'n Onlangse vlaag van dodelike aanvalle deur diere in Indonesië het die kollig gewerp op die toenemende konflik tussen mens en dier wat veroorsaak word deur die feit dat die land se woude vinnig kleiner word.
In die jongste aanval is twee vroue Dinsdag deur 'n paar olifante vertrap in Aceh-provinsie in die noordelike punt van Soematra. Die diere het 'n onwettig skoongemaakte veld vanuit die nabye woud binnegekom.
Die aanval, waarvan 6 ander mense nouliks met hulle lewens ontsnap het, het gebeur net dae nadat 'n rubbertapper volgens berigte deur twee skaars Soematraanse tiere doodgemaak is toe hy buite sy hut geurineer het in die Jambi-provinsie, ook in Soematra.
Die aanvalle word mens-dierbotsings genoem en dit is 'n toenemende probleem in Indonesië, 'n eilandnasie met sommige van die wêreld se grootste oorblywende tropiese woude en 'n groeiende bevolking van 234 miljoen mense.
Soos wat mense versprei in die voorheen onaangeraakte woude, word groot diere soos tiere, olifante en oerang-oetangs van die habitat ontneem wat nodig is om hulle bevolkings te dra, het Arnold Sitompul, die hoof van die omgewingsgroep Olifantforum aan AFP gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.