Rebelle erken dat hulle vir Siriese gifgas-aanval verantwoordelik is

Dale Gavlak
Dale Gavlak

Siriese rebelle in die Damaskus-voorstad van Ghouta het aan Associated Press se joernalis Dale Gavlak erken dat hulle verantwoordelik was vir die afgelope week se gifgasaanvalle wat Westerse magte op Bashar al-Assad se magte geblameer het.

Die onthulling kom nadat ‘n ongeluk deur rebelle weens die verkeerde hantering van chemiese wapens aan hulle verskaf deur Saoedi-Arabië, tot die sterftes van meer as 300 burgerlikes – waaronder ook kinders – gelei het.

“Talle onderhoude met dokters, Ghouta-inwoners, rebelle en hul gesinne wys dat… baie glo dat sekere rebelle chemiese wapens via die Saoedi-intelligensiehoof, prins Bandar bin Sultan bekom het, en dit verantwoordelik was vir die (dodelike) gasaanval,” skryf Gavlak .

Rebelle het aan Gavlak gesê dat hulle nie behoorlik opgelei is oor hoe om die chemiese wapens te hanteer nie en selfs verduidelik het wat dit presies was. Dit wil voorkom asof die wapens aanvanklik veronderstel was om na die Al-Kaidagroep Jabhat al-Nusra te gaan.

“Ons was baie nuuskierig oor hierdie wapens. En ongelukkig, ‘n paar van die rebelle het die wapens sonder sorg hanteer en die ontploffings veroorsaak,” het ‘n rebel by name “J” aan Gavlak gesê.

Sy weergawe is bevestig deur ‘n ander vroulike rebel by name “K”, wat aan Gavlak gesê het, “Hulle het nie vir ons gesê wat hierdie wapens is of hoe om dit te gebruik nie. Ons het nie geweet dit is chemiese wapens nie. Ons het nooit gedink dit is chemiese wapens nie.”

Ander bronne het ook aan Gavlak erken dat hulle twee weke gelede gevra is wat die wapens is en dit beskryf as ‘n ” buisagtige struktuur “, terwyl ander soos ‘n “groot gas bottel” gelyk het. Die bron het die Saoedi’s as die chemiese wapenverskaffers uitgewys.

“Meer as ‘n dosyn rebelle waarme ek onderhoude gevoer het, het aangedui dat hul salarisse kom van die Saoedi-regering,” skryf Gavlak .

Dale Gavlak se geloofwaardigheid is indrukwekkend. Sy is ‘n korrespondent vir die Associated Press wat reeds vir twee dekades in die Midde-Ooste werk en het ook gewerk vir National Public Radio (NPR).

Die webwerf waarop die storie het oorspronklik verskyn het, Mint Press, (wat tans af is as ‘n gevolg van die groot verkeer na die artikel) is ‘n wettige media-organisasie in Minnesota.

Die Obama-administrasie is ingestel daarop om intelligensiebevindinge aan te bied in ‘n sekere lig in ‘n poging om te bewys dat Assad se magte agter verlede week se aanval sit, ten spyte van Amerikaanse veiligheidsamptenare se erkenning dat daar nie vaste bewyse is nie.

Intelligensie het reeds aan die lig gebring dat die Siriese ministerie van verdediging se “paniekbevange” oproepe oor chemiese wapens daarop dui dat dit nie deur Assad se magte beveel is nie.

Obama vergelyk homself met Jesus

Tot Jesus kom?
Tot Jesus kom?

As president Barack Obama die trappe van die Lincoln Memorial dié week bestyg vir sy geskeduleerde toespraak aan duisende mense vir die 50ste herdenking van die swart protesoptog in Washington, sal dit nie die eerste keer wees dat hy ​​in die skaduwee van Martin Luther King en Nelson Mandela staan nie. Trouens, in die skadu van die ANC wat glo gaan regeer tot Jesus kom.

Want, moenie ‘n fout maak nie, dit was die euforie oor die aanbreek van ‘n swart regering in Suid-Afrika wat aan Obama uiteindelik presidentskap van die magtigste land op aarde besorg het. In die federale deelstate van Amerika was daar tot in die laat sewentigerjare segregasie, dit terwyl drukgroepe uitsluitlik op Suid-Afrika gekonsentreer het.

Vier jaar gelede is Obama na Oslo, Noorweë om die Nobelprys vir Vrede te aanvaar, ‘n eer wat King 45 jaar vroeër te beurt geval het en Mandela 20 jaar gelede. Mandela soos King het ‘n veldtog van gewelddadige weerstand teen rasse-onreg gelei tot die wêreld se mees gesogte vredesprys aan hom oorhandig is.

Obama, wat die verkiesing as die land se eerste swart president 13 maande vroeër gewen het, het sy prys “vir sy buitengewone pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te versterk,” ontvang, dit terwyl die VSA in die middel van die twee oorloë was.

Obama het tydens ‘n onlangse onderhoud op die Tom Joyner Morning Show gesê King se toespraak was een van net vyf historiese toesprake in Amerika se hele geskiedenis: “En die woorde wat hy op daardie oomblik gebruik het, met so baie op die spel, en die wyse waarop hy die hoop en drome van ‘n hele geslag weergegee het, dink ek, is ongeëwenaard.”

Maar dit beteken nie dat Obama onthou sal word vir sy verbintenis met King of Mandela nie. Dit was duidelik vir die president eerder ‘n groter kwessie, naamlik of hy Jesus sal kan ewenaar.

Nadat hy ‘n paar formele opmerkings tydens ‘n Withuis-ontvangs vir ‘n breë deursnit van burgerregte-leiers, kunstenaars, politici en sosiale aktiviste gemaak het, het hy aan iemand gesê: “Man, kan jy glo hulle gaan my laat praat môre, 50 jaar na die dag van die grootste toespraak ooit! Dit is soos om in Jesus se voetspore te volg. “

Obama, altyd gereed om homself met die hoofstroommedia-gesalfdes te vergelyk, was oorbewus van King toe hy sy eie Nobelprys gaan haal het. King het in sy Nobelprys-rede gesê dat “geweld nooit permanente vrede waarborg nie.”

Obama se toespraak het egter heelwat daarvan afgewyk: “Ek kyk na die wêreld soos dit is, en kan nie ledig staan ​​in die aangesig van die bedreigings teen die Amerikaanse mense nie.” Hy het natuurlik na al-Kaida verwys.

Tans staan Obama gereed om saam met diegene wat hy in Oslo as terroriste getipeer het, teen Sirië op te tree. Kennelik ly die president aan een of ander Messias-kompleks, en dit sonder die steun wat die ANC kan monster.

Israel loods onbemande aanval in Egipte

Onbemande Israeliese tuig vlieg oor die Hatezerimlugmagbasis in die Negevwoestyn
Onbemande Israeliese tuig vlieg oor die Hatezerimlugmagbasis in die Negevwoestyn

Vyf militante is dood in ‘n Israelse lugaanval in die Sinai Skiereiland in Egipte.

Die aanval volg nadat Israel intelligensie-waarskuwings van hul Egiptiese ampsgenote ontvang het.

Israelse intelligensie het gewaarsku dat Islamitiese militante, wat bande het met al Kaida, hulle nou in baie dele van noord-Afrika en die Midde-Ooste bevind.

Vrydag is vyf Jihadi-ekstremiste dood in ‘n onbemande vliegtuigaanval in Rafah aan die Egiptiese kant van die grens met Gasa.

Dit was die eerste Israelse militêre aanval op Egipte sedert die 1979 vredesverdrag tussen die twee lande.

Die aanval is uitgevoer na Israel se sluiting van die Elat lughawe Donderdagaand ure ná waarskuwings van Egipte oor ‘n moontlike aanval.

Terreur-oproep uit Jemen laat VSA ambassades sluit

obama en hillary
Hillary en Obama

Besonderhede het aan die lig gekom oor die Al Kaida bedreiging wat gelei het tot die tydelike sluiting van sowat 20 Amerikaanse ambassades in die Midde-Ooste en in Afrika.

Volgens berigte het Amerika gesprekke onderskep tussen die Al Kaida-leier, Ayman al-Zawahri en die organisasie se hoof in Jemen.

Die Obama-administrasie beskryf dit as een van die ernstigste sameswerings teen die VSA.

Geen teikens is uitgesonder nie, maar dit was duidelik dat ‘n terreuraanval binnekort sou plaasvind.

Die onderskepte oproep van al-Zawahri, wat die leisels by Osama bin Laden oorgeneem het, het Amerika genoop om sy ambassases van Mauritanië aan die weskus van Afrika regdeur tot in die Midde-Ooste te sluit.

Kritici van die Obama-administrasie meen egter die bedreiging word oorspeel om fokus van die Bengazi-skandaal af te haal.

Dit het aan die lig gekom dat die VSA wapens aan Islamistiese terreurgroepe beskikbaar gestel het wat gelei het tot die aanval op die Amerikaanse ambassade en die dood van ‘n gesant en ander diplomatieke personeel.

Ambassades in Kaboel, Afghanistan en Baghdad, wat goeie veiligheidsmaatreëls het, is gister heropen.

Vrese oor nuwe terreuropleiding

Erigavo – ‘n Bekende wapenhandelaar is besig om opleiding aan Islamitiese vegters in die berge van noordelike Somalië te verskaf.

Plaaslike amptenare vrees dat hierdie tot ‘n nuwe Tora Bora kan lei – die naam van ‘n voormalige Afgaanse skuilplek vir Al-Kaïda.

Volgens ‘n senior veiligheidsamptenaar het Mohamed Said Atom, wat die wapen-verbod in Somalië oortree, sy basis in die Sanaag-berge opgerig.

Die Sjebab-rebellegroep wat aan Al-Kaïda verbind is, is hoofsaaklik in suidelike en sentrale Somalië aktief en spits hulle daarop toe om die regering in Mogadisjoe, wat deur die Weste ondersteun word, tot ‘n val te bring.

“Atam het bande met Al-Kaïda en verteenwoordig die Shebab in die omgewing,” het kol. Mohamed Jama, ‘n senior veiligheidsamptenaar van die Puntland-staat, gesê.

“Ons is besig om inligting te ontvang dat hy honderde Islamitiese rebelle in die dorpe rondom Sanaag Bari gemobiliseer het,” het Jama verklaar.

Volgens Jama het hul veiligheidsmagte voorberei om ‘n aanval teen dié terroriste te loods.

липецк очистныеалександр лобановский супермаркет класс

Russe loods soektog vir ‘swart weduwees’ se helpers

Die twee bomaanvalle wat Maandag op Moskou se moltrein plaasgevind het, is deur vroulike selfmoordbomaanvallers uitgevoer, het Rusland se FSB-geheimediens Maandagoggend gesê.

Duisende swaargewapende polisiebeamptes is intussen by moltreinstasies, gewone treinstasies en Moskou se lughawens ontplooi.

Die Russiese polisie het ‘n landwye soektog na die helpers van die twee “swart weduwees” wat hulself opgeblaas het, van stapel gestuur. Die twee selfmoordbommers is op kringtelevisiebande van die moltreinstelsel geëien.

Die aanvalle, vermoedelik deur Tsjetsjniese separatiste, het tydens die besigste tyd van dié stad se oggendspitstyd plaasgevind en 39 mense se lewens geëis.

Pres. Dmitri Medwedef het nuwe wetgewing in die vooruitsig gestel wat die staat meer magte sal gee om op te tree teen sulke aanvalle. Hy het die aanvallers as “diere of monsters” beskryf.

Premier Poetin het sy landgenote belowe dat diegene wat verantwoordelik is vir die aanvalle, vernietig sal word.

Sergei Lavrov, Rusland se minister van buitelandse sake, sê buitelandse betrokkenheid, veral van die Al-Kaida, kan nie uitgesluit word nie.

игрушка для детей 1 годДанильченко Юрий Брониславович компромат

Olieroete deur terroriste bedreig

’n Ongeïdentifiseerde terroristegroep beplan om olietenkskepe in die Straat van Malakka, een van die wêreld se besigste seestrate, aan te val, het die vloot van Singapoer en hul skeepvaartvereniging Donderdag gewaarsku.

Die Singapoer Skeepvaartvereniging het gesê hulle het ‘n waarskuwing van die vloot ontvang wat “dui op ‘n terroriste-aanval op olietenkskepe in die Straat van Malakka”, het ‘n adviseur gesê.

Die vloot het skeepsoperateurs gewaarsku dat militante moontlik kleiner vaartuie soos motorbote sal gebruik om olietenkers aan te val en is aangeraai om voorsorg te tref.

Veiligheidskenners het gesê die Straat van Malakka, wat grens aan Singapoer, Maleisië en Indonesië word deur terroriste geteiken, omdat meer as die helfte van die wêreld se olievragte daardeur beweeg.

“Die feit dat Singapoer se vloot die waarskuwing uitgereik het, behoort dit ernstig opgeneem te word,” het John Harrison, ‘n kuswagkenner gesê.

Die vloot het geen groep bekend gemaak nie, maar Harrison het gesê die Islamiyah-militantegroep in Suidoos-Asië of selfs Al-Kaida moet in gedagte gehou word.

верхняя одежда для мальчиковпрокурор Фильчаков

Onderbroekbomfoto’s vrygestel

Die Amerikaanse regering het fotomateriaal van ‘n pakkie poeier wat voor in die onderbroek van die mislukte Detroit-bomaanvaller gevind is, aan die media vrygestel.

Al Kaida het ondertussen verantwoordelikheid vir die probeerslag aanvaar.

Die foto van die onderbroekbom wat na bewering deur Faroek Abdoelmoetallab gedra is op vlug 253 van Northwest Airlines, bevat geen datum nie

Die plofstof is, soos die foto aandui, in die voorkant van die onderbroek van die 23-jarige Nigeriese aanvaller ingewerk.

Al Kaida het Maandag gespog oor hulle vermoë om die VSA se veiligheidsmaatreëls te omseil met die onderbroekbompoging en nuwe aanvalle belowe.

Kurt Haskell van Newport, Michigan, wat op dieselfde vlug was, het blykbaar gesien dat die verdagte sonder ‘n paspoort die vlug gehaal het nadat ‘n goedgeklede man by die personeel aangedring het.

Hy en sy vrou Lori Haskell is albei regsgeleerdes by die Haskell regsfirma in Taylor.

Hulle sê Moetallab was armmoedig geklee, terwyl sy weldoener welgeklee was. Die weldoener het aan die lughawepersoneel gesê Moetallab is ‘n vlugteling van Soedan.

Die kaartjieagent wou aanvanklik nie bes gee nie en het Moetallab en sy vriend na die bestuurder verwys. Hulle is daarna wel toegelaat om die vlug te haal.

Die onderbroekbomaanvaller is gedurende die vlug deur medepassasiers maklik oorrompel en is deur veiligheidspersoneel weggelei nadat die vliegtuig ‘n noodlanding gemaak het.

Al die passasiers is na die noodlanding deur die FBI ondervra en die ondersoekers het bevestig dat alleen Moetallab in hegtenis geneem is.

Haskell het egter gesien dat die welgeklede man ook weggelei word deur die FBI.

 

 

online slots forтопкарго отзыв

Al-Kaida-hoof gedood

Veiligheidsmagte van Irak het Dinsdag ‘n hoof van Al-Kaida doodgeskiet nadat hulle hom op ‘n plaas in die Salaheddin provinsie gevind het, het die polisie gesê.

Hazim Ismail, wat ook bekendstaan as Abu Janna, 35, is al sedert 2005 soek vir ontvoerings en moorde. ‘n Leidraad het die polisie na die plaas tussen Samarra en Bagdad gelei.

Polisie en Sahwavegters het in ‘n skietery op die plaas betrokke geraak wat tot Ismail se dood gelei het, het die polisie gesê.

Twaalf mans, waarvan twee gewapen was, is na die gevegte in hegtenis geneem en wapens, sowel as gordels met plofstof wat deur selfmoordbomaanvallers gebruik word is op die toneel gevind.

 

air flow москвапрокурор Фильчаков

Vanuit Afghanistan se tronke word terreur beplan

Militantes van die Taliban en al-Kaida gebruik beknopte tronke in Afghanistan as ‘n veilige vesting om aanvalle te beplan en om werwing te doen, waarsku die hoogste Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan in ‘n verslag aan President Barack Obama.

“Daar is meer insypelaars per vierkante voet in korrektiewe instellings as op enige ander plek in Afghanistan,” beweer die vertroulike verslag wat deur die Washington Post in die hande gekry en gister gepubliseer is.

In sy strakke feiteoorsig, wat ‘n pleidooi vir meer Amerikaanse troepe insluit, stel Generaal Stanley McChrystal ‘n oordoen van hoe die Amerikaanse militêre magte en die Kaboel-regering insurgente hanteer.

Hy het ‘n beroep gedoen dat ekstremiste van meer gematigde gevangenes geskei word en vir die oprigting van ‘n Amerikaanse taakmag wat “na die langtermyndoel om die VSA uit die aanhoudingsbesigheid te kry, sal werk,” terwyl hulle Kaboel sal help om die land se tronke op te knap.

“Die VSA het na Afghanistan gekom onder eed om hierdie selfde vyande veilige vestings te ontsê in 2001,” het die generaal geskryf.

“Hulle het gegaan van onbereikbare bergskuilings tot werwing en indoktrinering terwyl hulle in die oopte wegkruip, in die Afghaanse Korrektiewe stelsel.”

Die verslag waarsku dat “insypelaars die Afghaanse Korrektiewe Dienste as ‘n veilige vesting en ‘n basis vanwaar dodelike operasies (teen die sentrale regering en koalisiemagte) gebruik word.”

Hy beraam dat el-Kaida-insypelaars meer as 2 500 van die land se 14 500 gevangenes uitmaak.

трансформерыФильчаков прокурор харькова

Frankryk waaksaam na Moslemdreigement

Franse amptenare was Woensdag waaksaam nadat Moslems gedreig het om wraak te neem oor president Nicolas Sarkozy se kritiek teen die boerka.

In Frankryk heers "baie groot waaksaamheid" teen aksies en verklarings uit Noord-Afrika, het die Franse minister van buitelandse sake se woordvoerder Eric Chevallier tydens 'n inligtingsessie vir die media gesê.

"Franse owerhede het hulle beslistheid om terreur te beveg herbevestig," het hy bygevoeg.

In Algerië het Moslemfundementaliste op die intenet bekend gemaak dat hulle gaan wraak neem. Die verklaring kon nie onafhanklik geverifieer word nie.

Sarkozy het onlangs gesê die boerka is nie welkom in Frankryk nie en sal vroue in gevangenes verander. Die Franse parlement het 'n kommissie aangestel om die kwessie te ondersoek wat daartoe kan lei dat die Moslemkledingstuk in die openbaar in Frankryk verbied word.

Human Rights Watch sê so 'n besluit sal kontraproduktief wees en 'n gesiene Britse Moslemorganisasie het Sarkozy se opmerkings as patroniserend en kwetsend beskryf.

Libanon se mees invloedryke Sjiïetise godsdiensleier het die Franse president gevra om sy gewraakte stelling te heroorweeg.

Die Al Kaida-verklaring uit Algerië het 'n beroep op volgelinge gedoen om op te tree "vir die eer van ons dogters en vroue" en het alle Moslems gevra "om te reageer op hierdie haat".

play onlineлобановский харьков