Piet Croucamp is ‘n rokjagter en ‘vrouehater’

Piet Croucamp in die geselskap van Marzahn Botha (heel links) en  Marlise Scheepers. Foto: BooksLive/Flickr
Piet Croucamp in die geselskap van Marzahn Botha (heel links) en Marlise Scheepers. Foto: BooksLive/Flickr

“Piet Croucamp is ‘n absoluut laakbare persoon. Hy het die beginsels van ‘n mannetjieskat. Hy is slordig. Hy ruik nie altyd baie vars nie en is onnet op sy persoon. Hy is ook ‘n rokjagter wat sy vrou met baie ander vroue verneuk het, daarom is hulle uitmekaar.”

Só sê ‘n joernaliste met wie praag gesels het oor dr. Piet Croucamp, die akademikus van die Johannesburgse Universiteit, wat nou deur linkse, anti-Afrikaanse feministe soos Gillian Schutte as ‘n ridder op ‘n wit perd geloof word vir sy aanval op ‘n vrouefilosoof van Pretoria, Louise Mabille.

Dieselfde joernaliste beweer dat Croucamp ‘n “macho-benadering tot alles het. Geweld is by hom net onder die oppervlakte.”

Croucamp hou daarvan om mense, veral vroue, te beledig. “Met sy tong is hy brutaal. Hy kan ‘n mens beledig dat dit jou stomslaan. ‘n Egte vrouehater.”

Op die vraag: “By hoeveel vroue het dr. Piet Croucamp al geslaap?” antwoord die joernaliste, wat graag anoniem wil bly: “Oeg nee, daar is baie! Hy is regtig los van sedes. Hy het al by magdomme vroue geslaap.”

Dr, Dan Roodt van praag bevestig dat hy ook by was in ‘n kafee toe Croucamp ten aanhore van die geselskap gesê het dat hy “baie vroue begeer”, met die implikasie dat hy ‘n Don Juan is. Een van sy punte van kritiek jeens Mabille se artikel was dat sy ‘n beswaar teen veelwywery inbring.

Die joernaliste is veral verbaas dat Croucamp deur ander akademici en selfs feministe ernstig opgeneem word. “Dis verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê. Hoe durf hy hom oor volkekundige kwessies uitspreek? Hy weet niks daarvan af nie. Louise doen wat die res van die bevolking doen en skrik vir hom.”

‘Louise is net nog ‘n vrou op sy kerfstok’

Dr. Louise Mabille, 'n slagoffer van Croucamp se vrouehaat
Dr. Louise Mabille, ‘n slagoffer van Croucamp se vrouehaat

“Dit lyk asof hy nou vir Louise van die Tukkie-kampus verjaag het,” gaan sy voort. “Sy is net nog ‘n vrou op sy kerfstok. Dat hierdie mense hulle onderwerp aan wat hy dink, is absoluut sieklik, veral in akademiese kringe. Hoekom steur hulle hul aan hom?”

Sy vind dit ironies dat Croucamp, wat in die berugte 32-bataljon tydens die Angolese oorlog gedien het, so ‘n groot kritikus van die NP-regering is. “As jy kan dink aan die ou regering, hoe outoritêr hulle was. Hy is net soos hulle! Sy woord is wet, jy kan hom nie teëgaan nie. Hy het ‘n diktatorgeaardheid. Nogmaals, ek vind dit verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê.”

Die joernaliste is egter daarvan oortuig dat Croucamp “dinge strategies benader”. Sy sê: “Hy omring hom met mense wat sy idees verder kan voer, soos byvoorbeeld Cobus Bester van RSG. Hulle is groot maats. Ek dink nie dis objektief dat Cobus vir hom ‘n platform gee om ander mense se lewens te ontwrig nie. Pleks daarvan dat hy in ‘n akademiese debat met Louise getree het. Maar hy het geen argument nie, hy trek net te velde, hy beswadder.”

Eugene de Kock

Eugene de Kock
Eugene de Kock

Sy beweer verder dat Croucamp as “hekwagter” optree wanneer joernaliste onderhoude met Eugene de Kock in die gevangenis wil voer. “As jy dink aan die sedes van ‘n ou wat Eugene de Kock beskerm. Wat sê dit van so ‘n ou? Ek kan regtig nie glo dat mense wat iets van iets af weet hulle aan hom steur nie. Dis vir my absoluut verbasend!”

Weereens het sy baie heftig geraak by die gedagte dat iemand wat self so ‘n gebrek aan enige inbors en konsekwente sedes toon, ‘n klag van haatspraak teen ‘n ander mens, veral ‘n vrou, kan lê. “Dis nog ‘n vrou op sy kerfstok. Hoekom vat hy nie mans aan nie? Hy beskerm vir Eugene de Kock, iemand wat groteske geweld en wreedhede gepleeg het. Hy volg nie ‘n akademiese benadering nie, maar voer ‘n heksejag uit.”

Die joernaliste wat volgens haar “‘n tyd lank in dieselfde sosiale kringe as Croucamp beweeg het”, beskryf sy optrede teenoor dr. Louise Mabille voorts as ‘n “absolute skande… Croucamp is soos die leier van ‘n bende wat sulke veldtogte begin met sulke goed en dis vir my so absoluut treurig van hom. Hy was self in 32-bataljon en nou weet ‘n mens nie hoe sy lewe en dié van Eugene de Kock dalk ooreenstem nie. Daardie liberale feminis, Gillian Schutte, wat nou sy aan sy met Croucamp uitvaar en met ‘n swartman getroud is, het sy al vir Croucamp gevra hoeveel swartmans hy oorkant die grens doodgemaak het?”

In ten minste een geval wat in Trou tot die dood toe, die boek deur die vorige polisiekommissaris, Johan van der Merwe, ter sprake kom, het Eugene de Kock drie burgerlike vroue wat bloot in die geselskap van terroriste was, doodgemaak. Dit staan op bladsy 295:

“Tydens maj. De Kock en sy eenheid se optrede in Lesotho is mev. Jacqueline Quinn en Nomkhosi Mary Mnisi, wat in die geselskap van die betrokke MK-lede was, ook doodgeskiet. (Die derde burgerlike wat doodgeskiet is, was die vrou van een van die MK-lede. Haar geval het nie tydens die amnestieverhoor ter
sprake gekom nie.)”

Croucamp bewonder die Vlakplaasbevelvoerder en vrouemoordenaar, Eugene de Kock, terwyl hy ‘n vrouefilosoof van Tukkies se besware teen geweld wat swartmans teenoor kinders en selfs babas pleeg, aanstootlik en “rassisties” vind.

Ter afsluiting sê die joernaliste tydens haar onderhoud met praag: “Dis een ou waarteen ek my dogter sal waarsku. Hy is shabby. Ek dink regtig Cobus Bester gee vir hierdie ou ‘n platform. Dis absoluut onprofessioneel van hom. Dis ‘n blote vertoning wat hy opsit op RSG. Hy dink hy is ‘n beroemde en dis ouens soos Cobus Bester wat hom die platform gee. Dis vreemd dat die SAUK hom só gebruik.” – praag-verslaggewer

Eugene de Kock is nie enigste bron nie – repliek aan prof. Piet Croukamp

As ek na die professor se repliek kyk dan verbaas dit my dat ‘n persoon wat veronderstel is om ‘n akademikus te wees en met feite te werk hom op ‘n klomp snert verlaat en aan die hand daarvan wilde bewerings maak wat hy beslis nie met enige feite kan staaf nie.

Ek kry die indruk dat Eugene de Kock is die enigste bron waaroor die professor beskik en dat alles wat hy sê as feite aanvaar word en dat dit die grondslag is waarop hy sy standpunte baseer. Die professor mag homself ‘n guns doen om meer geloofwaardige bronne te raadpleeg. Ek verstrek graag die volgende besonderhede wat op feite gebaseer is:

  • Ek het die getal persone wat deur die Polisie doodgemaak is en ten opsigte waarvan amnestie gevra is, op 200 gestel. Die meeste gevalle is deur lede van die Veiligheidstak doodgemaak.  Soos ek reeds by herhaling beklemtoon het, sou baie van hierdie gevalle op noodweer neergekom het.  Die enigste wyse waarop hierdie getal noukeurig bereken kan word is om al die relase van die amnestieverhore te raadpleeg wat ‘n uiters moeilike taak gaan wees. Ek was egter in noue voeling met lede van die Veiligheidstak wat amnestie gevra het en het aan die hand van daardie kennis bereken dat die getal hoogstens 200 moet wees. Ek het ook met mnr. Jan Wagener ons prokureur wat tydens die amnestieverhore verreweg die meste lede van die polisie verteenwoordig het, geraadpleeg en hy is ook van mening dat die getal nie meer as 200 beloop nie.   Om ruimte te laat vir enige vergissing het ek die getal tussen 200 en 300 gestel.   Die verskil raak beslis nie die wese van die argument nie.   Ek betwis ten sterkste dat die Polisie duisende persone vermoor het.
  • Die stelling wat die professor maak dat ek nie weet hoeveel mense deur die apartheidstaat vermoor is nie klink vir my so na goedkoop ANC propaganda en ek hoop werklik nie Eugene de Kock is sy bron nie.  Kom ons bepaal ons by feite en ek vra graag die professor (Eugene de Kock kan hom gerus help) om die volgende feite te verstrek :
  • Benewens die gevalle waarvoor amnestie gevra is en daardie gevalle waar geregtelike doodsondersoeke gehou is, die name van persone wat vermoor is, die datums en plekke waar hulle vermoor is en waarom dit beweer word dat die apartheidstaat hulle vermoor het.    Eugene de Kock het alle moontlike inligting waaroor hy beskik aan die Nasionale Vervolgingsgesag beskikbaar gestel.. Ek sal graag by die Nasionale Vervolgingsgesag wil verneem of hierdie sake tans deur hulle ondersoek word of andersins waarom hulle  geen stappe gedoen het om die sake te ondersoek nie.   Dit is mos hoegenaamd nie denkbaar dat daar soveel persone vermoor is sonder dat die sake behoorlik ondersoek en ale feite blootgelê word nie.
  • Die name en besonderhede van persone wat vermoor is waarby ekself of ander generaals betrokke sou geweers het waarvoor ek nie amnestie gevra het nie.   Ek ontken ten sterkste dat ek by enige sodanige voorvalle betrokke was.
  • Ek weet nie of Eugene de Kock aan geheue verlies ly en of die professor dalk nie die vermoë het om hom reg te begryp nie.  Eugene het tydens elke amnestieverhoor uit sy pad gegaan om die generaals te beswadder.   Waar hy kon het hy ‘n generaal betrek en is so ‘n generaal noodwendig deur die WVK kennis gegee dat hy deur Eugene de Kock geïnkrimineer word en dat hy die reg het om homself te verweer.   Al daardie gevalle is behoorlik geboekstaaf. Gee Eugene de Kock nou voor dat hy sekere generaals, wat myself insluit, se  name doelbewus tydens sodanige verhore verswyg het om hulle te beskerm?   Ek kan vir geen oomblik glo dat Eugene de Kock so onnosel kan wees nie, want dit sal ‘n flagrante leuen wees wat met die grootste gemak weerlê kan word.
  • Dit is duidelik dat Eugene de Kock nooit ‘n ondersoekbeampte was nie en min verstaan van die wesenlike probleme waarmee ons geworstel het om sake voor die hof te bring en te bewys.  Dit verduidelik dan ook die professor se skreiende onkunde wanneer hy die vraag stel waarom die persone wat die polisiemanne en hulle gesinne met handgranate wou vermoor nie doodeenvoudig gearresteer en voor die hof gebring is nie.   Die Veiligheidstak Oos-Rand het oor ‘n betroubare beriggewer in die geledere van die betrokke studente beskik en dit was inderdaad die enigste getuie waaroor ons beskik het.   Benewens die feit dat dit bykans onmoontlik sou wees om aan die hand van ‘n enkele getuie so ‘n aanklag teen die booswigte te bewys, sou die getuie en sy familie sonder enige twyfel die slagoffers van halssnoermoorde geword het.    Daar is geen manier waarop ons so ‘n getuie sou beweeg om in die openbaar getuienis te gee nie.   Eugene de Kock het ‘n onbenullige rol tydens hierdie voorval gespeel en is daarom nie van al die feite bewus nie.   Ek het die lede van die Veiligheidstak by herhaling gemaan dat daar geen uitlokking van enige aard moet plaasvind nie en dat ons bloot die handgranate of ander wapens, wat gemodifiseer sou word, aan die booswigte moes verskaf.  Dit moes aan hulleself oorgelaat word om te besluit of hulle die polisiemanne en hulle gesinne wou vermoor.
  • Ek was en is nog steeds bereid om vir Eugene de Kock in die bres te tree, maar dan op grond van feite en beslis nie aan die hand van sy holrug geryde bewerings dat hy in die steek gelaat is nie. Hy kon dit nooit tydens die amnestieverhore bewys nie en sal dit beslis ook nie in die toekoms kan doen nie. Dit is jammer dat die professor wat eintlik van beter behoort te weet, hom deur Eugene de Kock op sleeptou laat neem en sodoende inderdaad laasgenoemde die geleentheid ontneem om op ‘n geloofwaardige wyse sy saak te bepleit. Dit sal baie help as die professor hom van cliché’s weerhou en sy stellings op feite baseer.

кофты для девочек купить в интернет магазинеОлександр Фільчаков прокурор

Namibië sal de Kock aanvaar

Die Namibiese dagblad Republikein berig dat dié land se regering Eugene de Kock, voormalige Vlakplaasbevelvoerder, sal aanvaar indien hy kwytskelding kry.

’n Hooggeplaaste uit Namibié het De Kock in die Pretoria-Sentraal-gevangenis besoek en ‘n uitnodiging aan hom gerig. Oudpres. Sam Nujoma is glo bewus van dié verwikkeling.

Die Namibiese minister van justisie, Pendukeni Iivula-Ithana, sê Namibië se beleid van nasionale versoening het hulle genoop om die stap te neem.

De Kock se vader was in 1989 die hoofkiesbeampte in Namibië terwyl hy as hooflanddros in Windhoek gedien het.

пескоструйный рукавлобановский харьков

Die ons-is-nie-so-nie Afrikaners

Die meningspeiling onder Beeld lesers,waar ‘n meerderheid hul ten gunste van ‘n volkstaat uitspreek, is veelseggend as mens in ag neem dat baie “regses” in elk geval nie eers Naspers se dagblaaie lees nie.

Tim du Plessis se reaksie is egter tipies: Hierdie mense wil nie regtig ‘n volkstaat soos Orania hê nie, hulle is maar net ontevrede.

Dan gee Tim vir ons ‘n tipiese Nasperssedeprekie wat daarop neerkom dat jy ontevrede mag wees, solank jy nie “regs” is nie. Soos gewoonlik word die term “regs” en “rassisties” na willekeur omgeruil.

Tim stel dan terselfertyd dat die begrippe regs ,links, verlig en verkramp uitgediende begrippe raak. Hierdie nuwe standpunt is betekenisvol, want politieke etikettering is ‘n sleutelkomponent van Naspers se strategie as selfaangestelde meningsvormer van “Afrikaanses”. Ek vermoed hierdie nuwe standpunt is noodgedwonge omdat, volgens die Naspers definisie van “regs” en “rassisties”, die meeste van Beeld se lesers nou “regse rassiste” is.

Met die Reitzvideo se histerie het Tim egter vir ons ‘n nuwe etiket vir die “nuwe” verligte Afrikaners gegee, nl. die “ons-is-nie-so-Afrikaners”.

Die ons-is-nie-so-Afrikaners het eers ‘n gemors van Apartheid gemaak en nou klaarblyklik aan die onderhandelingstafel ook ‘n gemors van die liberale demokrasie gemaak. Al ideaal wat nou vir hulle oorgebly het is “om nie soos die regses te wees nie.”

Kom ons kyk na ‘n paar tipies regse Afrikaners wat ten gunste is van selfbeskikking:

Piet Retief

Andries Pretorius

Koos de la Rey

Christiaan de Wet

Kom ons kyk na ‘n paar tipies linkse “ons- is-nie-so” Afrikaners wat ‘n nou onbekende politieke bedeling voorstaan:

Piet Koornhof

Pik Botha

F.W.de Klerk

Eugene de Kock

Die interessantste voorbeeld van die ons-is-nie-so-Afrikaners is natuurlik Eugene de Kock,wat volgens Rapport losgelaat gaan word om regses te jag.

Ek verstaan nou hoekom Naspers so ontsteld is oor De Kock se moontlike vrylating, want as hy losgelaat word kan Beeld die meeste van sy lesers verloor.

 

advertising cost onлобановский александр дочь

De Kock dalk binnekort vry

Eugene de Kock, 61, die eertydse bevelvoerder van die veiligheidspolisie se C10-teeninsurgensie-eenheid te Vlakplaas, mag dalk binnekort vrygelaat word.

De Kock is in Oktober 1996 in die Pretoriase Hooggeregshof twee keer lewenslange tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is aan oa moord terwyl hy van 1985 tot 1993 by die eenheid gedien het.

Dié stap, meen ingeligtes, sal lei tot presidensiële kwytskelding vir die veroordeelde Schabir Shaik. Shaik het in April 2008 by die presidensie om kwytskelding aansoek gedoen.

Jacob Zuma het De Kock glo verlede jaar in April in die Sentrale Gevangenis in Pretoria besoek.

De Kock het klaarblyklik aan Zuma inligting verskaf oor mense wat “skotvry” daarvan afgekom het.

In ruil vir kwytskelding het De Kock aangedui dat hy met ‘n nuwe ondersoek oor die vorige bedeling se vergrype sal saamwerk en sal help met die opspoor liggame van slagoffers wat deur die NP se veiligheidsmagte vermoor is.

Zuma en die ANC se woordvoerders kon nie die ontmoeting bevestig of ontken nie.

 

воронеж полироли,Фильчаков прокурор отзывы