Jan Publiek gefrustreer deur SA polisie

Suid-Afrikaners is baie gefrustreerd met die Suid-Afrikaanse polisiediens, het die parlement se openbare verhore vir die voorgestelde nuwe geïntegreerde strafregdiens gesê.

Hulle wil beter diens van die polisie ontvang, het die nasionale vergadering en nasionale raad van provinsies se komitees oor justisie, veiligheid en sekuriteitk, asook korrektiewe dienste gehoor tydens die verhore in al nege provinsies.

Probleme wat genoem is, sluit in polisiekorrupsie, die feit dat hulle nie reageer op oproepe vir hulp nie en die misbruik van amptelike voertuie, het 'n parlementêre woordvoerder Donderdag in 'n verklaring gesê, die dag ná die driemaandetydperk van verhore in die Wes-Kaap geëindig het.

"Ten spyte van baie klagte wat teen die polisie ingebring word, was daar ook 'n redelike klomp mense wat kan insien dat die polisie te min hulpbronne het en dat daar heelwat hardwerkende, eerlike polisiemanne is, waarvan somme ook in in die uitvoering van hul pligte hulle lewens opgeoffer het," het die woordvoerder gesê.

Die verhore is grootliks gefokus op 'n sewepuntplan om die strafregstelsel en die slagoffershandves te verander.

Die handves fokus op die regte van 'n slagoffer van misdaad en die verpligtinge van die staat teenoor die slagoffers.

справка о заболеваниитопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae