President Jacob Zuma het vroeër die sterftes bevestig van die 67 Suid-Afrikaners wat dood is in die ineenstorting van ‘n kerkgebou in Lagos, Nigerië, en sy meegevoel betuig met die gesinne.
Minstens vier Suid-Afrikaanse toergroepe het pastoor TB Joshua se Kerk besoek. Die President het steun beloof aan diegene wat geraak word en sê hulp sal verleen word met die uitkenning en herwinning van liggame.
Daar word egter vermoed dat die dodetal veel hoër is as die amptelike syfer omdat geen joernaliste naby die ramptoneel toegelaat word nie.
Die kerk gebruik glo sy eie reddingswerkers en die gebied is vir die publiek afgesper.
TB Joshua se bewerings van ‘n vreemde vliegtuig wat kort voor die ineenstorting van die gebou vier keer laag oor die gebou gevlieg is glo volgens veiligheidskenners ‘n foefie om die blaam vir die tragedie op Islamitiese Boko Haram te plaas.
Die land gaan reeds dekades lank gebuk onder godsdiensgeweld wat vir politieke doelwitte aangewend word.
Die “Profeet” beskik oor aansienlike politieke invloed in Afrika met presidente en premiers wat sy raad en aanbevelings as navolgingswaardig beskou.
Geboue wat ineenstort is ‘n alledaagse verskynsel in Nigerië. Die oorspronklike gastehuis, wat uit vier verdiepings bestaan het, het onlangs nog twee verdiepings bygekry, maar vermoedelik was die onderste struktuur nie sterk genoeg daarvoor nie.
Bouregulasies wat sogenaamd “nagekom word” in Nigerië se korrupsienes behels ‘n sertifikaat waarop staan “Hierdie gebou is veilig”. Dit word glo in die meeste gevalle bloot gekoop.
Die “heldersiende profeet” kan blykbaar ongelukkig nog nie betonsterkte verbeter nie. Joshua het onlangs beweer dat hy selfs slagoffers wat met die Ebola-virus besmet is, met soutwater kan genees.
“Moeilike tye kan my toets, kan hulle my nie vernietig nie,” het Joshua Dinsdag getwiet en op Facebook het hy 2 Kronieke 12:5-8 aangehaal: “God het die vyand toegelaat om Israel te oorwin sodat hulle kon besef hoe om God te dien verskil van hoe om die duiwel te dien. As dit nie vir ons moeilike tye was nie, sou ons nie die aangesig van God gesoek het nie. Ek bedoel, as dit nie vir ons moeilike tye was nie, sou die mens uit sy bose natuur nie die aangesig van God gesoek het nie. Dit beteken God gebruik soms moeilike tye om ons na Homself te trek sodat ons ons regte posisie en besitting in Hom kan inneem.”
Reddingswerkers kla dat “Die Sinagoge”, soos die kerk bekendstaan, hulle werk bemoeilik deur geen samewerking te gee nie.
Ten minste vyf Suid-Afrikaanse kerk toergroepe was by Die Sinagoge ten tye van die ineenstorting, volgens Suid-Afrikaanse amptenare.

En so het die Swart Baal afgodediens van Afrikaners in mekaar gebliksem saam met die Reenboog Tsafendastan…
Die einde van ‘n era van Reenboog Babel absurditeit het aangebreek saam met die Skotse Volksbeskikking.
Kan dit toevallig wees of die ingreep van Ons Redder en Verlosser?
Hierdie heldersiende profeet is maar lekker stupid, kon hy dan nie ‘sien’ wat aan’t kom is nie? Joshua, ek dink moeder natuur probeer jou uit die samelewing verwyder, staan nou vir ‘n oomblik stil asb., jy mors haar tyd!
Hy is n geloofsgeneser ( ai ) met beperkinge . So kon hy mense van hoofpyne bevry , maar geen geamputeerde been of arm weer laat aangroei nie .
Hy is selektief met sy wonderwerke!
Gelukkig hoef die naasbestaandes van sowat 500 swartes uit SA wat elke week die “profeet” se dienste bywoon, hulself nie te veel te bekommer nie. (Ja, wragtig, 500 SA naturelle per week woon die die “profeet” se dienste by, volgens die SA-gesant in Lagos! Die manne het GELD vir vliegkaartjies Lagos toe! Seker almal RA-aanstellings…)
Dis sekerlik net ‘n kwessie van tyd voor die “profeet” die dooies opwek.
Manfred
hoeveel Wittes van SA gaan vang gees en maak geloof daar by Josua? Weet jy miskien?
Die redakteur van Rapport her ‘n oulike insiggewende artikel geskryf omdat hy die Media 24 se kokkedoor daar in Nigerie was.
Toe ek die berig gelees het, het die Skrif by my opgekom: Luk 13:3 Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom.