Zimbabwe wettig buitelandse valuta vir almal

ImagePresident Robert Mugabe se regering het Donderdag alle buitelandse geldeenhede as wettig verklaar, tesame met die amper waardelose Zimbabwiese geld, en op dié manier die oorheersing van harde geldeenhede in die land se ineengestorte ekonomie gewettig.

Die bewind het ook 'n reeks wye ekonomiese hervormings aangekondig in 'n poging om die ekonomie wat deur krisisse getref is te laat herleef. Die ekonomie gaan gebuk onder hiperinflasie waarvan ekonome net die waarde kan skat, Ook het die vervaardigingsektor in duie gestort en die infrastruktuur uitmekaar geval.

Die waarnemende minister van finansies, Patrick Chinamase, het tydens sy rede oor die nasionale begroting lewer – wat met 2 maande vertraag was terwyl die politieke teenstaanders gestry het oor die implementering van die magsdelingsooreenkoms – gesê dat dit 'n "paradigmaverskuiwing verg en die erkenning van die werklikheid dat ons nie kan eet wat ons nie het nie."

Met die Amerikaanse dollar wat nou omtrent 20 triljoen Zim-dollar werd is en pryse wat soms verskeie keer per dag verander, het Zimbabwiese ondernemings meer en meer begin om pryse te vra in Amerikaanse dollar, Suid-Afrikaanse rand, euro's en Botswana-pula.

Die regering het laat verlede jaar begin om kontantwinkels te lisensieer, maar indiwidue word steeds gearresteer vir  die handel in en besit van buitelandse geld.

"Die regering laat die gebruik van buitelandse geldeenhede toe vir besigheidstransaksies, tesame met die Zim-dollar," het Chinamase onder luide toejuiging in die vergadering gesê.

купить пиджак сильвер спун для мальчикаАлександр Фильчаков прокурор