Sjina gaan in Afrika bly

Image

Sjinese vlag wapper voortaan in Afrika

Sjinese sakeondernemings neem 'n langtermynsiening en volg strategiese uitbreiding in Afrika, selfs al het Sjina se beleggings op die kontinent so effens sy glans verloor tydens die onlangse afwaartse neiging van die globale ekonomie.

Beijing en Sjinese maatskappye het tienmiljarde dollar aan Afrika in die vorm van lenings en beleggings belowe, meestal om grondstowwe vir Sjina te bekom, wat die wêreld se vinnigste groeiende ekonomie is.

Daardie langtermynbelangstelling bly steeds staan, ten spyte van 'n wêreldwye ekonomiese insinking wat Sjina se uitvoere na ryk lande getref het en 'n afname in uitvoere van Afrika-minerale na Sjina.

Sjina-Afrikahandel het geklim met gemiddeld byna 30% per jaar die afgelope dekade en toegeneem tot amper $107 miljard in 2008.

Sjinese entrepreneurs soek nou na winskope, eerder as om teug te staan. Sjinese en Indiese firmas het belangstelling getoon om Zambië se topkobaltvervaardiger, Luanshya Copper Mines, oor te neem sedert werksaamhede in Desember gestaak is, het die Zambiese staatsmedia gesê.

In Suid-Afrika het Standardbank, wat self 20% besit word deur die Industriële en Kommersiële Bank van Sjina, verlede maand gesê dat hulle Sjinese mynkliënte adviseer ten opsigte van koopgeleenthede in Afrika en elders.  

slots ukФільчаков Олександр Васильович прокурор