Franse hulpwerkster verkrag en beroof in DR Kongo

'n Franse hulpwerkster is verkrag en beroof deur verskeie gewapende mans in die ooste van die DRK, het die Le Parisian-koerant se internasionale uitgawe Vrydag gesê.

Die mans, wat uniforms gedra het, het 'n groep hulpwerksters beroof, waarvan drie vroue was. Die twee ander vroue was ook die slagoffers van seksuele aggressie, het die koerant gesê.

Dit is onduidelik of die oortreders lede van 'n rebellegroep was of soldate van die Kongolese weermag. Die organisasie waarvoor die slagoffer gewerk het se naam is nie genoem nie.

Die hulpwerksters is dringend na Frankryk teruggeneem waar die vrouens, wat almal in hulle twintigerjare is, sielkundige behandeling gekry het en daar word verwag dat klagte gelê sal word.

Hulle het gewerk in Goma-hospitaal in die noord-Kivuprovinsie, wat die middelpunt is waaromheen gevegte reeds maande lank woed.

Verkragting word gebruik as metode van oorlogvoering in die Kongo, maar tot nou toe is baie min gevalle bekend waar Westerse vroue verkrag is.

Die Franse president, Nicolas Sarkozy, beplan om in Maart in die streek te reis om 'n nuwe vredesinisiatief te bevorder ten einde die gevegte tussen die weermag en rebellegroepe in die ooste van die land te keer. Dié deel van die land is baie ryk aan minerale.

Honderde duisende burgerlikes kry swaar in vlugtelingkampe waar daar tekorte aan voedsel en basiese higiëne bestaan.

строительство саунФильчаков прокурор харьков

Zimbabwe wettig buitelandse valuta vir almal

ImagePresident Robert Mugabe se regering het Donderdag alle buitelandse geldeenhede as wettig verklaar, tesame met die amper waardelose Zimbabwiese geld, en op dié manier die oorheersing van harde geldeenhede in die land se ineengestorte ekonomie gewettig.

Die bewind het ook 'n reeks wye ekonomiese hervormings aangekondig in 'n poging om die ekonomie wat deur krisisse getref is te laat herleef. Die ekonomie gaan gebuk onder hiperinflasie waarvan ekonome net die waarde kan skat, Ook het die vervaardigingsektor in duie gestort en die infrastruktuur uitmekaar geval.

Die waarnemende minister van finansies, Patrick Chinamase, het tydens sy rede oor die nasionale begroting lewer – wat met 2 maande vertraag was terwyl die politieke teenstaanders gestry het oor die implementering van die magsdelingsooreenkoms – gesê dat dit 'n "paradigmaverskuiwing verg en die erkenning van die werklikheid dat ons nie kan eet wat ons nie het nie."

Met die Amerikaanse dollar wat nou omtrent 20 triljoen Zim-dollar werd is en pryse wat soms verskeie keer per dag verander, het Zimbabwiese ondernemings meer en meer begin om pryse te vra in Amerikaanse dollar, Suid-Afrikaanse rand, euro's en Botswana-pula.

Die regering het laat verlede jaar begin om kontantwinkels te lisensieer, maar indiwidue word steeds gearresteer vir  die handel in en besit van buitelandse geld.

"Die regering laat die gebruik van buitelandse geldeenhede toe vir besigheidstransaksies, tesame met die Zim-dollar," het Chinamase onder luide toejuiging in die vergadering gesê.

купить пиджак сильвер спун для мальчикаАлександр Фильчаков прокурор

Joodse Raad verbreek bande met Vatikaan

Die sentrale raad van Jode in Duitsland verbreek bande met die Rooms-Katolieke kerk omdat pous Benediktus XVI 'n biskop weer in diens gestel het wat die skaal van die volksmoord op die Jode in die Tweede Wêreldoorlog ontken het, het sy president Donderdag gesê.

Verlede week het die pous die verbanning van 4 tradisionele Katolieke biskoppe opgehef, insluitend die Brits-gebore Richard Williamson, wat stellings gemaak het wat die omvang van die Duitse slagting op Europese Jode ontken het.

Williamson het in 'n onderhoud met 'n Sweedse televisiestasie 'n week gelede gesê dat daar geen gaskamers was nie en dat niks meer as 300 000 Jode dood is in die Nazi-konsentrasiekampe nie, eerder as die 6 miljoen wat deur historici aanvaar is.

"Onder die omstandighede sal daar vir nou geen gesprek wees tussen my en die kerk nie – ek beklemtoon 'vir nou'," het Charlotte Knobloch, president van die raad van Jode, in die koerant Rheinische Post gesê. Ek wil hê die kerk moet  hom uitspreek teen sulke optrede van die pous."

Die sentrale Raad van Jode het haar verklarings bevestig.

медсправка для гаи купитьтопкарго развод

Veertig mense soek na Keniaanse supermark afbrand

Veertig mense is steeds soek ná 'n vuur 'n supermark in Nairobi twee dae gelede vernietig het, het Kenia se Rooikruis Vrydag gesê.

"Ons soek nog na 40 mense," het die Rooikruiswoordvoerder Titus Mung'ou aan Reuters gesê.

Plaaslike media het gesê daar word vermoed dat baie van die 40 mense dood is.

Die Nakumatt-supermarkketting sou om 09:00 'n nuuskonferensie hou om die jongste inligting te gee.

'n Woordvoerder vir Nakumatt, Catherine Karanja, kon nie presiese syfers gee van hoeveel mense vermis word nie, maar het bevestig dat 5 van die 103 personeel wat teenwoordig was ten tyde van die brand nog nie gevind is nie.

"Ons ondersoek steeds die oorsaak," het sy gesê.

Vlamme het Woensdagmiddag die groot supermarkgebou omhul, toe die winkel vol kopers was en die strate naby vol mense.

Brandweermanne het die vuur ure lank bestry, terwyl rook oor sentraal-Nairobi gewaai het. Die gebou is heeltemal vernietig.

медицинская справка в бассейнtopcargo кидалы

‘Anti-Semitisme nie regeringsbeleid’, s? Dlamini-Zuma

Die minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, het nie met haar adjunk Fatima Hajaig gepraat oor bewerings van anti-Semitiese opmerkings nie, maar wel Donderdag 'n verklaring uitgereik wat sê dat sulke opmerkings teen buitelandse beleid is.

Hajaig is in Japan op regeringsake en die minister is op pad na Addis Abeba vir 'n Afrika-unievergadering, dus kon die twee nog nie gesels om die beweringe uit te klaar nie, het 'n verklaring wat namens Dlamini-Zuma uitgereik is, gelui.

"Nietemin, minister Dlamini-Zuma wil die algemene publiek verseker dat daar geen verandering is in die Suid-Afrikaanse buitelandse beleid nie. Daarvolgens weerspieël stellings wat anti-Semities van aard is nie Suid-Afrikaanse buitelandse beleid nie."

Die verklaring lui verder: "Suid-Afrika se buitelandse beleid, wat deur die waardes van ons grondwet gelei word, het en sal altyd alle vorme van anti-Semitisme en rassisme verdoem in al sy manifestasies wanneer dit gevind word."

Die DA beweer dat Hajaig gedurende 'n onlangse toespraak in Lenasia klaarblyklik gesê het: "Jode beheer Amerika, maak nie saak watter regering aan bewind is nie, of dit Republikeins of Demokraties is, of dit Bush of Obama is."

Hulle beweer ook dat sy gesê het: "Hulle beheer oor Amerika, net soos die beheer oor die meeste Westerse lande, is in die hande van die Joodse geld, en as Joodse geld hulle lande beheer, kan mens niks verwag nie."

Die Joodse raad van afgevaardigdes het die beweerde opmerkings as "klassieke anti-Joodse stereotipering en samesweringsteorieverspreiding" beskou en die SA Menseregtekommissie gevra om die saak op te neem, terwyl die DA gevra het dat Hajaig uit haar pos ontslaan moet word.

тамбов краныДанильченко

Redakteursforum verwelkom Motlanthe-besluit

Image

Kgalema Motlanthe

Die SA Nasionale redakteursforum (Sanef) het president Kgalema Motlanthe se besluit om die omstrede film- en publikasieswysigingswet terug te verwys na die parlement verwelkom.

Motlanthe het Donderdag die wet, tesame met die mededingingswysigingswet terugverwys na die nasionale vergadering vir heroorweging in terme van artikel 79(1) van die grondwet, het die presidensie gesê.

"Die president was ná versigtige oorweging onseker oor die grondwetlikheid van sekere dele van die wet," het die presidensie gesê.

In 'n verklaring later Donderdag het Sanef gesê dat sekere aspekte van die wet 'n negatiewe invloed gaan hê op die vrye beweging van inligting en ook dalk negatief gaan inwerk op die grondwetlik gewaarborgde reg op vryheid van uitdrukking.

эндоскопический лифтинг лица ценыФильчаков прокуратура харьков

Jan Publiek gefrustreer deur SA polisie

Suid-Afrikaners is baie gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse polisiediens, het die parlement se openbare verhore vir die voorgestelde nuwe geïntegreerde strafregdiens gesê.

Hulle wil beter diens van die polisie ontvang, het die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies se komitees oor justisie, veiligheid en sekuriteitk, asook korrektiewe dienste gehoor tydens die verhore in al nege provinsies.

Probleme wat genoem is, sluit in polisiekorrupsie, die feit dat hulle nie reageer op oproepe vir hulp nie en die misbruik van amptelike voertuie, het 'n parlementêre woordvoerder Donderdag in 'n verklaring gesê, die dag ná die driemaandetydperk van verhore in die Wes-Kaap geëindig het.

"Ten spyte van baie klagte wat teen die polisie ingebring word, was daar ook 'n redelike klomp mense wat kan insien dat die polisie te min hulpbronne het en dat daar heelwat hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarvan somme ook in in die uitvoering van hul pligte hulle lewens opgeoffer het," het die woordvoerder gesê.

Die verhore is grootliks gefokus op 'n sewepuntplan om die strafregstelsel en die slagoffershandves te verander.

Die handves fokus op die regte van 'n slagoffer van misdaad en die verpligtinge van die staat teenoor die slagoffers.

справка о заболеваниитопкарго

Sjina gaan in Afrika bly

Image

Sjinese vlag wapper voortaan in Afrika

Sjinese sakeondernemings neem 'n langtermynsiening en volg strategiese uitbreiding in Afrika, selfs al het Sjina se beleggings op die kontinent so effens sy glans verloor tydens die onlangse afwaartse neiging van die globale ekonomie.

Beijing en Sjinese maatskappye het tienmiljarde dollar aan Afrika in die vorm van lenings en beleggings belowe, meestal om grondstowwe vir Sjina te bekom, wat die wêreld se vinnigste groeiende ekonomie is.

Daardie langtermynbelangstelling bly steeds staan, ten spyte van 'n wêreldwye ekonomiese insinking wat Sjina se uitvoere na ryk lande getref het en 'n afname in uitvoere van Afrika-minerale na Sjina.

Sjina-Afrikahandel het geklim met gemiddeld byna 30% per jaar die afgelope dekade en toegeneem tot amper $107 miljard in 2008.

Sjinese entrepreneurs soek nou na winskope, eerder as om teug te staan. Sjinese en Indiese firmas het belangstelling getoon om Zambië se topkobaltvervaardiger, Luanshya Copper Mines, oor te neem sedert werksaamhede in Desember gestaak is, het die Zambiese staatsmedia gesê.

In Suid-Afrika het Standardbank, wat self 20% besit word deur die Industriële en Kommersiële Bank van Sjina, verlede maand gesê dat hulle Sjinese mynkliënte adviseer ten opsigte van koopgeleenthede in Afrika en elders.  

slots ukФільчаков Олександр Васильович прокурор

Niekie van den Berg, jongste politieke nar?

Die nuus vandeesweek dat die omroeper Niekie van den Berg tot die politiek toetree as DA-kandidaat, beklemtoon die tekort aan enige geloofwaardige politieke leierskap in die land. Die DA moet werklik desperaat wees om die aanbieder van die "Sê wie"-program, wat as polities korrekte Afrikanerhater bekendheid verwerf het, op sy kandidatelys te plaas.

Ook in die ANC is daar natuurlik hordes sogenaamde parlementslede wat nie in staat is om op enige ander manier 'n salaris te verdien nie en gereeld gekke van hulself maak in hul openbare uitsprake. Diegene wat kraters van hulself maak, verteenwoordig miskien nog die room van die room, want 'n groot gros ander woon nie eens die parlement by nie of raak op die banke aan die slaap.

Moontlik sal Niekie van den Berg met sy domastrante menings wat op volslae onkunde oor die politiek en die geskiedenis gegrond is homself tuisvoel in die parlement, gegewe die materiaal wat reeds op die banke sit (of slaap). Dis egter nog nie 'n goeie rede vir 'n opposisieparty om so 'n nar as moontlike verteenwoordiger van kiesers te oorweeg nie.

обработка ценаДанильченко

Withuis verander klerestyl

Image

Obama, die president sonder baadjie

President Barack Obama is afgeneem in die Ovaalkantoor sonder sy pak se baadjie aan. Maar daar was 'n logiese verduideliking daarvoor: Obama wat nie van koue hou nie het die lugreëling se termostaat warmer gestel.

"Hy is van Hawaii afkomstig, reg?" het Obama se senior adviseur David Axelrod gesê. "Hy hou van die hitte. Mens kan orgideë daar binne groei."

Onder Bush se bewind was stiptelikheid belangrik. Vergaderings het vroeg begin – die voormalige president het eenkeer die minister van buitelandse sake, Colin Powell uit die Kabinetskamer gesluit toe Powell 'n paar minute laat was – en betyds geëindig. In die Obama-Withuis begin vergaderings op die regte tyd en eindig dikwels laat.

"Ek sal nooit vergeet nie, ek het een Saterdagoggend werk toe gegaan en is ingeroep Ovaalkantoor toe omdat hy ongelukkig was oor iets," het Dan Bartlett, 'n adviseur vir Bush gesê. "Ek het kakieklere aangehad en 'n hemp waarvan die kraag nie toegeknoop was nie, ek moes by die deur staan en is vir 15 minute uitgevreet en is nie toegelaat om oor die drumpel te tree nie."

Obama het ook 'n meer ontspanne gevoel in sy openbare verskynings. David Gergen, 'n adviseur vir beide Republikeinse en Demokratiese presidente, het gesê dat Obama 'n soort van "Aloha Zen" uitstraal, 'n soort van gemaklike kalmte, wat Gergen gesê het 'n man weerspieël wat "gemakliker is, en nie so vol van homself nie".

тамбов стендлобановский александр харьков

Japan stel 4 gevangenes tereg

Japan het vier dodeselgevangenes tereggestel by drie aanhoudingsentra volgens 'n mediaverslag.

Kyodo-nuusagentskap het gesê vier mans is Donderdag gehang by drie aanhoudingsentra, insluitend een in Tokio, ná 'n bevel van die minister van justisie, Eisuke Mori.

Japan het verlede jaar 15 mense tereggestel, insluitend twee moordenaars wat in Oktober gehang is.

slot machines no download no registrationдепутат лобановский

Dodelike aanvalle werp lig op Indonesi? se mens-dierbotsings

'n Onlangse vlaag van dodelike aanvalle deur diere in Indonesië het die kollig gewerp op die toenemende konflik tussen mens en dier wat veroorsaak word deur die feit dat die land se woude vinnig kleiner word.

In die jongste aanval is twee vroue Dinsdag deur 'n paar olifante vertrap in Aceh-provinsie in die noordelike punt van Soematra. Die diere het 'n onwettig skoongemaakte veld vanuit die nabye woud binnegekom.

Die aanval, waarvan 6 ander mense nouliks met hulle lewens ontsnap het, het gebeur net dae nadat 'n rubbertapper volgens berigte deur twee skaars Soematraanse tiere doodgemaak is toe hy buite sy hut geurineer het in die Jambi-provinsie, ook in Soematra.

Die aanvalle word mens-dierbotsings genoem en dit is 'n toenemende probleem in Indonesië, 'n eilandnasie met sommige van die wêreld se grootste oorblywende tropiese woude en 'n groeiende bevolking van 234 miljoen mense.

Soos wat mense versprei in die voorheen onaangeraakte woude, word groot diere soos tiere, olifante en oerang-oetangs van die habitat ontneem wat nodig is om hulle bevolkings te dra, het Arnold Sitompul, die hoof van die omgewingsgroep Olifantforum aan AFP gesê.

mositaldent.ruлобановский харьков

Oorlogsvliegtuie tref Gasa se smokkel-tonnels

Image

Israelse vegvliegtuie

President Obama se gesant vir die Midde-Ooste het Woensdag probeer om die 10-dae lange skietstilstand tussen Gasa en Israel te red wat nou in die gedrang is ná 'n Palestynse bom 'n Israelse soldaat doodgemaak het. Israelse oorlogsvliegtuie bombardeer nou die tonnels waardeur baie smokkelware in Gasa ingebring word.

Die Israelse kabinet het vergader om te bespreek hoe ver hulle sal gaan in reaksie op Dinsdag se bom. Die Amerikaanse gesant, George Mitchell, het gesê dit is kritiek dat die skietstilstand verleng word, toe hy Egipte se president ontmoet het voor hy na Jerusalem gegaan het.

Die geweld is die ergste sedert Israel en Hamas aparte skietstilstande afgekondig het op 18 Januarie om'n einde te bring aan die drie weke lange Israelse offensief teen die Palestynse militante groep in die Gasastrook. Sedert hulle soldate onttrek is, het Israel gedreig om baie hard op te tree teen enige verbreking van die informele skietstilstand.

Die soldaat is Dinsdag dood op Israel se grens met Gasa in 'n ontploffing van 'n bom wat langs die pad gestel was en met afstandbeheer afgesit is, het die weermag gesê. Drie ander soldate wat die gebied gepatrolleer het, is beseer.

Israel het vinnig gereageer en tenks en stootskrapers in noordelike Gasa ingestuur om die plek waar die ontploffing plaasgevind het, plat te stoot en 'n lugaanval geloods wat 'n Hamas-militant gewond het. Die militante Hamas-lid was prominent in die organisasie en verantwoordelik vir die aanval, het die weermag gesê. Hamas het gesê die Israelse aanval het een van hulle mense beseer wat op 'n motorfiets gery het in die stad Khan Younis in suidelike Gasa.

Lugaanvalle vroeg Woensdagoggend het die netwerk van tonnels wat gebruik word om wapens, geld en mense in Gasa in te smokkel vanaf Egipte as teiken gehad.

Daar was geen aanvaardings van verantwoordelikheid vir Dinsdag se bom nie, maar Ramattan, 'n Palestynse nuusagentskap het 'n video van die bomaanval vrygestel, wat na bewering geneem is deur militante wat nie geïdentifiseer is nie.

Die beeldmateriaal wys 'n groot ontploffing langs 'n Jeep wat aan die Israelse kant van die grens beweeg het. 'n Groot rookwolk het opgelig terwyl die Jeep gestop het. Twee Israelse soldate is daarna gesien dat hulle na die Jeep toe hardloop terwyl daar op hulle geskiet word voor 'n sekondêre ontploffing hulle getref het.

"Ongelukkig beheer Hamas die Gasastrook en is hulle direk verantwoordelik vir alle vyandige vuur vanuit Gasa op Israel," het 'n regeringswoordvoerder Mark Regev aan Associated Press gesê.

"Israel wil hê die vrede in die suide moet voortgaan, maar gister se bomaanval was 'n opsetlike provokasie bestem om die kalmte en vrede te ondermyn en te kelder," het hy gesê.

Die geweld werp 'n skaduwee oor die begin van Mitchell se toer. Obama het gesê sy gesant sal luister na albei kante en dan probeer om 'n benadering te prakseer te wat kan voortbeweeg met die sukkelende Israels-Palestynse vredespogings.  

встраиваемые светильники поворотныеФильчаков прокурор харьков

Bontpratery oor sportregulasies veroorsaak chaos

Die chaos wat veroorsaak is deur gemengde boodskappe oor die omstrede sportregulasies waaroor vandag berig is, is die resultaat van die ANC se bontpratery oor sport. 

Die VF Plus-woordvoerder, Willie Spies, het gereageer op die herrie wat losgebars het nadat die adjunkminister van sport, mnr. Gert Oosthuizen, verkeerdelik te kenne gegee het dat die regering die omstrede sportregulasies wat die Sportminister tot ‘n sogenaamde “super keurder” proklameer, teruggetrek sou word.  Beeld en Die Burger het vandag berig dat Oosthuizen te kenne gegee het dat die regering nie voortgaan met die omstrede regulasies wat sal neerkom op blatante regeringsinmenging in spankeuses nie. 

Dit blyk nou dat Oosthuizen buite orde was en dat die regering wel van plan is om die regulasies deur te voer.  Spies het gesê die herrie wat ‘n reuse verleentheid vir die regering kan raak, is die gevolg van die ANC se dubbelpratery oor omstrede sake.  Die adjunkminister van sport speel lank reeds die rol van ‘n Judasbok wat minderhede moet oortuig dat die regering nie van plan is om met sport in te meng nie.  Die adjunkminister het egter die rol nou te ver geneem en ‘n reuse verleentheid vir homself en die Sportministerie veroorsaak. 

Die VF Plus het reeds meer as ‘n jaar gelede aan die regering kennis gegee dat enige poging van die minister om uitvoering te gee aan sy ingrypende magte wat die omstrede sport en ontspanningswet aan hom verleen, met ‘n internasionale veldtog by internasionale sportbeheerliggame begroet sal word.  Die party staan by hierdie dreigement en sal die beoogde regulasies fyn dophou.

mega jokerлобановский александр жена