Meer vlugtelinge, meer geld

Image

Somaliese vlugtelingvrou

Die Verenigde Nasies se vlugtelingekommissie het gister ’n beroep op die wêreld gedoen om 48 miljoen dollar te skenk om Somaliese vlugtelinge mee te help. Daar is nou sowat 500 000 vlugtelinge wat hulle wonings in Somalië verlaat het om aan die geweld daar te ontkom. Sedert Februarie vanjaar word geraam dat 1 000 mense in die konflik dood is.

Lees verder: Meer vlugtelinge, meer geld

Misdaad en toerisme

Image

Marthinus

Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, is bekommerd dat die teiken van tien miljoen toeriste teen 2010 nie bereik gaan word nie, tensy die regering “die oorlog teen misdaad” met meer ywer aanpak.

Van Schalkwyk het Maandag, tydens die opening van die plaaslike konferensiebedryf se nasionale konferensie, openlik oor die impak van misdaad op die toerismebedryf gepraat. “Navorsing wat deur SA Toerisme uitgevoer is, het aangedui dat, alhoewel Suid-Afrika in baie opsigte ’n aantreklike toerismebestemming verteenwoordig, vrees vir misdaad moontlik potensiële besoekers kan afskrik,” het hy gesê.

Lees verder: Misdaad en toerisme

Lesotho ontvang miljoene

Die VSA het Maandag ‘n ooreenkoms onderteken waarvolgens Lesotho 360 miljoen dollar sal ontvang om die Vigs-epidemie in die land die hoof te bied. Die eerste minister van Lesotho, Pakalitha Mosilisi, en Condoleeza Rice het in Washington ontmoet vir die geleentheid.

Dié ooreenkoms is die vrug van George W. Bush se projek om ontwikkelende lande wat demokrasie aanvaar, ‘n redelike ekonomiese politiek handhaaf en beslis teen korrupsie optree, van hulp te wees.

Lees verder: Lesotho ontvang miljoene

ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?

ImageIN WEERWIL van volgehoue protes en besware daarteen, volhard die SAUK met sy ge-“tshwane” op die kassie, sowel as oor die radio. Mnr. André Alkema van die GHA (Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans) het reeds 90 000 handtekeninge teen die gebruik van “Tshwane” deur die SAUK ingesamel en sy organisasie het ook R18 000 bewillig vir ’n protesveldtog teen dié uittartende miskenning van die wettige naam Pretoria deur die staatsuitsaaier (sien sy brief hieronder).

Op Erfenisdag 24 September 2007 gaan daar ’n betoging deur die Pretoria bly Pretoria-aksiegroep voor die SAUK plaasvind waartydens die petisie met die 90 000 handtekeninge aan die uitsaaier oorhandig sal word. Hierdie aksie deur Pretoria bly Pretoria verdien die heelhartige steun van elke Afrikaanse organisasie en elke Afrikaner.

Lees verder: ANC en sy SAUK wil Afrikaners uittart met ?Tshwane?

‘Tshwane’: genoeg is genoeg!

ImageONS HET NOU genoeg gehad van die ANC-SABC se Tshwane-breinspoeling. Dié instansie is daarop uit om die Afrikaner se taal, godsdienssin, kultuur, geskiedenis en morele waardes te probeer vernietig en dit is duidelik te bespeur in hulle uitsendings en veral die Afrikaanse nuus op SABC2.

Teen daardie onreg moet ons in verset kom, nie net met woorde nie, maar ook met dade.

Ons moet ons afkeer duidelik demonstreer en dit is elkeen se plig om dit te doen, anders is ons net so aandadig aan hierdie vergrype.

Lees verder: ‘Tshwane’: genoeg is genoeg!

Ambassadeur beroof

Image

Dumisani Khumalo

Suid-Afrika se ambassadeur by die Verenigde Nasies (VN), Dumisani Khumalo, is oor die naweek vanaf Jan Smuts-lughawe na ’n huis in Greenside agtervolg, waar hy aangeval en beroof is. Khumalo was in die land om sy kleinseun se verjaarsdagpartytjie by te woon.

Khumalo het direk van die lughawe na Greenside vertrek. Hy is deur drie gewapende rowers oorval, wat hom beveel het om sy kattebak oop te maak en sy bagasie aan hulle te oorhandig. Toe een van die partytjiegaste om die hoek kom, het die rowers op hom geskiet.

Lees verder: Ambassadeur beroof

Brandende buitebande op die horison

Ek moet bieg, so tussendeur die sirkusvertoning wat die NSA is, kom ’n mens elke nou en dan op die komieklikste idees af. Die lewe is eintlik vol simboliek, en as jy reg ingestel is, sien jy dit oral raak en ek wonder soms of dit altyd blote toeval kan wees.

In ’n nuusberig in Beeld op 4 Julie 2007 lees ek dat die goue hoofweg suid van Johannesburg gesluit is. Die berig lui dat sogenaamde betogers die pad met klippe en brandende buitebande versper het.

Lees verder: Brandende buitebande op die horison

Polisie en howe bied SA publiek nie meer beskerming

ImageDie tyd het aangebreek dat die Suid-Afrikaanse publiek moet besef dat hulle aan hul eie lot oorgelewer is wat hulle veiligheid betref.  Die fout wat ons maak is om te dink dat die polisie en die staat ons tot hulp sal wees in hierdie anargie van misdaad. Dat die aanpassing vanaf ’n eens Eerstewêreldland na ’n totale Afrikastatuur moeilik is, is verklaarbaar maar ons sal moet wakker word en begryp dat elkeen homself sal moet beskerm totdat daar weer ’n Christen-owerheid in beheer is wat die verskil tussen reg en verkeerd verstaan, wat weet dat korrupsie en orde nie in een bestel saam kan bestaan nie, wat weer hierdie land sal kan opbou tot die selfstandige en korrupsievrye staat wat dit tot in 1966 was, en deur bekwaamheid weer die beskermheer vir die inwoners van Suid-Afrika sal wees.

Alexander Solsjinitsin, Nobelpryswenner van Rusland, beskryf onder meer ’n kommunistiese regering soos volg:

“Die staat verbied ’n burger in sy Strafkode om vuurwapens en ander wapens te besit, maar onderneem nie self om hom te beskerm nie. Die staat oorhandig sy burgers aan die mag van die rowers.”

Hy kon net sowel Suid-Afrika hier beskryf het. Ons moet daaruit finaal besef dat ons geen beskerming van die ANC-regime, die polisie of vanuit die verdraaide regstelsel sal ontvang nie. Daarom moet ons dringend leer om self elke oomblik paraat te wees. Wie dit nie doen nie, sal die prys daarvoor betaal.

Lees verder: Polisie en howe bied SA publiek nie meer beskerming

Praag Nuusbrief

Laai PRAAG se Nuusbrief hier af! Die brief is in PDF-formaat en jy moet oor ‘n PDF-leser beskik om dit te kan lees. ‘ n Gratis program kan direk van Adobe se werf afgelaai word.   Teken in om gereeld ‘n nuusbrief te ontvang.  интернет магазин детских товаровалександр лобановский супермаркет класс

Lees verder: Praag Nuusbrief