Zuma waarsku dat finansi?le krisis SA kan tref

Die wêreldwye finasiële krisis kan Suid-Afrika se ekonomie "ten sterkste benadeel" en die land dwing om groeivooruitskattings aan te pas, sê Jacob Zuma.

"Suid-Afrika het sover nog nie in aanraking gekom met die globale finansiële krisis nie," het Zuma Donderdag gesê.

Sy opmerkings is deur 'n SABC-radiodiens uitgesaai. Hy het ook aangedui dat die ANC sal kyk na hoe die krisis op die land se ambisieuse infrastruktuur se planne inspeel. Zuma sal na wat verwag word volgende jaar aan die stuur van Afrika se grootste ekonomie staan.

Minister van Finansies, Trevor Manuel, het vroeër gewaarsku dat hoër uitleenkoerse en 'n swakker rand Suid-Afrika se infrastruktuurdoelwitte vir die Sokkerwêreldbeker in die wiele kan ry.

компрессор винтовой илиалександр лобановский класс

Alle Amerikaanse soldate teen 2011 uit Irak

Robert Gates, die VSA se sekretaris van Verdediging, het Donderdag begin om politici op Capitol Hill in te lig oor die voorlopige ooreenkoms om alle Amerikaanse troepe in Irak teen 2011 te onttrek.

Die VSA en Irak onderhandel reeds maande lank oor 'n veiligheidsooreenkoms vir die ontruiming wanneer die VN se mandaat wat aan die VSA se magte toegestaan is, verval.

Die Demokrate het die Bush-administrasie voorheen hewig gekritiseer omdat hulle geen onttrekkingsplan aan die Kongres wou voorlê nie. Gates het egter belowe dat hy die wetmakers in ag sal neem.

Een van die kwessies wat ter sprake gekom het by die voorstelle oor die troepeonttrekking is of die VSA onderworpe sal wees aan Irakse wetgewing soos die Irakse eerste minister vereis. Daar is klaarblyklik egter min Irakse wetlike vereistes ingesluit in die voorlopige ooreenkoms.

Barack Obama het belowe om Amerikaanse troepe binne 16 maande te onttrek, terwyl McCain homself nie wou verbind aan enige spertyd nie.

раскруткалобановский александр харьков

Frankryk wil Arabies in skole bevorder

Image09:51:46 Die Franse regering is besig met 'n veldtog om Arabies en Arabiese kultuur in skole te bevorder. Vroeër hierdie maand is 'n konferensie in die Franse Nasionale Vergadering gehou waar die voordele van die aanleer van Arabies belig is.

In sy rede by dié geleentheid het die Franse president, Nicolas Sarkozy, Arabies die taal van die toekoms, wetenskap en modernisme genoem. Hy het die hoop uitgespreek dat meer Franse dié taal met 'n groot kultuur en geestelike waardes sal aanleer.

"Ons moet in die taal belê om te wys dit simboliseer uitruil, oopheid en verdraagsaamheid en dit dra een van die wêreld se oudste en mees roemryke beskawings," het hy gesê. Sarkozy het sy gehoor daaraan herinner dat Frankryk die meeste Moslems huisves en dat Islam die tweede grootste godsdiens verteenwoordig.

Hy het die vooruitgang in "diversiteit" in Frankryk geloof en verwys na die groei in Moslembegraafplase, die opleidings van Imams en die aanstelling van regeringsministers met verskillende agtergronde.

Hy het Frankryk as 'n vriend van Arabiessprekende lande beskryf en gesê sy land wil nie 'n botsing tussen die Ooste en Weste sien nie. Hy het weereens klem geplaas op die gemeenskaplike doelwitte wat die lande om die Meditereense See moet nastreef.

преимущества и недостаткиФільчаков прокурор

Tim Modise bedank uit WB-komitee

Image

Tim Modise

09:34:13 Tim Modise, die woordvoerder vir die 2010-wêreldsokkerbeker se organiseringskomitee, het bedank, het Fifa Vrydag bekend gemaak. Hy gaan die einde van die maand klaarmaak en terugkeer na die uitsaaiwese.

Volgens Modise het hy ‘n interessante, verrykende ondervinding gehad, maar hy gaan nou terug na die uitsaaiwese en ook om sy ander sakebelange te bestuur.

Die plaaslike organiseringskomitee se hoofuitvoerendebeampte, Danny Jordaan, het gesê die komitee respekteer Modise se besluit en het bygevoeg dat hy baie groot bydraes tot die projek gemaak het.

мебель дляФильчаков прокурор харьков

Twee vas na verkoop van vervalste bestuurslisensies

09:31:27 Twee mans is gearresteer nadat hulle klaarblyklik vervalste bestuurderslisensies verkoop het in sentraal-Johannesburg, het die metropolisie Donderdag laat weet. Hoofsuperintendent Wayne Minnaar sê die mans is vasgetrek buite die Lovedaystraattoetssentrum waar hulle die vervalsde bestuurslisensies en tydelike bestuurlisensies vir R 3000 elk verkoop het.

Die metropolisie het die wenk van ‘n man gekry wat op soek was na ‘n bestuurskool waar sy seun kon leer bestuur.

Die man het onraad gemerk toe hy die metropolisie se stempel op die bestuurslisensie gesien het. Die verdagtes het ‘n vervalste bestuurslisensie uitgereik aan ‘n polisiebeampte wat as ‘n burgerlike opgetree het.

Die mans word daarvan verdink dat hulle tussen die Langlaagte- en Floridatoetssentrums gewerk het. Daar word verwag dat hulle binnekort in die Johannesburgse landdros hof gaan verskyn.    

компрессор воздушный бытовойЛобановский

Gautengse ambulanse te stadig

Die Gautengse gesondheidsdepartement het erken dat hulle nooddienste nie vinnig genoeg reageer nie. Hulle beplan nou om 'n uitgebreide plan in werking te stel om hulle reaksietye  te verbeter.

LUR vir gesondheud, Brian Hlongwa, het in Pretoria gesê die oë van die wêreld gaan volgende jaar op Suid-Afrika gerig wees met die Fifa Wêreldbeker en Gauteng gaan die sentrum wees vir die geleentheid. Daarom, sê hy, moet hulle gereed wees en nie die land in die steek laat nie.

Nooddienste se reaksietye vir kritieke gevalle word deur die publiek as een die belangrikste aspekte van openbare gesondheidsorg beskou. Pasiënte wat vir 'n ambulans moet wag, verloor kosbare "goue minute".

Hlongwa het gesê hulle gaan sorg dat die voertuie goed onderhou word en dat elke ambulans oor die nodige toerusting beskik. Strategiese punte vanwaar die voertuie kan vertrek, gaan ook uitgebrei word. "As insleepvoertuie dit kan doen, waarom moet die publiek minder van ons verwag?" het hy gesê.

Maar toegewyde personeel bly die belangrikste aspek van sorg, het hy bygevoeg. Hlongwa het by Lebone College of Emergency Care in Arcadia, Pretoria, se opening gepraat. Die kollege beoog om meer paramedici in die veld te stoot om die probleem aan te spreek.

free bet sites no depositФильчаков Александр Васильевич

Weereens ‘n dooiepunt in Zimbabwe

Image

Robert Mugabe (middel)

10:38:22 Die Zimbabwiese opposisie het verklaar dat magsdelingsonderhandelinge met president Robert Mugabe Donderdag vasgeval het, maar hy het bygevoeg dat die Suid-Afrikaanse bemiddelaar hopelik vooruitgang sal maak.

Die hoofopposisieleier, Morgan Tsvangirai, het ure ná die onderhandelings Donderdag uitgestap en het vrae van verslaggewers na sy woordvoerder, Nelson Chamisa, verwys.

"Ons het 'n dooiepunt oor alle kwessies bereik," het Chamisa gesê. Volgens hom heers daar steeds 'n dispuut oor ten minste 10 kabinetsposte. Hy het gesê dit sluit die invloedryke ministeries van finansies, die polisie en die weermag – Mugabe word daarvan beskuldig dat hy laasgenoemde twee ministeries gebruik om teenkanting teen sy bewind te onderdruk.

Chamisa het ook gesê die faksies kon nie saamstem oor hoe om die goewerneurskappe toe te ken nie.

Die bemiddelaar, die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki, bly steeds in onderhandeling agter geslote deure met Mugabe en 'n mindere opposisieleier. Chamisa het gesê sy faksie het gehoop dat Mbeki vooruitgang sal maak.

Die opposisie het al herhaaldelik vir Mugabe daarvan beskuldig dat hy aan te veel van die sleutelposte in die kabinet van 31 lede waartoe op 15 September tydens die magsdelingsooreenkoms besluit is, wil vasklou. In terme van die ooreenkloms sou Mugabe se party 15 kabinetsposte verkry, Tsvangirai 13 en die minderheidsopposisiefaksie onder leiding van Arthur Mutambara drie.

Sonder 'n politieke ooreenkoms, dobber Zimbabwe rigtingloos voort terwyl die ekonomie in duie stort en daar bestaan toenemende tekens van ongeduld onder gewone Zimbabwiërs. Betogers het in die suidelik stad Bulawayo bymekaargekom, asook buite die Harare-hotel waar onderhandelaars Donderdag vergader het, en 'n beroep op politici gedoen om hul geskille by te lê en te begin om kwessies soos inflasie, wat op 231 miljoen persent verkeer, aan te spreek; ook die tekorte aan voedsel, medisyne en die meeste basiese lewensmiddele, asook toenemende hongersnood is kwessies wat dringende aandag verdien.

Politici en generaals wat lank van Mugabe se beskerming afhanklik was, klou blykbaar aan hul poste vas. Tsvangirai is ook onder baie druk. Die internasionale gemeenskap gaan waarskynlik nie die broodnodige hulpgeld en beleggins vrystel indien Tsvangirai gesien word dat hy te veel prys gee nie. Sy ondersteuners tuis is reeds bekommerd dat hy 'n fatale fout gemaak het deur Mugabe toe te laat om aan die mag te bly.

Vroeër Donderdag het die Herald, die staatsbeheerde koerant, 'n onbekende amptenaar van Mugabe se regerende party aangehaal wat gesê het dat kompromieë oor die kabinetsamestelling wat Mugabe vandeesweek unilateraal aangekondig het, gemaak word. Mugabe het die kabinetsposte met die meeste mag, soos die polisieministerie, vir homself toegeëien.

Die optimisme wat deur die Herald geskep is, is later deur die staatsuitsaaier gedemp wat berig het dat Mugabe bloot bereid was om sleutelposte te deel, moontlik deur 'n stelsel te skep waarin dieselfde pos tussen politici van die drie partye geroteer sou word.

'n Onderhandelaar vir 'n klein opposisiefaksie het gedurende 'n pouse in die die onderhandelings gesê dat onderhandelaars 'n kompromie oor die finansies- en polisieministeries bereik het. Hy het geen besonderhede verskaf nie maar gemeen 'n ooreenkoms kon teen Donderdag bereik word. Die samesprekings het is in die aand voortgesit sonder enige nuwe aankondigings.

купить воронеж средство для уборки помещенийДанильченео

Matatiele-optog ontaard in gevegte

'n Optog om die insluiting van Matatiele by die Oos-Kaap te ondersteun het Donderdag in skermutselinge met die polisie en teenstanders ontaard. Die polisie het van rubberkoeëls gebruik gemaak om die skare onder bedwang te probeer bring.

Twee winkels is ook afgebrand en nege mense is inhegtenis geneem. Inwoners beweer dat die ondersteuners van die insluiting van die munisipaliteit ingebus is vir die optog.

Superintendent Mzukisi Fatyela het bevestig dat een van die mense in aanhouding hospitaalbehandeling moes ontvang. Hy het gesê hy verwag nog arrestasies van mense wat winkels geplunder het. Ekstra polisielede moes ontplooi word om die twee groepe tot bedaring te bring.

Fundiswa Njobe, Matatiele se sekretaris van die SAKP, is onder diegene wat inhegtenis geneem is. Luidens 'n onbevestigde berig is een van die optoggangers in die skouer gewond.

   Mandla Galo, voorsitter van die Matatiele-Maluti Massa Organisasiekomitee, het in Augustus hierdie jaar stukke by die Gronwethof ingedien om die distrik by die Oos-Kaap in te deel. Verlede jaar in dieselfde maand het die Grondwethof beslis dat Kwa-Zoeloe Natal se provinsiale grense nie verskuif kan word nie omdat die korrekte prosedures nie gevolg is nie.

Terwyl die Oos-Kaap openbare vergaderings oor die aangeleentheid gehou het, het Kwa-Zoeloe Natal nie. Die ANC ignoreer die wense van die inwoners, sê die DA. Uit die 8000 mense by die vergadering het 5000 daarteen gestem.

насос для водыФильчаков прокурор

Mugabe swig

Zimbabwe se President Robert Mugabe gaan moontlik terugkrabbel oor die toekenning van sleutelministeries aan sy Zanu-PF party om die magsdelingsooreenkoms met die opposisie te red. Die staatsbeheerde Heraldkoerant haal 'n Zanu-PF beampte aan wat sê soos die partye mekaar begin vind en kompromieë aangaan, kan daar ter wille van vordering, veranderings aan die lys van ministeriële toekennings gemaak word.

Hy is nie in 'n posisie om te sê wat die veranderings gaan behels nie omdat die saak op die hoogste vlak, dié van die drie partyleiers hanteer word. Mugabe is in samesprekings met die MDC-leier Morgan Tsvangirai gewikkel om 'n dispuut oor kabinetsaanstellings wat dreig om die 15 September-ooreenkoms te kelder, op te los.

Die voormalige president van Suid-Afrika, Thabo Mbeki is die bemiddelaar in die samesprekings. Arthur Mutambara, leier van die kleiner MDC-faksie is ook daarby betrokke. Die MDC het Woensdag gesê die partye is baie naby daaraan om 'n kabinet saam te stel en "geskiedenis word met die onderhandelings gemaak".

Mugabe sê hy verwag dat die samesprekings oor 'n magsdelingsooreenkoms nog die week bereik kan word, terwyl Mutambara gesê het die partye is baie naby daaraan om 'n ooreenkoms te bereik. Tsvangirai het Sondag gedreig om hom aan die ooreenkoms te onttrek nadat Mugabe sleutelministeries, insluitend verdediging en binnelandse sake – wat die polisie en finansies beheer – aan sy Zanu-PF party toegeken het.   

справка 046-1 как получитьлобановский александр жена