Dorpe waar Boko Haram uitgedryf is bly leeg

Patroondoppies lê die wêreld vol, geplunderde handelsbanke lê in puin en uitgebrande motorwrakke staan in die strate van Michika, in die verre noorde van Nigerië se Adamawa-staat.

Michika mag onder die juk van Boko Haram uit wees, maar die dorp is spookagtig stil met tekens van die militante se teenwoordigheid wat oral te siene is.

Werkswinkels staan leeg, markte is verlate en winkels en skole is gesluit, het AFP berig.

“Daar is geen god behalwe Allah nie” is met kryt of verf in Arabies op mure geskryf. Tekens in Engels en Hausa is deur die Islamiete doodgeverf wat glo dat dit “sondig” is.

Verskeie brûe in die omgewing is deur die militante opgeblaas en voertuie met terugkerende inwoners moet deur die droë rivierbedding ry.

’n Sowjet-era T55 tenk, wat Boko Haram van die weermag afgeneem het en wat nou met die militante se swart en wit militante embleem pryk, staan en roes op een van die paaie.

Aan die buitewyke van Uba is ’n kerk in puin nadat dit vroeër gebombardeer is. In Mararabar is ’n moskee beskadig. Mure oral het die pokmerke van geweervuur.

Motors gelaai met matrasse, wit plastiese stoele, emmers, winkelsakke en tafels word gereeld op die paaie teengekom.

Baie van diegene wat gevlug het, óf na huise van familielede óf vriende elders in die staat, is besig om stadig maar seker terug te keer. Die weermag sê Boko Haram is uit die Adamawa-staat verdryf en moedig vlugtelinge aan om terug te keer en hul lewens te hervat.

Byna driekwart van die bevolking is nou terug in die staat se kommersiële hoofstad, Mubi, wat verlede jaar in Oktober deur Boko Haram ingeneem is. Die regering het dit in Desember sonder veel weerstand herower.

Min mense van Michika en Madagali, verder noord, het dit egter nog gewaag om terug te keer. Sommige het uit noodsaaklikheid die reis onderneem om met die oog op oeste hul landerye te bewerk en te saai.

‘n Groep oud-huursoldate het gehelp om ‘n einde aan Boko Haram se skrikbewind in die noorde van Nigerië wat ses jaar geduur het, te maak.

Kolonel Eeben Barlow, ‘n voormalige bevelvoerder in die SA Weermag, het glo kundiges gewerf om Nigerië se weermag by te staan.

Die vorige president van Nigerië, Goodluck Jonathan, wat die onlangse verkiesings verloor het, het die teenwoordigheid van die groep stilgehou.

Maar verlede week, het Barlow, 62, sy rol by ‘n seminaar in Denemarke belig, en in ‘n onderhoud met Sofrep.com, sy strategie uiteengesit.

Moslem wen Nigeriese verkiesing

Nigerië se Goodluck Jonathan is deur ‘n Moslem verslaan in Nigerië se mees onlangse verkiesing.

Muhammadu Buhari is as die wenner van die land se presidensiële verkiesing aangewys. Buhari, ’n 72-jarige voormalige militêre leier, is die leier van die Progressiewe Kongres.

Jonathan het Buhari Dinsdagmiddag haastig gebel en gelukgewens met sy oorwinning, in wat ontleders as ‘n noodsaaklike stap geloof het om geweld in Afrika se mees digbevolkte land te bekamp.

Buhari het 15,3 miljoen stemme op hom verenig teenoor Jonathan se 13,3 miljoen en sal nou moet ingryp om ’n ses jaar lange oorlog teen die Islamistiese terreurgroep Boko Haram te beëindig.

Boko Haram het al meer as 13 000 mense vermoor.

Buhari, ‘n vorige staatshoof, het ‘n demokraties verkose regering op 31 Desember 1983 tydens ‘n staatsgreep omvergewerp, maar is net 20 maande later deur die weermag uit die kussings gelig.

Hy het toe ’n reputasie verwerf as iemand wat sterk teen korrupsie en misdaad optree.

Minister dreig om huursoldate te laat arresteer

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het gewaarsku dat voormalige SAW-soldate wat as huursoldate in Nigerië optree, in hegtenis geneem moet word wanneer hulle terugkeer huis toe.

“Die polisie het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat, as hulle terugkom, die mense in hegtenis geneem word en die [Nasionale Vervolgingsgesag] het ‘n verantwoordelikheid om hulle te beheer. Daar is gevolge om die land te verlaat en enige vorm van militêre hulp as ‘n huursoldaat te verleen wat nie deel van die ontplooiing deur die regering is nie,” het Mapisa-Ngqakula gesê.

Abuja het egter gesê dat die ooreenkoms wat hul betrokkenheid uiteensit is met president Jacob Zuma sowel as op die hoogste vlakke van die Suid-Afrikaanse regering uitgeklaar, selfs al is die minister van verdediging nie bewus daarvan nie.

Volgens die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) is verskeie oud-Suid-Afrikaanse Lugmag-vlieëniers ook deel van die oorlog teen die Islamitiese insurgente Boko Haram in Nigerië.

Met presidensiële verkiesings hierdie maand, is Nigerië daarop gefokus om van Boko Haram ontslae te raak in al die groot stede voor stemdag op 28 Maart.

Die Suid-Afrikaners, ‘n span van 100 mense, lei glo spesialiseenhede in die Nigeriese weermag op.

Die oud-soldate speel glo ‘n belangrike rol in die stryd teen die ekstremiste nadat hulle gehuur is deur die Wes-Afrika-land saam met ander militêre kenners van Brittanje, die Verenigde State van Amerika en Frankryk.

“Die voormalige SAW-lede speel beslis ‘n groot rol in hierdie offensief. Hulle is in die land vir ‘n hele tyd reeds betrokke in die opleiding van ‘n paar gespesialiseerde NDF [Nigeriese Weermag] eenhede,” het ‘n voormalige militêre intelligensiebron gesê.

Skare slaan selfmoordbomaanvaller dood

‘n Selfmoordbomaanvaller in Nigerië wat ‘n tweede ontploffing wou veroorsaak, is deur ‘n skare doodgeslaan.

Minstens 17 mense is dood toe ‘n selfmoordbomaanvaller by ‘n bushalte in die noordooste van Nigerië se Borno-staat toegeslaan het.

Volgens militêre bronne het ‘n tweede selfmoordaanvaller probeer om sy toestel by dieselfde bushalte te laat ontplof.

‘n Skare mense het hom egter gekeer en doodgeslaan.

Die Boko Haram-groep is bekend daarvoor dat hy selfmoordbomaanvallers gebruik.

Die Nigeriese weermag, saam met sy buurlande Kameroen, Niger en Tsjad het die afgelope drie weke verskeie oorwinnings in skermutselings met Boko Haram behaal.

SA se ‘huursoldate’ teen Boko Haram in die sop

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het gesê Suid-Afrikaners wat die Nigeriese weermag gaan help om die terreurgroep Boko Haram uit te roei, behoort in hegtenis geneem te word met hul terugkeer, het Beeld berig.

Mapisa-Nqakula het op die vooraand van die Afrika-Unie (AU) se spitsberaad in Ethiopië aan verslaggewers gesê die groep kwalifiseer as “huursoldate”.

Beeld het vroeër berig dat oudsoldate van die Suid-Afrikaanse weermag deel is van ʼn multinasionale span militêre kundiges wat op pad is na Nigerië.

“Daar is gevolge wanneer iemand die land verlaat en enige vorm van militêre bystand lewer wat nie deel van die regering se ontplooiing is nie,” het Mapisa-Nqakula gesê.

Sy het ‘n beroep gedoen op die polisie en die vervolgingsgesag om ‘n voorbeeld van die groep te maak deur hulle ingevolge die Wet op Buitelandse Militêre Hulp aan te kla.

Die leier van die groep kundiges het gesê hulle is nie huursoldate nie, maar dat hulle het kontraktuele verpligtinge om opleiding vir die Nigeriese regering te behartig.

Mapisa-Nqakula het gesê geen lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is na Nigerië ontplooi nie en Suid-Afrika het nie ‘n amptelike versoek vir bystand of wapens gekry nie.

Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Dinsdag haar teleurstelling uitgespreek oor die Suid-Afrikaners se betrokkenheid.

Bendelede by Tzaneen aangekeer

Sewe gemeenskapslede wat in hegtenis geneem is in verband met die dood van ‘n vermeende bendelid in die Dan-gemeenskap in Limpopo, verskyn vandag in die Ritavi-landdroshof buite Tzaneen.

Die 18-jarige wat dood is, was na bewering ‘n lid van ‘n groep wat hulleself Boko Haram noem en mense van Nkowankowa en Dan geteister het, het RSG berig.

Twee mense is reeds in skermutselings tussen inwoners en die bende dood. Die sewe mense staan tereg op aanklagte van moord, aanranding, ontvoering en brandstigting nadat twee huise ook in Dan afgebrand is.

Die gemeenskap beskuldig die polisie daarvan dat hulle met die vermeende misdadigers saamwerk.

Dodetal in Nigeriese kerkramp vermoedelik hoër

President Jacob Zuma het vroeër die sterftes bevestig van die 67 Suid-Afrikaners wat dood is in die ineenstorting van ‘n kerkgebou in Lagos, Nigerië, en sy meegevoel betuig met die gesinne.

Minstens vier Suid-Afrikaanse toergroepe het pastoor TB Joshua se Kerk besoek. Die President het steun beloof aan diegene wat geraak word en sê hulp sal verleen word met die uitkenning en herwinning van liggame.

Daar word egter vermoed dat die dodetal veel hoër is as die amptelike syfer omdat geen joernaliste naby die ramptoneel toegelaat word nie.

Die kerk gebruik glo sy eie reddingswerkers en die gebied is vir die publiek afgesper.

TB Joshua se bewerings van ‘n vreemde vliegtuig wat kort voor die ineenstorting van die gebou vier keer laag oor die gebou gevlieg is glo volgens veiligheidskenners ‘n foefie om die blaam vir die tragedie op Islamitiese Boko Haram te plaas.

Die land gaan reeds dekades lank gebuk onder godsdiensgeweld wat vir politieke doelwitte aangewend word.

Die “Profeet” beskik oor aansienlike politieke invloed in Afrika met presidente en premiers wat sy raad en aanbevelings as navolgingswaardig beskou.

Geboue wat ineenstort is ‘n alledaagse verskynsel in Nigerië. Die oorspronklike gastehuis, wat uit vier verdiepings bestaan het, het onlangs nog twee verdiepings bygekry, maar vermoedelik was die onderste struktuur nie sterk genoeg daarvoor nie.

Bouregulasies wat sogenaamd “nagekom word” in Nigerië se korrupsienes behels ‘n sertifikaat waarop staan “Hierdie gebou is veilig”. Dit word glo in die meeste gevalle bloot gekoop.

Die “heldersiende profeet” kan blykbaar ongelukkig nog nie betonsterkte verbeter nie. Joshua het onlangs beweer dat hy selfs slagoffers wat met die Ebola-virus besmet is, met soutwater kan genees.

“Moeilike tye kan my toets, kan hulle my nie vernietig nie,” het Joshua Dinsdag getwiet en op Facebook het hy 2 Kronieke 12:5-8 aangehaal: “God het die vyand toegelaat om Israel te oorwin sodat hulle kon besef hoe om God te dien verskil van hoe om die duiwel te dien. As dit nie vir ons moeilike tye was nie, sou ons nie die aangesig van God gesoek het nie. Ek bedoel, as dit nie vir ons moeilike tye was nie, sou die mens uit sy bose natuur nie die aangesig van God gesoek het nie. Dit beteken God gebruik soms moeilike tye om ons na Homself te trek sodat ons ons regte posisie en besitting in Hom kan inneem.”

Reddingswerkers kla dat “Die Sinagoge”, soos die kerk bekendstaan, hulle werk bemoeilik deur geen samewerking te gee nie.

Ten minste vyf Suid-Afrikaanse kerk toergroepe was by Die Sinagoge ten tye van die ineenstorting, volgens Suid-Afrikaanse amptenare.

Spanning in Kaapstad laai op oor Gasa

Pro-Palestynse betogers in Kaapstad het die SAPD daarvan beskuldig dat hulle partydig optree en kant kies vir Israel. Twee stelle pro-Palestynse betogers is in hegtenis geneem Sondag om te verhoed dat hulle naby ‘n pro-Israel saamtrek kom.

Kaapstad se Joodse gemeenskap het ‘n saamtrek gehou by die Joodse Museum Sondag ter ondersteuning van Israel.

Sekuriteit by die byeenkoms was besonder streng.

Shaheed Mohammed, van die Aksie Forum ter ondersteuning van Palestina, het bevestig dat die groep in hegtenis geneem is toe hulle dit naby die gebied gewaag het.

Vyf mense is in hegtenis geneem omdat hulle glo saamgesweer het om ’n misdaad te pleeg, het die Wes-Kaapse polisie Maandag bekend gemaak.

Kol. Tembinkosi Kinana het in verklaring gesê dat sowat 200 mense die naweek by Seepunt vergader het en toe na die Pavilion-winkelsentrum geloop het met plakkate en luidsprekers.

Die groep, wat betoog het ten gunste van die Palestyne in Gasa, is meegedeel dat hul optog onwettig is.

Hulle het aanbeweeg en op pad na Buitekant-straat is hul weer deur die polisie gewaarsku. Hulle is daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

Hulle sal na verwagting Maandag in die landdroshof verskyn.

Ben Levitas, voorsitter van die Sioniste Federasie van die Kaap, het gesê as die Suid-Afrikaanse regering bande met Israel verbreek, “sal dit ‘n ramp wees”.

Pastoor Barry Isaacs, die bruin stigter van Transformation Africa, het gesê Christene ondersteun almal vir Israel.

Hy het nogtans Suid-Afrikaanse Christene gekritiseer dat hul leiers nie oproepe doen vir die beskerming van Christene in Nigerië nie.

“Ons leiers het nie gepraat toe Boko Haram 200 Nigeriese Christenmeisies ontvoer het nie, om op te staan ​​vir hulself nie, maar as Israel opstaan, dan praat hulle. Die stilte is heeltemal gebreek. God se doel is om die wêreld te seën deur Israel,” het Barry gesê.

Intussen het pro-Palestina ondersteuners in Seepunt ‘n motoris wat moedswillig ‘n Israeliese vlag vir hulle gewaai het, se vlag uit protes gegeryp.

Polisie het ingegryp om die vlag aan die motoris terug te besorg.

Een van die leiers van die protes het gesê “Dit is ‘n duidelike taktiek van die SAPD om ons te ondermyn. As jy in hegtenis geneem wil word, moet jy hier bly. Hulle steun die Sioniste.”

Zuma na VSA om Boko Haram te bespreek

Pres. Jacob Zuma en ander Afrika-leiers sal volgende week met pres. Barack Obama van Amerika vergader te midde van aanduidings dat Amerikaanse invloed op die vasteland onder druk verkeer.

Die VSA se ondersteuning – die enigste waarop Israel kan staatmaak – vir die aanval op Gasa het Amerika heelwat kritiek op die hals gehaal.

Zuma sal ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging lei na die eerste Amerika-Afrika-leiersberaad (USALS) wat aan die begin van Augustus in Washington plaasvind.

Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Maandag in Pretoria gesê “handelsooreenkomste” tussen Suid-Afrika en Amerika sal bespreek word, asook “politiek”.

Dié byeenkoms kom nadat Obama verlede jaar met sy besoek aan Suid-Afrika en Afrika verskeie staatshoofde daarheen genooi het.

Davies het gesê die “politiek van vrede, sekuriteit en demokrasie” sal bespreek word.

“En daar is ‘n aantal bekommernisse wat ons deel. Veral die kwessie van ekstremistiese groepe regoor Afrika, soos Boko Haram in Nigerië.

“‘n Aantal van ons het daarom besluit om die Wêreld Ekonomiese Forum in Abudja [Nigerië] by te woon, as ‘n teken dat ons sake- en ekonomiese kwessies as fundamenteel beskou.

“Ons wou wys dat ons nie afgesit of geïntimideer sal word deur ekstremistiese groepe nie.”

Boko Haram het na bewering skoolmeisies ontvoer wat deur die Amerikaanse mediamonopolie as ‘n dringende kwessie aangegryp is. Dit het later geblyk dat die video vervals is.

Of die ontvoering wel plaasgevind het, is deur sommige mediabronne bevraagteken.

“Ten spyte van al die dringende nuus en voorspraak [vir die meisies wat verdwyn het], egter, is dit die basiese feite wat steeds vermis word. Dit is onduidelik hoeveel meisies ontvoer is, wie hulle is, wie dit gedoen het, op watter tydstip, en presies hoe,” het die Christian Science Monitor vroeër berig.

Intussen is ‘n motorbomaanvaller wat ‘n populêre politieke leier wou vermoor verlede week noord van Abuja aangekeer. Die man wat soos ‘n vrou vermom was, het uit die plofstofbelaaide motor gerol net voordat dit ontplof het en talle lewens geëis het. Die politieke leier was ongedeerd na die aanslag.

Inwoners van die gebied is ontstoke en ontleders meen sy dood sou tot groter geweld kon gelei het, aangesien inwoners president Goodluck Jonathan aanspreeklik sou gehou het.

Die bomaanvaller is deur die owerhede in hegtenis geneem wat gesê het die man was baie professioneel vermom, met ‘n gesig wat ook vir die van ‘n vrou aangesien kan word en allerlei bykomstighede wat besonder goed uitgekies is om te mislei.

Nigerië weet glo waar ontvoerde meisies is

Genl. Badeh
Genl. Badeh

Nigerië se top-militêre bevelvoerder, Alex Badeh, beweer dat hy weet waar die meer as 200 vermiste skoolmeisies, wat in April deur die terroristegroep Boko Haram ontvoer is, aangehou word.

Boko Haram word uit Londen befonds.

Die weermag sê geweld is nie ‘n opsie om die meisies te bevry nie, aangesien die kanse bestaan dat hulle in kruisvuur kan beland.

Badeh het aan betogers in die hoofstad, Abuja, gesê hy kan nie die plek onthul waar die meisies aangehou word nie, maar het belowe om hulle te bevry.

Nigerië se president, Goodluck Jonathan, is wyd gekritiseer omdat hy nie dadelik gereageer het op die massa-ontvoering nie en eindelik gedwing is om Amerikaanse hulp te aanvaar.

Ontploffings ruk Nigerië

bokoharam_10Twee ontploffings in die hoofsakesentrum van die Nigeriese stad Jos het die lewens van minstens 118 mense geëis.

Jos lê op die foutlyn tussen die strydende Christelike suide en meestal Moslem noorde. Dis die helfte van Nigerië se bevolking van 170 miljoen Christene.

Nog talle is beseer in die aanval wat volgens die polisie deur die terreurgroep Boko Haram gedoen is. Daar is glo minstens 45 beseerdes.

Die militante groep wat uit Londen befonds word, is tans in die nuus met die ontvoering van meer as 200 skoolmeisies ‘n maand gelede uit ‘n dorp in die noordooste van die land.

Die groep het in April meer as 200 skoolmeisies in Chibok in die noordooste van die land ontvoer en die VSA en sy bondgenote wil die ontvoering as ‘n rede gebruik om Amerikaanse troepe in land te ontplooi.

Die groep se naam beteken: “Westerse onderwys is sondig”, en word deur gematigde Moslems verwerp omdat hulle hulself vir ‘n fundamentalistiese Islamitiese staat beywer.

Boko Haram het plofstofaanvalle verskerp, nadat twee ontploffings ook die hoofstad Abuja geruk het.

President Goodluck Jonathan van Nigerië het die bomontploffings skerp veroordeel.

Jonathan het sy medelye met die families van die slagoffers betuig en Nigeriese burgers verseker dat die regering ten volle daartoe verbind is om die stryd teen terreur te wen.

Mense is steeds onder die puin vasgekeer en die dodetal sal na verwagting nog verder styg.

Die ontploffings het by ‘n busterminaal en ‘n besige mark plaasgevind.

Die voormalige goewerneur van die Abia-staat, Dr Uzor Kalu, het ‘n beroep op die Federale Regering van Nigerië gedoen om saam te werk met die Mosad, die Israeliese geheimediens, en die CIA.

Die voormalige goewerneur het die oproep gedoen by die internasionale vleuel van die Murtala Muhammed Lughawe (MMA), in Lagos die naweek voor joernaliste, het die Nigeriese Daily Independent berig.

Hy het aangevoer dat daar geen manier is waarop Nigerië terrorisme alleen kan beveg nie, en bygevoeg dat dit is hoog tyd dat die Federale Regering met die Mosad, die CIA en ander lande wat ervaring het van die stryd teen terreur, saamwerk.

“Enigiemand wat dink dat Nigerië ‘n vyand van Amerika sal wees, is ‘n grap. Dit is die belangrikste land in die wêreld en hulle moet ons beste vriend op aarde wees as ons wil vorentoe beweeg,” het hy gesê.

Lees verder hier en hier.

 

 

Meeste Moslems verwerp terreurgroep

Krokodiltrane
Krokodiltrane

Nigerië se president Goodluck Jonathan het Boko Haram se aanbod om swart skoolmeisies vir gevangenes uit te ruil, verwerp.

Die skoolmeisies is vroeër deur die terreurgroep ontvoer.

Boko Haram is ‘n groep Takfiri-militante, vermom as Moslems, wat misdade in verskillende dele van die wêreld pleeg in ‘n poging om Islam swart te smeer.

Net soos al-Kaida, geniet dié ekstremiste min steun onder gewone Moslems.

Ontleders sê die Takfiri’s wat uit Londen befonds word, is ‘n groot openbare betrekkinge-veldtog om Islam in ‘n slegte lig te stel.

Hulle sê Takfiri-groepe huur naïewe, goedgelowige, dikwels jong, geesdriftige Moslems, maar Takfiri ekstremistiese groepe word nie werklik as deel van Islam beskou nie.

This notion that only people of absolute pure belief are right and everybody else should have their head cut off declared as Kafirs and so on, is a modernist heresy [of Islam]. And if we want to talk about where this comes from, it really came from this infiltration of the Islamic world by the West during the time of imperialism with the British making common cause with the Wahhabis of Saudi Arabia and using them against the Islamic empire at the time, the Ottoman Empire. In Islam, we say Prophet Mohamad (PBUH) said to seek knowledge all the way to China. All forms of knowledge and education are not forbidden, they are mandatory in Islam. The ink of a scholar is more precious than the blood of the martyr. This notion of running around, burning down schools, burning all the books, except for those your own particular narrow sect of Islam says you should read, is absurd and it’s completely un-Islamic. Nobody in the great periods of Islamic empires and Islamic learning would have had anything to do with that. If learned people of the greatest golden ages of Islam could look at these groups and see what they are doing, they would be shaking their heads that these are the people that are claiming to be the real Muslims today. This obscurantism, this fanaticism, this tendency towards violence, towards violence against civilians, towards legitimating violence against people who simply believe something that is different from what you do – none of this is part of Islam. This is all a modernist heresy and it’s been encouraged and funded by the enemies of Islam to create these public relations operations like the one in Nigeria today.

Brittanje se minister belas met Afrika, Mark Simmonds, het na samesprekings met Jonanthan in Abuja gesê die president het dit duidelik gemaak dat daar geen onderhandelinge met Boko Haram sal wees oor ‘n uitruil nie.

Die groep wat meer as 200 meisies aanhou, het ‘n video-opname vrygestel en aangebied om hulle vry te laat in ruil vir gevangenes wat deur die Nigeriese regering aangehou word.

Die ontvoerings word deur die VSA, Brittanje, Frankryk en Israel voorgehou as ‘n “internasionale krisis” en selfs Michelle Obama het op Moedersdag ‘n emosiebelaaide openbare boodskap oor die aangeleentheid opgeneem.

Daar is egter min entoesiasme om die meisies op te spoor, aangesien sulke ontvoerings algemeen in Afrika voorkom, ook in lande soos Suid-Soedan.