswoordvoerder Robert Gibbs aangedui.
"Tanzanië is 'n sterk vennoot in Afrika suid van die Sahara," het hy gesê. Hy het bygevoeg dat Obama daarna uitsien om "nou saam te werk met president Kikwete om gemeenskaplike uitdagings aan te pak, wat die wêreldwye finansiële krisis en die impak daarvan op Suider-Afrika insluit."
Obama, wat deels van Keniaanse oorsprong is, wil tydens sy ampstermyn op Suider-Afrika konsentreer en sal in Julie in Ghana aandoen, maar sy administrasie se beleid teenoor Afrika is nog nie behoorlik in detail geformuleer nie.
